Baba & Kleuter

HELP JOU KIND

-

Die goeie nuus is dat ’n mens aan propriosep­tiewe probleme kan werk. Hierdie kinders het ekstra propriosep­tiewe insette nodig om hul lyfie rustig, georganise­erd en gereguleer te hou. Die arbeidster­apeut Annemarie Lombard stel die volgende aktiwiteit­e voor.

DRA SWAAR VRAGTE Laat jou kind help om die inkopies in te dra, die wasgoedman­djie rond te karwei, boeke te dra en die gieter te dra om plantjies water te gee. Gee hom ’n rugsakkie met swaar goed wat hy kan ronddra.

STOOT EN TREK ’n Waentjie vol sand wat hy van een plek na ’n ander moet trek, werk uitstekend. Laat hom kruiwa stoot, ’n stootwaent­jie stoot, help stofsuig en swaar bokse rondstoot.

HANG SOOS ’N APIE Jou kind wil aan sy arms hang; hang dus gerus ringe in sy kamer of aan ’n boom in die tuin, of kry ’n klimraam waar hy na hartelus kan swaai, hang en klouter. Dit stuur belangrike boodskappe na die brein.

KUSSINGDUI­K Gooi ’n klomp kussings, boontjiesa­kke en duvets in ’n hoek en laat jou apie daarop spring, rol, strek en duik.

KLUISENAAR­SKRAP Sit ’n groot pak rys op sy rug en laat hom rondloop met sy “huis” op sy rug.

SPEEL HY IS ’N PAPIE Rol hom toe in ’n kombers of mat sodat net sy koppie uitsteek. GEE HOM BAIE STYWE DRUKKIES EN HOU HOM STYF VAS Gaan sit op die vloer agter hom, vou jou bene om hom, sit jou arms om sy knieë en trek hom styf teen jou vas. ROFSTOEI Laat hom met pappa (of jou) rofstoei. LAAT HOM KOU, BLAAS EN SUIG Kougom kou kan help. Laat hom borrels blaas deur ’n strooi en alles deur ’n strooitjie drink.

STRESBALLE­TJIE Gee ’n stresballe­tjie wat hy kan druk en manipuleer as sy hande nie met iets anders besig is nie, of laat hom met klei speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa