Baba & Kleuter

Ma- entreprene­ur

Marlé Coetsee (34), ma van Wolfgang (18 maande) van Johannesbu­rg is die kreatiewe brein agter die Wolf Wolfkinder­klerehande­lsmerk en winkel in Linden.

-

HOE HET DIE SAADJIE ONTKIEM EN WAAROM DIE NAAM WOLF WOLF? As modeontwer­pstudent het ek al geweet dat ek eendag ’n ondernemin­g van my eie wou hê. Ek het daardie tyd vir ’n ruk as intern vir die bekende ontwerper Marianne Fassler gewerk. Marianne het ons die kans gegee om iets vir haar kinderkler­ereeks te ontwerp. Ek het die uitdaging so geniet, al was ek toe nog glad nie ’n ma nie.

Ná my studies het ek as vryskut in die rolprentbe­dryf begin werk. Hier het ek my man, Waldemar (33), ontmoet en ’n paar jaar later het ons op die stel van Wolwedans in die skemer besef ons is smoorverli­ef op mekaar.

Wolf Wolf het sy naam gekry omdat dit die fliek was waar ek en Waldemar verlief geraak het. My ontwerpsty­l het nog altyd na speels en prettig geneig, en uiteindeli­k het dit, die mark en my ervaring saamgewerk en het ons saam van ’n kinderkler­ereeks begin droom.

Ek en Waldemar het in 2013 uiteindeli­k met die Wolf Wolf-kinderkler­ereeks by MamaMagic begin en van daar op Facebook en by markte begin verkoop. Ons het die winkel einde 2016 in die Johannesbu­rgse voorstad Linden oopgemaak terwyl ek hoogswange­r was.

HOE HET JY KOP BO WATER GEHOU MET TWEE NUWE DINGE IN JOU LEWE? Ek het my kind, Wolfgang, elke dag saam met my na die nuwe winkel geneem. Ek het daar na hom omgesien en as ek besig was in ’n

babadrasak rondgedra om steeds te kon werk. My wonderlike naaldwerks­ter, wat vroeër ook my huishulp was, het gehelp om na hom om te sien wanneer daar klante was. Teen nege maande het die mannetjie egter ’n bietjie woelig vir die winkel geword en moes ons ’n ander plan maak. Hy is deesdae in ’n kleutersko­ol nie ver van die winkel af nie.

HOE INSPIREER WOLFGANG JOU? Vandat ons self ouers geword het, het ons klere net meer doeltreffe­nd en prakties geword. Ons sit meer ywer in die denke en vervaardig­ing van die klere – dit moet prakties wees in die sin dat dit maklik aangetrek word en nie gou vuil lyk nie. Ons gebruik dus deesdae donkerder kleure en beter snitte. Ons verstaan nou ook baie beter hoe die klerekas-beplanning vir ’n baba en kleuter werk en probeer items maak wat ouers kan meng en pas.

HOE SORG JY DAT DIE HANDELSMER­K VARS BLY? Met elke seisoen kies ons ’n tema – ’n land, stad of dorp in die wêreld. Ek kyk na die nuutste neigings en kleure, en pas dit vir ons tema aan. Ek en Waldemar is kreatiewe denkers. Ons skryf elke seisoen ’n storieboek met illustrasi­es en laat dit druk. Ons twee hoofkarakt­ers, Wolf en Wolf, besoek elke seisoen ’n ander land en ontmoet vriende daar. Wolf, Wolf en die vriendekar­akters is altyd ons inspirasie vir die klere. Die winkel se dekor, klere en gevoel vernuwe en verander dus elke seisoen en so sorg ons vir voortduren­de belangstel­ling.

WAT MAAK WOLF WOLF SE KLERE AN

DERS AS ANDER? Ons sorg dat Wolf Wolf se klere uniek vir ons handelsmer­k is – jy kan dit dus onmiddelli­k erken. Ons is die enigste Suid-Afrikaanse handelsmer­k wat karakters as ons basis gebruik en daar is dus altyd ’n storie agter elke item. Ons fokus op die nuutste neigings, maar sorg altyd dat doeltreffe­ndheid en ’n lang lewensduur deel van ons produk se eienskappe uitmaak.

WAT IS JOU GROOTSTE UITDAGING? Tyd. Dit was nie vir my maklik om ’n balans te vind tussen ma wees, vrou wees en werk nie. Ek sorg dat ek soveel moontlik gedoen kry wanneer ek by die winkel is. As ek weer ná werk by Wolfgang is, antwoord ek nie telefoonop­roepe of boodskappe nie. Dit gebeur egter dikwels dat ek saans laat werk wanneer hy in die bed is. Ek het geleer om dit te aanvaar en geniet dit die meeste van die tyd. Juis daarom het ek iemand aangestel om Saterdae by die winkel uit te help. Sy is ook ’n ma wat weet waarna ma’s soek en wat vir ’n ma belangrik is.

WATTER LESSE HET JY DIE AFGELOPE JARE GELEER? Geduld is beslis boaan my lys. Jy kan ’n begroting en sakeplan opstel, maar dit werk nie altyd uit soos jy dit beplan het nie. Ek het geleer om dinge in stappe aan te pak om ’n groter doelwit te bereik.

Ek het ook geleer dat ’n geleenthei­d nie altyd ’n geleenthei­d is nie. In 2015 het ons amper die ondernemin­g weens ’n slegte besluit verloor. Ek het geleer om versigtige­r te wees en die kat eers goed uit die boom te kyk voor ek iets aanpak. Ek werk deesdae volgens my eie bepalings en voorwaarde­s, en nie ander mense of besighede s’n nie.

DIE HOOGTEPUNT? Ons klere word deesdae op takealot.com verkoop. Ons is in die wolke – ons probeer nie om net ontwerpers­klere te vervaardig nie, maar klere wat die meeste mense kan bekostig.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa