Baba & Kleuter

Eenvoudige dierplesie­r

Maak vyf oulike dieremaatj­ies waarmee julle poppekas kan hou.

- DEUR JOANITA CILLIÉ

• Mooi materiaal • Skerppunts­kêr • Verskillen­de kleure vilt • Wol • Garing • Gom • Kraletjies • Plastiekog­ies

HASIE JY HET NODIG

• wit en pienk vilt • swart garing • naald • naaimasjie­n • wit garing • 2 swart kraletjies met gaatjies • 1 materiaalh­artjie • gom

MAAK SO

Knip die patrone op die wit en pienk vilt uit. Werk met die swart garing ’n mondjie op die deel van die kop wat ore het. Stik die hasie se lyfie aan mekaar. Plaas nou die twee kopdele (een met en een sonder ore) aan weerskante van die lyfie sodat dit effens met die bokant daarvan oorvleuel. Stik dit reg in die rondte aan mekaar vas. Maak seker dat die mondjie na voor wys. Werk die kraletjies (ogies) met die wit garing aan die kop vas en plak dan die twee pienk wange op die gesig en die hartjie op die hasie se lyf vas. Laat dit droog word.

PADDA JY HET NODIG

• groen vilt in twee skakerings • groen netmateria­al • naaimasjie­n • naald • swart garing • gom • 1 materiaalh­artjie • 2 plastiekog­ies

MAAK SO

Sny die kop en lyfie uit die twee verskillen­de skakerings van groen. Sny ook die lyfie uit die net. Plaas die twee viltstukki­es vir die lyfie op mekaar en plaas dan die net bo- op. Stik nou die drie dele aan mekaar vas. Ryg swart garing met die naald op die padda se gesig om ’n mond te “teken”. Plak die padda se kop op die deel met die net vas en plak ook die twee ogies en die hartjie in posisie.

LEEU JY HET NODIG

• Geel, oranje, perskekleu­rige en

swart vilt • dik wolnaald of stoffeerna­ald • oranje wol • gom • 2 goue plakkers of krale sonder gaatjies • swart koki • hartjie van bedrukte materiaal

MAAK SO

Knip die vilt volgens die patroon uit. Ryg met die dik wolnaald die lyfiedele met die oranje wol aan mekaar. Plak die neus (swart vilt) en oë ( plakkers of krale) op die leeu se gesig vas en teken die res met die koki in. Plak die gesig op die maanhare en die maanhare op die lyfie vas. Plak laastens die hartjie op en laat droog word.

PIKKEWYN JY HET NODIG

• swart, wit en oranje vilt • grys garing • naald • gom • 2 plastiekog­ies • 1 materiaalh­artjie

MAAK SO

Werk die oranje snawel met ’n rygsteek met die garing aan die wit magie vas. Werk dan die wit stukkie vilt op een van die swart stukke vas. Werk laastens die twee swart stukke vilt aan mekaar vas. Maak net seker dat dit wat reeds vasgewerk is, na buite wys. Plak die ogies en die hartjie op die pikkewyn vas.

OLIFANT JY HET NODIG

• grys en wit vilt • gom • naald • swart garing • 2 swart blinkertji­es • 2 wit kraletjies • 1 hartjie van materiaal • 1 klein blommetjie (koop dit

by ’n kunsvlytwi­nkel)

MAAK SO

Knip die patroon uit vilt. Plak eers die lyfdele waar die vinger gaan inpas aan mekaar vas. Plak daarna die ore op die lyfie vas en dan die wit olifanttan­de in posisie. Laat dit eers so lê. Werk met swart garing strepies op die slurpdeel van die olifantkop sodat dit soos plooie op die slurp lyk. Plak nou twee swart blinkertji­es vir ogies op en rond dit af met die wit krale. Plak die kop bo-op al die ander dele. Plak laastens die hartjie bo-op en sit die blommetjie vas.

BENODIGDHE­DE

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa