Baba & Kleuter

Kry dit reg: Borsvoedin­g

Die sleutel tot suksesvoll­e borsvoedin­g is die korrekte inligting.

- DEUR LIBBIE JOUBERT

Al wat regtig nodig is, is dat jy besluit jy gaan borsvoed. Daarna kan jy agteroorsi­t en jou swangerska­p geniet, veilig in die wete dat jou liggaam baie wyser as jy is wanneer dit by die voeding van jou pasgeboren­e kom. Om die waarheid te sê, hoe minder jy nou doen, hoe beter. Vergeet daarvan om jou tepels te rol of te skrop, of in die son te gaan lê. As jy dit moeilik vind om oor die saak te ontspan, hou in gedagte dat jou liggaam hard aan die werk is om te verseker dat die melk op die regte tyd en in die regte hoeveelhed­e vir jou nuwe babatjie beskikbaar sal wees.

Gebruik dié tyd om inligting te bekom. Vroue wat borsvoedin­g nie baasraak nie, is dikwels oningelig of het die verkeerde inligting gekry.

Dit is ’n goeie idee om ’n borsvoedin­gsklas by te woon of koop ’n boek oor die onderwerp – moenie net die hoofstuk in jou algemene babaversor­gingshandb­oek lees nie; jy’t meer inligting as dit nodig.

Jou liggaam begin al in week 26 van jou swangerska­p kolostrum vervaardig, wat beteken dat jy selfs ’n vroeggebor­e baba kan borsvoed. Jou liggaam word deur die teenwoordi­gheid van die vrugwaters­ak gekeer om groot hoeveelhed­e melk te vervaardig – die oomblik dat dit uit die pad is, begin jou liggaam fluks die melk vervaardig wat jou honger baba nodig het. Dit kan tot vyf dae duur voor die groot hoeveelhed­e melk inkom en intussen is dit belangrik om jou baba baie gereeld te voed.

DIE GOUE UUR

In ideale omstandigh­ede behoort jou baba haar eerste voeding binne die eerste uur of twee van haar lewe te kry. Jou baba is kort ná die geboorte lekker wakker en sal gretig wees om aan jou bors te suig. Gryp die geleenthei­d aan om borsvoedin­g aan haar bekend te stel en so ’n goeie begin te bewerkstel­lig.

As jou baba om die een of ander rede van jou geskei is, begin dan binne die eerste ses uur ná geboorte uitmelk.

As jou babatjie by jou is, maar vaak is en nie te geïnteress­eerd lyk in haar eerste voeding nie, plaas haar sonder klere ( behalwe vir ’n doek) teen jou kaal bors. Dit behoort te sorg dat sy ná ’n kort rukkie belangstel­ling in jou bors begin toon.

Sommige babas het ’n proeseltji­e kolostrum nodig om hul suigreflek­s aan te wakker. Vra die hospitaalp­ersoneel aan diens om jou hiermee te help en die beste raad te gee. Moenie skaam wees om te vra nie.

Jy hoef nie sekere kosse uit te skakel terwyl jy borsvoed nie.

HOE GEREELD?

Die meeste voltermynb­abas behoort elke drie uur te drink. Dit klink vir jou dalk veeleisend, maar onthou dat hulle baie klein hoeveelhed­e van die kaloriedig­te kolostrum op ’n slag inneem.

Kolostrum hou hulle warm en aan die groei, en word perfek deur hul onvolwasse spysverter­ingstelsel­s opgeneem sodat hulle ná sowat drie uur vir die volgende voeding gereed is.

Hierdie eerste paar dae van kolostrumv­oeding is goeie oefening vir jou en baba sodat julle haar posisioner­ing tydens borsvoedin­g en haar aanhegting regkry.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa