Baba & Kleuter

V& A borsvoedin­g

- Lisanne du Plessis E- pos jou vrae na yolandi@babaenkleu­ter.co.za Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie.

My baba is drie weke oud. Dit gaan goed met die borsvoedin­g en sy sit mooi gewig aan. Ek moet egter een van die dae terug werk toe en wil graag op kantoor uitmelk. Hoe moet ek te werk gaan om die uitmelkery so maklik en pynloos moontlik te laat verloop?

LISANNE DU PLESSIS ANTWOORD:

Dis uitstekend­e nuus dat jy nou al planne maak om aan te hou borsvoed wanneer jy terug werk toe gaan.

Stap een is om seker te maak dat jou direkte bestuurder of toesighoue­r weet dat jy wil uitmelk en dat jy volgens wetgewing daarop geregtig is. In ’n agtuur-werkdag mag jy twee keer per dag vir ’n maksimum van 30 minute op ’n slag uitmelk – dis nou bo en behalwe jou ander toegelate pouses.

Die produksie van borsmelk word aangemoedi­g deur die suig van jou baba aan die bors, die intimiteit van borsvoedin­g en ook deur vel-teen-vel-aanraking met jou baba.

Vroeë en gereelde borsvoedin­g verseker dat jou borsmelkpr­oduksie optimaal aangemoedi­g word. Werkstres, lang ure weg van die huis af en moegheid kan weer jou melkproduk­sie laat daal of jou sakrefleks laat afneem.

Bestee dus voor en ná werk soveel tyd moontlik saam met jou baba en ruim soveel

vel-teen-vel-tyd in as wat jy kan om seker te maak dat die hormone wat borsmelkpr­oduksie reguleer, steeds hul werk doen. Dit sal jou liggaam help om melk te maak al sien jy nie jou baba in die dag nie.

Baie ma’s vind dat die sakrefleks by die werk sterker is as hulle ’n foto of kombersie van hul baba byderhand het. Jy kan ook borsmelkpr­oduksie optimaal hou deur so na as moontlik aan jou baba se gewone voedingsty­e uit te melk.

Borspompe verwyder melk doeltreffe­nd uit die bors, en sommige pompe kan ’n sterk sakrefleks tot gevolg hê. Nie alle pompe verwyder egter die laaste bietjie melk nie. As jy ’n borspomp gebruik, kan jy die laaste melk met die hand uitmelk.

As jy nie ’n borspomp kan of wil gebruik nie, kan jy meer doeltreffe­nd met die hand uitmelk deur die volgende tegniek in te span:

Voel van die tepel af opwaarts aan jou bors tot jy op ’n paar knoppe afkom. Dis ’n goeie plek om te begin uitmelk.

Hou jou hand nou in ’n C-vorm met die duim bo en ander vier vingers onder. Plaas die duim aan die bokant van die bors en die ander vingers onder die bors.

Oefen dan druk op die melkbuise uit (die deel waar jy kon voel die tekstuur van jou bors verander) met ritmiese saamdruk-en-ontspan-bewegings. Voer die beweging eers terugwaart­s in die rigting van die borsbeen uit en dan afwaarts en vorentoe na die tepel. Laat los die greep en herhaal.

Roteer jou hand ná ’n rukkie maar hou dit steeds in die C-vorm sodat jy ál die melkbuise leegmaak, nie net dié aan die bokant van die bors nie. Masseer jou bors van tyd tot tyd om die sakrefleks verder aan te moedig.

Borsmelk moet altyd in ’n skoon houer uitgemelk word en so gou as moontlik koel gemaak word.

Dit kan agt uur lank veilig teen kamertempe­ratuur gehou word, en vyf tot agt dae in ’n yskas. Dit hou twee weke in ’n klein yskas-vrieshokki­e en drie of vier tot ses maande in ’n vrieskas.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa