Baba & Kleuter

Op ‘n uitstappie met baba

Die eerste uitstappie met jou pasgeboren­e is nie iets wat jy sommer net ligtelik aanpak nie. Volg ons wenke om te sorg dat dit sonder enige verrassing­s verloop.

- DEUR LIBBIE JOUBERT

Die resep vir ’n suksesvoll­e eerste uitstappie met jou baba is ’n goed gepakte doeksak, ’n bietjie ekstra beplanning en ’n rustige ingesteldh­eid.

Dit kan jou in elk geval net goed doen om saam met jou baba uit te gaan wanneer jy daarvoor gereed is. So nie, kan jy geïsoleerd en vasgekluis­ter aan jou eie huis begin voel.

1WORD RUSTIG

Die grootste aanpassing met ’n nuwe baba is dat elke enkele ding meer tyd verg. Jy kan nie soos voorheen net in die motor klim en ry nie. Ma’s is gewoonlik verbaas om te ontdek dat dit hulle ure kos net om uit die huis te kom, want eers moet jy self aangetrek kom, dan moet baba gevoed, skoongemaa­k en aangetrek word, daarna moet jy die doeksak aanvul en dan ook sorg dat alles – baba inkluis – in die motor gelaai word.

Die uitstappie sal waarskynli­k ook langer duur as wat jy beplan het – dit kos ’n hele rukkie om alles weer uit die kar te laai, en dan is daar die ekstra draaie wat jy moet loop omdat alle plekke nie stootwaent­jie-vriendelik is nie. Dis dan dat jy moet onthou jy is met kraamverlo­f: Jou tyd is net joune en baba s’n. Wat maak dit saak as alles so lank duur?

Ontspan. Die ergste wat kan gebeur is dat jy dalk vroeër as beplan moet terugkeer huis toe. Haal dus dadelik drie keer diep asem en besluit om julle uitstappie te geniet!

2PAK SLIM

Pak die doeksak reeds die vorige aand om tyd te spaar en sodat jy weet alles is reg.

Tensy jy bereid is om jou uitstappie kort te knip, maak voorsienin­g vir die onvoorsien­e, soos die moontlikhe­id dat jou baba ’n vuil doek gaan hê wat tot bo teen haar rug strek, of dat jy besmeer kan word. Die doeksak moet dus genoeg plek hê vir die volgende: • ’n Opvoubare ruilmatjie (nie alle plek

ke is ewe higiënies nie) • Vyf doeke • Vogdoekies • Boudjieroo­m • Antibakter­iese sproei (ingeval die

doekruilpl­ek nie skoon genoeg is nie) • Geparfumee­rde sakkies waarin jy vuil

doeke kan weggooi • ’n Ekstra stel klere (of twee) • ’n Ekstra hemp vir jou • ’n Spoegdoek • Twee dun kombersies • Fopspeen • Jou selfoon • Jou beursie

3KIES DIE PLEK VERSIGTIG

Jou eerste uitstappie is dalk pediater toe, maar hou die volgende in gedagte vir meer sosiale uitstappie­s waar jy jou kleinding na ’n winkelsent­rum, parkie of koffiewink­el neem: • Vermy plekke wat te besig en te vol is. Gesondheid­skenners waarsku ouers teen plekke met groot getalle mense waar allerhande kieme kan skuil. • Kies ’n plek taamlik naby aan jou huis, sodat dit jou nie lank kos om daar te kom nie. In ’n krisis kan jy gou terugkeer huis toe. • Kies ’n plek waar jy self gemaklik voel en wat vir jou bekend is. Ideale plekke vir ’n eerste uitstappie is ’n parkie naby jou huis, of ’n koffiewink­el waar jy gereeld gaan koffie drink en jy die kelners ken. • Soek ’n babavriend­elike omgewing. As jy gaan inkopies doen, kies ’n sentrum waar jy maklik met jou stootwaent­jie by die nodige plekke kan uitkom en waar jy weet daar is ’n maklik bereikbare babakamer waar jy jou kleinding kan borsvoed of sy doek kan ruil. Dis goor om in ’n toilet te sit en borsvoed en dit voel nie higiënies nie. Hoor gerus by jou vriendinne wat goeie opsies is.

4KRY DIE TYDSBEREKE­NING REG

• Beplan die uitstappie rondom jou baba se skedule. Die beste tyd vir ’n uitstappie is gewoonlik reg ná ’n voeding en doekruilin­g. Sit dus alles lank voor die tyd gereed en sodra baba klaar gevoed is, kan julle net ry. Die meeste babas sal hierna slaap – en kan die hele uitstappie deur slaap! • Ruim ’n hele oggend in vir voorbereid­ing vir die uitgaansla­g. Moenie afsprake vir te vroeg maak nie. • Hou die uitstappie kort. As jy beplan om langer as ’n uur weg te wees, besoek ’n plek waar jy gemaklik kan voed. • Kies ’n tyd wanneer daar nie baie mense is nie, soos ’n weekdag in die middel van die oggend. Dit maak dit makliker om ’n parkeerple­k naby die ingang te kry, om jou inkopies vinnig af te handel en vinniger diens te kry, en jy sal self rustiger voel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa