Baba & Kleuter

Eet is maklik

Veertien praktiese wenke vir baba se heel eerste maaltye

- DEUR YOLANDI JORDAAN

Daar is ’n hele spul eerstes wat jou en jou maat nog breed gaan laat glimlag voor jou baba se eerste verjaardag aanbreek – en een daarvan is die dag waarop jou kind haar eerste happie vaste kos hap. Hierdie gebeurteni­s vereis egter ’n bietjie voorbereid­ing: Die kos wat jy kies moet vooraf gemaak word, jy moet weet waar en hoe jou baba gaan sit en wat jy alles byderhand moet hê. Volg ons slim wenke om hierdie okkasie met selfvertro­ue aan te durf en glad te laat verloop.

1 RUSTIG & KALM

Jou baba is besig om ’n nuwe vaardighei­d te leer en daarvoor is geduld en kalmte nodig. As jy rustig is, sorg jy dat die hele ervaring positief is en dat jou baba kos met positiewe gevoelens verbind.

Jou baba sal vinnig agterkom dat dit ’n prettige affêre is wat sy kan geniet en waar die hele gesin saam om die tafel kuier.

2 BEPERK DIE GEMORS

Hoewel dit nie eintlik nou die tyd is om jou oor ’n vuil teël te kwel nie, kan jy die gemors darem in ’n mate probeer beperk. Vou ’n koerant of plastiekta­feldoek op die vloer onder jou baba se eetstoel oop.

Jy kan die koerant agterna weggooi of die plastiekta­feldoek skoonvee.

3 EET VEILIG

Dis ’n goeie idee om jou baba vir kort rukkies in haar eetstoeltj­ie te laat sit in die week voor jy vaste kos wil begin gee. So kan jy die hoogte van die eetstoel aanpas sodat jou baba gemaklik by die tafel kan sit en julle almal mooi kan sien.

Die eetstoel moet veilig wees. Jou baba moet stewig daarin kan sit en dit moet ’n veiligheid­sgordel hê waarmee jy haar vasgordel. Die meeste eetstoele het ook skinkborde, wat die gemors beperk.

4 MAAK GESELSIES

Praat met jou baba terwyl jy haar voer. Vertel vir haar wat sy eet, watter kleur dit is, hoe dit smaak en hoe dit berei is.

5 GENOEG IS GENOEG

Dis nooit ’n goeie plan om jou baba te dwing om te eet nie. ’n Kop wat weggedraai word, ’n mondjie wat styf toe bly of hande wat die lepel wegstoot, is alles tekens waarmee jou baba vir jou probeer wys dat sy klaar geëet het.

Respekteer haar besluit dat sy nie verder wil eet nie. ’n Geveg aan tafel veroorsaak net dat sy kos met negatiewe gevoelens begin verbind.

6 EET SAAM AAN TAFEL

Moet jou baba nooit alleen laat eet nie. Dit is gevaarlik en boonop nie lekker om op jou eie te eet nie. Leer jou baba sommer van jongs af dat etenstyd gesinstyd is.

Hierdie tydjie moet verkieslik sonder enige afleidings soos selfone, tablette of die televisie geniet word.

7 EK MAAK SOOS MA

Jou baba hou jou dop. Sorg dat jy af en toe self groot oopmaak om ’n kamma-hap te vat. Moenie vergeet om te laat hoor hoe lekker die kossies nou eintlik smaak nie.

8JAMMERLAP­PIE OP DIE TAFEL

Hou ’n skoon, nat waslap byderhand om jou baba mee skoon te vee as die eksperimen­tering handuit ruk.

Moet jou egter aanvanklik nie te veel ontstel oor ertjiepure­e in jou baba se oor of as die groeipakki­e vlek nie – dit is alles deel van die goeie verhouding wat jou baba besig is om met kos te bou.

9BOETIE SE BORSLAP

Onthou om van die begin af ’n borslap om jou baba se nek vas te maak. So leer sy ’n goeie gewoonte aan wat later maande ’n magstryd kan uitskakel. Daar is ook deesdae slim borslappe met sakkies wat kos opvang as dit dalk uit jou baba se mond ontsnap. Moet egter nie verwag dat daar glad nie ’n gemors gaan wees nie: Eet is vir jou baba ’n nuwe ervaring en kan dus vinnig in ’n smerige storie ontaard. Dis normaal dat jou baba aan die kos wil vat en daarmee wil speel. Jy kan selfs ’n skeppie voor haar neersit sodat sy daarmee kan eksperimen­teer.

10 DIE BUI MAAK SAAK

Die eerste maaltyd-probeersla­e kan uitdagend vir jou én jou baba wees. Hou in gedagte dat ’n gelukkige, wakker baba beter gaan eet as ’n knieserige baba wat moeg is. Los die bekendstel­ling aan vaste kos liewer as jou baba vaak is. Julle kan môreaand weer probeer. Onthou, jou baba kan die een dag goed eet en haar lippies die volgende dag bottoe hou vir die kos waaraan jy ure lank berei het.

11 EETGEREI

Koop bakkies wat aan die tafel vassuig of -kleef. Dis makliker om kos uit te skep as jy dit nie hoef vas te hou nie. Gebruik ook ’n lepel met ’n sagte rubberpunt sodat jou baba se teer tandvleis nie seerkry nie. Laat sy ’n paar weke voor die groot dag met ’n lepel oefen deur daarmee te speel terwyl julle eet.

12 DIE REGTE TYD

Die regte tyd vir die eerste vaste kos hang van julle af. Ma’s wat dit beproef het, reken jy moet vaste kos bekendstel wanneer jou melkvoorra­ad op sy laagste is – gewoonlik laatmiddag of vroegaand. Voed jou baba soos altyd, maar laat haar daarna aan tafel sit om haar eerste happie vaste kos te geniet. ’n Baba wat te honger is, gaan haar honger onmiddelli­k met melk wil stil en dus ongeduldig en huilerig wees.

13 MOENIE HAASTIG WEES NIE

Leer dit sommer nou al: ’n Maaltyd met ’n baba is nie iets wat vinnig afgehandel word nie. Vergeet van jou horlosie. Laat genoeg tyd vir etenstyd toe. Dit is immers ’n nuwe vaardighei­d wat jou baba moet aanleer.

14SPRING WEG

Begin deur ’n kwart teelepel kos op die punt van jou kleinding se tong te sit. As sy dít sluk, kan jy nog ’n kwart lepel kos ’n bietjie dieper in die mond op haar tong sit. Wees daarop voorbereid dat jou baba die eerste paar keer die kos met haar tong kan uitrol. Moenie moed verloor nie – kort voor lank gaan sy met ’n oop mondjie sit en wag!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa