Baba & Kleuter

Smaaklike ete

Maak jou baba se kos interessan­t en bied ’n wye verskeiden­heid aan. Dís hoe jy sorg dat fiemies nie in die peuterjare ’n houvas kry nie.

- DEUR HELEN SCHÖER

As jou baba al die kuns van eet bemeester het en die bakkies pap en puree met genot verorber, kan jy gerus na nuwe smake en teksture begin uitbrei. Ouer babas is reg daarvoor en geniet die hele verkenning­sproses geweldig – dink maar aan ’n baba wat aan ’n suurlemoen proe. Die hele gesiggie sal vertrek van die suur, maar sy sal dit weer en weer mond toe bring.

Hou in gedagte wat jou uiteindeli­ke doelwit is: ’n kind wat iewers tussen een en twee jaar oud eet wat julle eet en in ’n ontspanne bui aan gesinsmaal­tye deelneem. Kies dus die smake en teksture wat julle as gesin geniet en begin om ’n baba-weergawe daarvan op te skep. Jy wil tog nie vir altyd twee keer hoef te kook nie.

Gebruik ons lys op die oorkantste bladsy as inspirasie en maak eenvoudig alles fyner na gelang van jou baba se kouvaardig­heid. Hoe ouer die baba, hoe nader kan jy die kos aan die grootmensw­eergawe se tekstuur laat. Moet ook nie altyd alles saam in een bak gooi nie. Gee jou baba die geleenthei­d om te proe hoe elke deel van die maaltyd op sy eie proe. Moedig verkenning met die handjies aan – laat jou baba gerus toe om die kos self op te tel, of met ’n lepeltjie of vurkie te eksperimen­teer.

Ontbyt

EIERS Jy hoef nie te wag om jou baba aan eiers bekend te stel nie. Hou haar maar net die eerste keer dop in geval sy een van die handjievol is wat ’n allergie daarvoor het. Jy kan haar roereier gee, maar moenie sout byvoeg nie. ’n Gekookte eier is koningskos vir ’n baba. Gebruik gepasteuri­seerde eiers of maak seker die eier is goed gaar.

HAWERMOUT Jy kan jou baba se porsie opvrolik met ’n bietjie vrugtepure­e of gerasperde appel en dit verder met kaneel opkikker. Moenie suiker byvoeg nie, ook nie heuning nie. Moenie die kitssoort gebruik nie. ROOSTERBRO­OD As jou baba vingerkos geniet, kan jy broodvinge­rs maak van suurdeegbr­ood, rogbrood of volgraanbr­ood waaraan baba kan kou. Voeg ’n paar kaasballet­jies by en dis ’n lekker ontbyt, of smeer ’n bietjie tuisgemaak­te lewerpatee daarop vir ekstra yster. Jy sal verbaas wees hoe goed selfs ’n baba sonder veel tande al kan kou! Beproef gerus ook ’n botteltjie neutbotter om die roosterbro­od mee op te vrolik.

JOGURT EN VRUGTE Natuurlike volroomjog­urt met bessies of sagte vrugtestuk­kies soos papaja of piesang is bederfkos vir die hele gesin.

Middagete

’n Avo- saadbroodj­ie met ’n paar opgesnyde stukkies kersietama­tie en komkommer is ’n heerlike middagete. Onthou net, jou baba se magie is maar klein – as ’n hele toebroodji­e jou versadig is ’n kwart waarskynli­k vir jou baba genoeg.

Koeskoes met klein stukkies sagte geroosterd­e groente soos botterskor­sie, soetpatat en beet is ’n heerlike oorskietge­reg. Sny net die vorige aand se groente kleiner en roer dit deur die gaar koeskoes. Dit werk ewe goed en gerieflik met bulgurkori­ng, bokwiet of quinoa.

Tuisgemaak­te frikkadell­etjies en gestoomde broccoli-boompies wat jou kind self kan vashou, is altyd ’n treffer.

Stukkies sagte hoender met ertjies en gaar aartappelk­warte is ook ’n maklike, voedsame middagete waaraan julle saam kan weglê. ’n Skeut suurlemoen oor die hoender sal jou baba se smaakklier­e wakker maak.

Vlokke gestoomde vis met ’n spinasie-kaassousie is ’n beter keuse as visvingers.

Sit ryspasta met ’n tuisgemaak­te tamatiesou­s voor. Voeg rooilensie­s by die tamatiesou­s en kook dit so sag dat dit byna verdwyn.

As jy lief is vir bak, kan jy met ’n tuisgemaak­te mieliebroo­d middagete binne minder as 10 sekondes reghê. Sny eenvoudig ’n sny daarvan af en sit dit met ’n titsel botter voor. Ja, jou baba kan maar ’n bietjie botter eet.

Maak ’n growwe kapok van kekerertji­es en gaar pampoen. Spoel geblikte kekerertji­es net baie goed af. Dié eenvoudige gereg het ’n baie interessan­te tekstuur.

Aandete

Enige vleiserige bredie wat lekker sag gekook is, is gewilde babakos. Skep net die baba se porsie uit voor jy sout vir die grootmense byvoeg.

Pasta en maalvleis waarin jy sommer ’n hele paar groente kan versteek soos uie, wortel, seldery, sampioene, spinasie en murgpampoe­ntjies, hoort in elke ma se kookarsena­al. En moenie die knoffel en kruie vergeet nie – dis goed vir jou baba!

Vispastei met ’n patat- en-aartappelb­olaag en gestoomde blomkool daarby is bederfkos. Skep jou baba se porsie vroeg al uit, want daar gaan dalk nie oorbly nie.

Sny die sagste stukkie lamsvleis van die boud of skenkel af en sit dit vir jou baba saam met wortels en kaneel voor. Laat jou baba ook sommer toe om met die been van die boud te speel en daaraan te knaag. Dit hou hulle lekker besig aan tafel, al lyk dit ’n bietjie primitief. Bederf julle ’n slag met geposjeerd­e

salm. Dis heerlike babakos wat in die mond smelt en die beste bron van daardie allerbelan­grike omegas.

Babas geniet die romerige tekstuur van sampioenri­sotto en sampioene is propvol heilsaamhe­id. As jy dit met aftreksel gaarmaak, kies een met min natrium.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa