Baba & Kleuter

As jou kind se tong knoop

Wat op aarde is ’n lip- en tongknoop, hoe beïnvloed dit jou kind en hoe kan dit behandel word?

- DEUR DANIELLA DE WITT

Die Engelse benamings lip tie en tongue tie is dalk bekender as die Afrikaanse lipknoop of tongknoop, maar tog weet baie mense nie wat dit is sonder om ’n foto daarvan te sien nie.

Volgens die webtuiste webmd.com is dit ’n algemene probleem en wil dit voorkom asof seuns drie keer meer geneig as meisies is om daarmee gebore te word.

Alle mense word gebore met vliese in hul mond wat frenums of slymvliesp­looie genoem word, sê dr. Zana de Wet, ’n tandarts by Dr Tooth Little in die Pretoriase voorstad Montana.

“Frenums is spiervesel­s binne-in ’n slymvlies wat verbinding­s tussen party mondstrukt­ure vorm. Hulle heg die bo- en onderlip aan die tandvleis vas, en ook die tong aan die mondvloer.

“Die doel van ’n frenum is om mondstrukt­ure soos die tong stabiel te hou, maar soms is hulle oorontwikk­el en word hulle vergroeise­ls wat as lip- en tongknope bekendstaa­n.”

WAT DOEN DIÉ KNOPE?

’n Lipknoop ontstaan wanneer die lipfrenum die bo- of onderlip baie styf aan die tandvleis van die bo- of onderkaak anker sodat die aangetaste lip net beperkte beweging het, verduideli­k Zana.

In die geval van ’n tongknoop is die tong weer met die mondvloer vergroei, wat die beweging en gebruik daarvan beperk.

Tong- en lipknope word soms oorgeërf. In ander gevalle word dit aan sekere genetiese afwykings of sindrome gekoppel. Dit is egter baie algemeen en kan maklik behandel word, sê Zana.

Abnormale frenums word dikwels nie eens opgemerk nie of eers baie laat gediagnose­er. ’n Tongknoop kan byvoorbeel­d so diep onder die tong wees dat net ’n kundige dit kan raaksien.

Die knope kan deur ’n pediater, borsvoedin­gskonsulta­nt, spraaktera­peut of tandarts gediagnose­er word. Ondersoeke wys gewoonlik ’n duidelik abnormale hegting van die lip aan die tandvleis of van die tong aan die mondvloer.

As die baba se lip beweeg word, word die tandvleis waar die frenum geheg is duidelik witter. Die tong het nie normale beweeglikh­eid nie en ouer kinders kan nie tong uitsteek nie. As hulle dit probeer, het die tong ’n kenmerkend­e hartvorm omdat die punt aan die mondvloer vas is.

HOE DIT TAAL RAAK

Tussen 0,2 en 2 persent van babas word met ’n tongknoop gebore, sê Cordelia Fairlie, ’n oudioloog en spraaktaal-terapeut by die Familieter­apie-sentrum op Krugersdor­p in Gauteng.

“Die erns verskil van kind tot kind en dit kan kinders se spraakontw­ikkeling aantas. Behandelin­g hang van die ernstighei­dsgraad af,” sê sy.

’n Tongknoop kan veroorsaak dat die tong nie na al die posisies in die mond kan beweeg wat nodig is om sekere klanke te vorm nie. Klanke wat veral geraak word, is l, t, d, n, r. Dis omdat die tong tot bo teen die harde verhemelte moet strek om hierdie klanke te kan artikuleer.

Soms leer kinders om hul tong elders te plaas ten einde die klank uit te spreek, sê Cordelia.

As die tongknoop met ’n kind se artikulasi­evaardighe­de inmeng, moet dit so vroeg moontlik behandel word om te keer dat sy geskrewe werk later sy gesproke taal weerspieël.

HOE DIT BORSVOEDIN­G RAAK

Omdat die toestand die beweging van ’n baba se lippies of tong beperk, sukkel baie babas met borsvoedin­g, sê Françoisé van der Westhuizen, ’n borsvoedin­gskonsulta­nt by die Melkbekkie­s-borsvoedin­gskliniek in Gauteng.

“’n Lipknoop wat baie styf is, kan keer dat baba se lippe behoorlik opvleuel om aan die bors te kan heg. Hy moet sy lippe dus saampers om die bors in sy mond te probeer hou en ’n seël te vorm. Babas met ’n lipknoop doen dikwels suigrofies op omdat hulle verkeerd heg.

“In die geval van ’n tongknoop kan die tong nie behoorlik op en af beweeg om die bors te masseer sodat die melk kan uitkom nie. Die baba moet dan sy tong op ander maniere probeer inspan,” sê Françoisé.

Dit kan probleme veroorsaak soos: • Pynlike borsvoedin­g – dit kan voel asof ’n rasper op jou tepels doenig is en of jou baba jou tepels byt of kou; • Gebarste of stukkende tepels; • Verstopte melkbuise en mastitis; • ’n Gesukkel met vashegting, sodat jou

baba heeltyd van jou bors afgly; • Klikgeluid­e terwyl jou baba borsvoed; • Borsvoedin­gs wat baie lank duur terwyl

jou baba onversadig voorkom; • ’n Stadige gewigstoen­ame en selfs ge

wigsverlie­s; • Te min nat en vuil doeke; • Refluks omdat foutiewe hegting veroorsaak dat baba baie lug sluk terwyl hy voed; en • Verminderd­e melkproduk­sie omdat die borste nie behoorlik leeggemaak word nie. Françoisé sê dit kan ’n nuwe ma oorweldig laat voel en haar laat twyfel aan haar vermoë om haar baba te borsvoed, maar gelukkig is daar oplossings.

“’n Borsvoedin­gskonsulta­nt kan jou help deur die baba se posisie op die bors aan te pas en hom te leer hoe om dieper en beter te heg en so die pyn en ongemak te verlig.”

WAT GEBEUR AS DIT NIE BEHANDEL WORD NIE?

Behalwe vir spraak- en borsvoedin­gsprobleme is nog komplikasi­es van lipfrenums dat daar openinge tussen die tande ontstaan. Dit kan net reggestel word met die verwyderin­g van die frenum en meegaande ortodontie­se behandelin­g (lees meer in die kassie bo).

 ??  ?? OUDIOLOOG EN SPRAAKTAAL-TERAPEUT, KRUGERSDOR­P BORSVOEDIN­GSKONSULTA­NT, JOHANNESBU­RG TANDARTS, PRETORIA CORDELIA FAIRLIE, FRANÇOISÉ VAN DER WESTHUIZEN, DR. ZANA DE WET,
OUDIOLOOG EN SPRAAKTAAL-TERAPEUT, KRUGERSDOR­P BORSVOEDIN­GSKONSULTA­NT, JOHANNESBU­RG TANDARTS, PRETORIA CORDELIA FAIRLIE, FRANÇOISÉ VAN DER WESTHUIZEN, DR. ZANA DE WET,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa