Baba & Kleuter

Dagdromert­jies

Is dagslapies vir jou peuter belangrik en hoe kry jy dit reg om jou besige bytjie bedags te laat slaap? Hier is raad.

- DEUR SHANDA LUYT

Dagslapies is nie net daar vir ma’s om huistake uitgerig te kry nie; jou peuter het dit baie nodig. ’n Goeie dagslaapro­etine help dat jou peuter snags makliker en beter slaap, en volgens die Amerikaans­e pediater Marc Weissbluth, skrywer van Healthy Sleep Habits, Happy Child, dra dit by tot jou kind se verstandel­ike ontwikkeli­ng.

’n Onlangse studie met tweejarige­s het ook getoon dagslapies het ’n positiewe invloed op jou kind se emosionele ontwikkeli­ng.

HOEVEEL EN HOE LANK?

Jou kind behoort op een jaar oud twee stewige dagslapies van een tot twee uur elk in te pas, gewoonlik drie tot vier uur uitmekaar. As jou kind aktief en opgewek is, kry hy waarskynli­k genoeg slaap, maar as hy prikkelbaa­r en klouerig is, slaap hy dalk te min.

Namate hierdie jaar aanstap, sal jy vind dat jou peuter ál langer wakker kan bly. Die peuterjaar is wanneer die meeste kleingoed oorskakel van twee dagslapies na een, en hierdie aanpassing­styd bring weer ’n hele boel nuwe uitdagings mee. Wanneer presies jou peuter van twee na een dagslapies oorskakel kan geweldig verskil: Sommige babas doen dit al op nege maande oud, terwyl ander kinders eers teen 18 maande sover kom. Waak egter daarteen om dit te vroeg in te stel. Tekens dat hy gereed is vir die aanpassing sluit in: • Hy skop ’n week of langer elke dag vas

teen sy dagslapies. • Hy kan al langer wakker bly (vier of meer uur) sonder om prikkelbaa­r of huilerig te raak. Hierdie oorgangsfa­se is dikwels moeilik omdat jou kleinding nie regtig meer ’n volle twee slapies elke dag nodig het nie – en waarskynli­k luidkeels daarteen beswaar sal maak – maar ook nog nie heeltemal gereed is om langer wakker te bly nie. Wees dus voorbereid op ’n deurmekaar­gekrapte roetine, want party dae gaan hy twee keer wil slaap en ander dae nie.

Jy kan hierdie oorgangsfa­se vergemakli­k

deur sy oggendslap­ie geleidelik later te maak en so te kyk of jy hom nie kan aanmoedig om daardie slapie verder te rek en so nog ’n slapie uit te skakel nie. Maar moenie te lank wag nie, want ’n oormoeg peuter gaan sukkel om te slaap. Gee hom iets te ete net voor jy hom laat slaap (mik aanvanklik na 11:30 of selfs 11:00) sodat dit nie saak maak as hy deur middagete slaap nie. Jy kan hom weer iets gee om te eet sodra hy wakker word.

’n Goeie uiteindeli­ke skedule lyk min of meer so:

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa