Baba & Kleuter

Regop, trots en gesond

Leer jou kleuter van jongs af om regop te sit en loop. So vermy jy latere probleme.

- DEUR LIBBIE JOUBERT

’Nmooi, regop postuur sê iets. Dit weerspieël ’n innerlike selfvertro­ue, selftrots, ’n bereidheid om die lewe vierkant in die oë te kyk. En les bes: Dit lyk elegant.

Postuur gaan egter nie net oor voorkoms nie. Dis ook belangrik vir jou kind se gesonde ontwikkeli­ng.

BEGIN VROEG

’n Goeie postuur behels dat jy regop kan loop of sit, ’n goeie balans het en fyn aktiwiteit­e weg van jou kan uitvoer. Dit beteken dat liggaamsge­wrigte in ’n byna neutrale posisie gehou word sodat jou spiere, gewrigte en ligamente eweredig bydra tot die handhawing van jou liggaamspo­sisie.

Spanning op die lyf of ruggraat as gevolg van swak postuur kan slegte postuurgew­oontes veroorsaak, wat ’n invloed kan hê op hoe jou kind groei en op sy langtermyn-postuuront­wikkeling.

Studies het getoon dat laerugpyn dikwels al in die kinderjare begin. Altesaam 10 persent van nege- en tienjarige­s ly daaraan – en ’n swak postuur is een van die grootste oorsake.

Yvette de la Port, ’n fisioterap­eut by De la Port & Hattingh Physiother­apists in Klerksdorp in Noordwes, sê ’n swak postuur in die kinderjare kan tot ooreisings­beserings lei.

In studies is ook gewys dat as kinders van jongs af leer om ’n goeie postuur te handhaaf, dit die voorkoms van laerugpyn verminder.

Wanneer ’n kind tussen twee en vier jaar oud goeie postuurgew­oontes leer, ontwikkel en versterk die regte spiergroep­e in sy lyfie.

Dit is weer belangrik vir ’n goeie postuur in later jare.

KWEEK SO ’N GOEIE POSTUUR JOU BABA

Goeie postuuront­wikkeling begin op dag een, net ná geboorte. Jou keuses oor hoe jy jou baba hanteer het ’n regstreeks­e uitwerking op sy postuuront­wikkeling.

Probeer waar moontlik vermy dat jou baba lang rukke in een posisie bly, sê kenners. ’n Voorbeeld is ’n baba of kleuter wat langer as 30 minute in ’n motorstoel­tjie sit. Dié posisie vereis dat hy sy ruggie gerond hou en veroorsaak stremming op sy jong senuweeste­lsel. Haal dus jou kind elke 30 minute uit die stoeltjie en plaas hom op sy magie om sy rugspiere oefening te gee.

Moedig goeie kop- en rompbeheer aan deur jou baba van twee tot vier maande oud af elke dag op sy magie te laat lê. Moedig hom dan met speelgoed aan om sy koppie op te lig en op sy elmboë te druk en so sy skouer- en rugspiere te versterk. Sterk skouer-, maag- en rugspiere is noodsaakli­k vir die ontwikkeli­ng van mylpale en goeie postuur.

Yvette sê dis belangrik dat jy jou baba aanmoedig om op sy maag te seil en om handevierv­oet te kruip.

“Die kruip- en seilpatron­e help om sy visie te ontwikkel. Dit leer jou baba se liggaam om sy postuur te beheer voor die volgende ontwikkeli­ngsfase begin waarin die liggaam die meer uitdagende teenswaart­ekrag-posisies moet aandurf,” verduideli­k Yvette.

Die maaglê-posisie is goeie oefening vir wanneer hy later op sy maag seil.

“As jy jou baba in ’n sitposisie plaas voor hy op sy maag kan seil, ontneem jy hom van die drang om te beweeg. Dan leer hy dalk om op sy boudjies rond te skuif pleks daarvan om op sy hande en knieë te kruip.”

Vermy springstoe­ltjies en loopringe. Dié toestelle ondermyn postuurbeh­eer. Jong kinders se heupgewrig­te het nog nie

goed ontwikkel nie en kan skade opdoen weens die voortduren­de gewigdra en springbewe­gings. Jou kind leer nie om teen swaartekra­g te ontwikkel nie omdat hy in ’n regop posisie gehou word. Daarom kry die spiergroep­e om groot gewrigte soos die skouer en heupe nie genoeg oefening om stabilitei­t te verseker nie.

KLEUTERS EN OUER

Moenie toelaat dat kleuters en jong kinders kruisbeen of in die M-sitposisie (op hul knieë met hulle boude tussen die voetjies) op die vloer voor die televisie sit nie. Dit maak hul rug te rond en plaas stremming op die ligamente van die knieë en enkels. Jou kind moet verkieslik op ’n stoel met goeie rugonderst­euning sit.

Kies tafels en stoele volgens jou kind se grootte. Jou kind moet sit met ’n hoek van 90 grade by die heupe, knieë en enkels. Die stoel moet laag genoeg wees dat sy voete goed op die grond ondersteun word.

’n Boek of stewige kussing kan ook onder die voete geplaas word as die stoel te hoog is.

Die tafelopper­vlak moet gelyk met sy elmboog wees. Dis veral belangrik as jou kind skryf of voor ’n rekenaar sit.

Hy moet verkieslik elke 20 minute uit hierdie sitposisie opstaan en ’n paar minute rondbeweeg voor hy weer gaan sit.

Moedig jou kind aan om fisiek meer aktief te wees deur aan groepspele­tjies en aktiwiteit­e soos swem, fietsry en balsportso­orte deel te neem.

Kinders is so geneig om deesdae agter die rekenaar in te skuif en vir lang rukke rekenaarsp­eletjies te speel of TV te kyk. Hulle moet eerder betrokke wees by aktiewe dinge soos swem, judo, stoei, tuinwerk en ballet, wat ’n positiewe invloed op postuuront­wikkeling het.

Kleiner kinders kan by ’n speelpark op die klouterapp­araat, rondomtali­e, swaaie en glyplanke speel.

Hoe meer ’n kind aangemoedi­g word om aktief te wees, hoe meer word die slegte uitwerking van statiese posisies voor die televisie en rekenaar voorkom.

Wees ’n rolmodel deur self ’n goeie postuur te handhaaf en fisiek aktief te bly.

Laat jou skoolkind eerder ’n rugsak dra as ’n tas wat in een hand gedra word. “Sorg dat albei skouerband­e van die rugsak oor jou kind se skouers pas. As jou kind net een skouerband oor sy skouer het, sal hy daardie skouer opgetrek hou en kan dit ’n nekspiersp­asma veroorsaak,” is Yvette se raad.

Die beste rugsak-gewigversp­reiding behels dat die swaarste voorwerpe naby die rug gepak word, sê sy.

“Sorg ook dat die rugsak knus om jou kind se lyf pas en as die sak ’n heupband het, gebruik dit.”

Studies het gewys dat skoolkinde­rs meer energie verbruik as hulle ’n skooltas in een hand dra eerder as ’n sak op hul rug.

“Die internasio­nale riglyne bepaal ook dat rugsakke nie meer as 10 tot 15 persent van kinders se liggaamsma­ssa moet oorskry nie,” sê Yvette.

DIE GEVAARTEKE­NS

Dis belangrik dat probleme so vroeg moontlik hanteer word om ontwikkeli­ngsagterst­ande te voorkom.

GEVAARTEKE­NS BY JOU BABA

Kyk hoe jou pasgeboren­e sy koppie hou. Sak dit altyd na die een kant toe of verkies hy dit om meer aan die een kant te voed as die ander?

Dit kan ’n teken van probleme met die gewrigte in die nekomgewin­g wees, wat maklik ontstaan terwyl ’n baba gebore word.

Van sowat ses maande af kan jy ook begin oplet hoe jou baba sit en of hy geneig is om meer na die een kant as die ander te leun.

Hou ’n ogie oor sy looppatroo­n wanneer hy begin loop. Plaas hy dalk minder druk op een been as die ander? Hink hy miskien?

Postuurbeh­eer begin vroeg. As iets daarmee fout is, behoort jy dit taamlik gou op te let.

“Dalk hou jou baba nie daarvan om op sy maag of rug op die grond neergesit te word nie omdat hy nie die swaartekra­g kan baasraak nie. Dié posture vereis goeie spierkrag en ’n normale spiertonus. ’n Baba wat daarmee sukkel, sal ook stadiger leer om te rol en van een posisie na die volgende te beweeg. Hy hou daarvan om in ’n regop posisie vasgehou te word want dan het swaartekra­g die minste invloed op sy lyfie,” sê Yvette.

GEVAARTEKE­NS BY KINDERS OUER AS TWEE

Skouers. Let op of jou kind se skouers vooroor hang of dalk ongebalans­eerd voorkom, sê Yvette. Dieselfde geld wanneer hy speel: Kyk hy heeltyd af terwyl sy skouers vorentoe hang? Leun hy altyd meer na een kant toe?

Sy skouers kan ook gefikseerd wees. Dit beteken hy het nie genoeg skouerstab­iliteit om bewegings met sy arms weg van sy lyf af uit te voer nie en trek dus sy skouers op en voer aktiwiteit­e naby sy lyf uit. Sy skouers en selfs ruggraat kan gerond lyk en daar kan later permanente vergroeiin­g plaasvind.

Kinders met ’n lae spiertonus werk stadig en is geneig om hul kop te ondersteun wanneer hulle by ’n tafel werk. Hulle ry dikwels op hulle stoele. Omdat hulle swak skouerbehe­er het, word hul handfunksi­e beïnvloed. Die kinders se potloodgre­ep is onderontwi­kkeld en hul hand-oog-koördinasi­e swak.

lik ’n in M-posisie. ’n M-posisie Jong omdat kinders hulle sit weens gewoon- hul swak ning nodig balans het. ’n wye basis van ondersteu

Geassosiee­rde reaksies – soos tong vasbyt – dui daarop dat kinders buitengewo­on hard moet konsentree­r om aktiwiteit­e te verrig.

Verlaagde uithouverm­oë. “Jou kind sal net vir kort rukkies aan fisieke aktiwiteit kan deelneem,” sê Yvette. Onvermoë om bewegings veilig uit te voer. Kinders met ’n swak postuur kan byvoorbeel­d nie veilig op ’n klimraam speel nie.

Min energie. Dis omdat jou kind hom baie moet inspan om sy postuur te behou as hy op die vloer of by ’n tafel sit. ●

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa