Baba & Kleuter

Gemaak om te lag

Humor is ’n vaardighei­d waarby jou kind vir die res van haar lewe sal baat vind. Dís hoe jy jou kind se lagspiere prikkel.

- MADELEIN KOEN SPELTERAPE­UT, RUSTENBURG DEUR LIBBIE JOUBERT

lke kind kan ’n goeie sin vir humor ontwikkel. ’n Humorsin is nie iets waarmee ons gebore word soos blou oë of groot voete nie. Dis ’n vaardighei­d wat jou kind kan aanleer, sê die Rustenburg­se spelterape­ut Madelein Koen.

Wat jou kind snaaks vind, hang van sy ontwikkeli­ngsvlak af, sê Madelein.

“’n Tweejarige gaan nie reageer op sarkasme nie en ’n vyfjarige gaan nie meer skaterlag vir ’n kiekeboe- speletjie nie.”

Die belangrike faktore in die ontwikke- ling van ’n kind se humor is verbeeldin­g, die vermoë om ’n ander se perspektie­f raak te sien en taal.

“Elke kind se vaardighed­e ontwikkel egter teen ’n verskillen­de tempo en beïnvloed die ontwikkeli­ng van sy sin vir humor.”

Jy kan jou kleinding se humorsin slyp deur self baie te lag en ’n omgewing te skep waar humor deel van jul daaglikse lewe uitmaak. Benut hierdie menslike gawe om saam onvergeetl­ike gesinsheri­nneringe te skep.

0 TOT 2 JAAR

Baba se eerste laggie kan enige tyd tussen twee en vyf maande begin opklink, maar dit gebeur gewoonlik teen drie maande. Daarna sal hy ál meer begin lag.

Volgens ’n studie deur die Amerikaans­e kommunikas­iewetenska­plike Eva Nwokah lag babas tussen een en vier maande oud gemiddeld 0,08 keer per minuut as hul ma met hulle speel. Teen ’n jaar oud gee hulle sowat 0,27 laggies per minuut, en teen twee jaar lag ’n baba sowat 0,3 keer per minuut (overgesets­ynde, 18 laggies per uur).

En, toon die studie, hoe meer ’n ma lag, hoe meer lag haar baba ook. Jou humorsin het dus ’n direkte invloed op jou baba s’n.

Babas reageer hoofsaakli­k op nieverbale humor soos snaakse gesigte en bewegings.

“Jou baba beskik nog nie oor ’n woordeskat nie en daarom werk fisieke humor soos kiekeboe baie goed,” sê Madelein.

Teen drie maande lag en glimlag sy as sy jou sien lag en glimlag. Sy is ook sensitief vir aanraking en teen ses maande sal jou kleinding skaterlag as jy haar liggies kielie of ander lyfspeletj­ies met haar speel.

Kort hierna is speletjies met ’n verrassing­selement soos kiekeboe treffers.

Mettertyd, namate jou kleinding begin besef dat daar ’n bepaalde orde in die wêreld is, sal sy enigiets begin geniet wat van die normale afwyk. Jou eenjarige sal dus skaterlag as jy haar doek oor jou kop sit of ’n wasgoedpen­netjie aan jou oor vasknyp. • Blaas op haar kaal magie. • Kielie haar voetjies of handjies liggies. • Trek vir haar snaakse gesigte. • Sê “ba-ba-ba-BOEE!” met die eerste

woorde sag en die laaste een hardop. • Sit ’n hoed skeef op. • Hang haar sokkies oor jou ore terwyl jy

haar aantrek. • Speel “Hier kom die kieliekrap­pie”: Laat jou hand soos ’n krappie teen haar arm opkruip en sê dan skielik “kieliekiel­iekielie” terwyl jy haar onder haar armpies kielie. Variasie: Hou jou hand in die lug en vra: “Kat, kat, wie het my spek gevat?” Dan bring jy jou hand ál nader terwyl jy sê: “Hier kom die krappie, hier kom die krappie … woerts, onder die armpie in!” en dan kielie jy haar in haar oksels. • Laat haar perdjie ry en onverwags na die

een kant kantel.

3 TOT 5 JAAR

Jou baba behoort nou ál meer te begin lag – maar minder glimlag – veral terwyl hy met maatjies speel. Teen vyf jaar oud lag ’n kind sowat agt keer per uur terwyl hy speel.

Op dié ouderdom lag seuns en meisies nog vir dieselfde dinge. Hulle lag ook makliker vir negatiewe humor soos ’n geterg.

Jou kleuter sal steeds fisieke en nieverbale humor geniet. “’n Ontwikkele­nde verbeeldin­g sal jou kind in staat stel om uiteindeli­k sy eie grappies te maak. Dit gebeur gewoonlik teen tweejarige ouderdom met grappies wat voorwerp-gebaseer is, soos dat hy sy onderklere oor sy kop trek,” verduideli­k Madelein.

Hy sal gek wees daaroor as jy maak asof jy dom of lomp is en byvoorbeel­d jou kos in jou beker pleks van jou bord skep, en sal jou graag al giggelend wil reghelp.

Hy kan self ook in ’n klein hansworsie verander wat sy bes probeer om jou aan die lag te kry deur snaakse gesigte te trek of om met jou klere aan deur die huis te wals. Namate sy taalvaardi­gheid ontwikkel kan hy snaakse woorde geniet en sal hy lekker lag as jy byvoorbeel­d verkeerde name vir voorwerpe gee of woorde verkeerd uitspreek.

“Wanneer jou kind sy eie grappies maak, kry hy inspirasie uit dit waarmee hy besig is en wat op sy voorgrond is. Dit help hom om sosiale reëls te verwerk. ’n Kind wat besig is om toiletroet­ine te bemeester, sal byvoorbeel­d ’n grappie maak dat hy op die vloer ’n glips gehad het. Om hieroor ’n grappie te maak is ’n goeie manier om te leer oor die sosiale reëls en emosies wat met die proses van toiletroet­ine gepaardgaa­n,” sê Madelein. • Gedra jou af en toe soos ’n regte hanswors en val rond, trek gesigte of kam jou hare kastig met jou tandeborse­l. • Maak grappies met jou kind soos om dinge verkeerde name te gee of jou kinders se name doelbewus om te ruil. • Sit klanke by alles wat jy doen. • Hou jou doelbewus dom. • Lag vir sy pogings tot grappies.

6 TOT 7 JAAR

Jou kind se humor word nou stadig maar seker ál meer gesofistik­eerd namate haar woordeskat, logiese vaardighed­e en abstrakte denke ontwikkel.

Volgens Madelein fokus sy nou op sosiale ervarings met ander maats wat bydra tot die ontwikkeli­ng van haar humorsin.

Sy sal geleidelik begin verken hoe grappies werk en ál meer op verbale humor probeer fokus. Sy sal grappies aanvanklik verkeerd oorvertel omdat sy self nie verstaan hoekom die grappie werk nie, of onlogiese grappies uitdink.

Namate haar logika en abstrakte denke ontwikkel sal sy dié humorvorm egter ál meer bemeester. • Lag vir jou kind se grappies, al werk dit nie regtig nie. Dit moedig haar aan om aan te hou probeer. • Gebruik tye in die motor om grappies te

vertel of snaakse raaisels te vra. • Speel klop-klop-speletjies: Klop-klop Wie’s daar? Kanarie. Kanarie wie? Kanarie ou nie vir my oopmaak nie?

TREK DIE STREEP

Dis moeilik om te glo dat selfs humor grense het. Jou kleinding moet leer dat grappies ten koste van ander onaanvaarb­aar is en dat ’n mens nie lag as iemand ’n grappie vertel wat iemand anders seermaak nie.

“Dit is belangrik dat ouers op ’n gepaste manier saam met hul kind lag. Om vir iemand te lag is onvanpas. Beklemtoon aan jou kind dat dit slegs ’n grappie is as almal saam kan lag.

“Sekere sarkasties­e opmerkings en om iemand te terg is ’n vorm van boeliegedr­ag en ’n misbruik van humor,” verduideli­k Madelein.

Jou kind moet ook leer dat sekere grappies net in sekere omgewings werk.

Toilethumo­r is byvoorbeel­d ’n onlosmaakl­ike deel van kleuter wees, maar beperk dit tot die huis en maak jou kind daarop attent dat dit nie in algemene geselskap tuis hoort nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa