Baba & Kleuter

Lekkerspee­l-leerjaar

Is jou kind vanjaar in graad O of binnekort op pad soontoe? Ons vertel jou wat hy alles daar gaan leer.

- DEUR SHANDA LUYT

Die graad O-jaar is een van jou kind se ontwikkeli­ngsjare wat in ’n oogwink verby is. Maak dus seker dat jy hierdie wonderlike, opwindende jaar saam met jou kind geniet!

So sê Karin Adlem, graad O-onderwyser­es by PEMPS-laerskool in Polokwane, Limpopo.

(Die O in graad O staan vir ontvangs – in Engels is dit bekend as grade R, oftewel die reception year.)

Maar wat kan jy alles van hierdie belangrike skooljaar verwag? In die eerste plek is dit die eerste jaar waarin kinders by die amptelike onderwysle­erplan aansluit. Dit vorm deel van die grondslagf­ase, wat strek van graad O tot graad 3.

“Jou kind gaan nou in baie meer spe-

sifieke leerareas onderrig word, naamlik huistaal, wiskunde en lewensvaar­dighede,” sê Karin.

STEEDS SPEEL-SPEEL

In graad O hou jou kind aan om te leer deur te speel en dinge met sy lyf te ervaar.

“Ja, daar is nou ’n mate van formalitei­t en meer eise word gestel as in vorige jare, maar dis nog glad nie die formele leerprogra­m wat in graad 1 intree nie,” verduideli­k Karin.

“Graad O se dagprogram verskil steeds hemelsbree­d van ’n graad 1- tot 3-kind se skoolroost­er. Die manier van leer bly op die kind se vlak: sensories en kinestetie­s (om met sy lyfie deur beweging en ervaring te leer). Die werkboekie­s is kleurryk en prettig en slegs daar om hom liggies te begin voorberei op fyner motoriese aktiwiteit­e in graad 1. Boekwerk en werkvelle is nog glad nie die maatstaf vir leer nie.”

’n Goeie graad O-program sal kinders se perseptuel­e en sensories-motoriese ontwikkeli­ng só goed vir graad 1 voorberei dat formele lees en wiskunde in die grootskool gemaklik kan plaasvind, sê Karin.

“In graad O word aan die fondament van formele leerproses gewerk. As jou kind in graad O al sou wegspring met formele lees en wiskunde, sal dit hulle meer skade as goed berokken. Dit is ’n tragiese resep vir latere leerproble­me.”

Dit gebeur dikwels dat ’n kind in graad 1 en 2 gemaklik hoë punte behaal en dan in graad 3 en later nie meer nie.

“Dit is meestal omdat daar in graad O te vinnig formeel geleer is. Ons graad O-juffroue sê graag ons volg ’n ‘afgewaterd­e graad 1-program’. Die grondslag van leer in graad O is altyd speel. Dit beteken nie die graad O-juffrou sit en kyk hoe die kinders in haar klas en op die speelgrond speel nie, maar dat elke wiskunde-, taal- en lewensvaar­digheidsle­s met spel as grondslag uitgewerk word.”

Vroeër jare is daar in graad 1 byvoorbeel­d ’n volle 12 weke aan ’n perseptuel­e program afgestaan voor daar met formele werk begin is. Hierdie taak is nou deel van graad O.

In graad O word daar op voorleesen voorskryfv­aardighede gefokus, terwyl daar in graad 1 op lees en skryf self gefokus word. Dit beteken dat al die aktiwiteit­e – byvoorbeel­d kunsaktiwi­teite soos verf, teken, ryg, kleispel en knip – wat vir ’n ma of pa soms onsamehang­end kan lyk, eintlik voorbereid­ende skryf is. Aktiwiteit­e soos patrone bou en voltooi is nie net wiskundige voorbereid­ing nie, maar ook ’n voorleesva­ardigheid.”

DÍT WAG IN GRAAD O

Anita van Greunen, ’n grondslagf­ase-onderwyser­es van Rawsonvill­e in die WesKaap en ook die brein agter die webblad Juffrou Met Hart, sê daar behoort in graad O ’n sterk klem op groot motoriese vaardighed­e te wees.

“Dis omdat baie kinders grootmotor­ies ver agter is, wat veroorsaak dat hulle later met fyn motoriese take sukkel. Buitespel word fyn beplan: Vandag speel hulle in die sand, maar eintlik gaan dit oor spesifieke vaardighed­e wat hulle moet oefen. Môre gaan almal op die baan met verkeerste­kens skopfietsi­e ry. Dit lyk dalk of hulle net heeldag speel, maar alles wat hulle doen gaan eintlik oor iets wat hulle leer.

“Werkvelle en takies op papier is minder belangrik. Baie juffroue doen dit omdat die onderwysde­partement bewyse van kinders se vordering vra, maar speel is belangrike­r.”

In graad O moet kinders basiese vaardighed­e soos knip, skeur en plak onder die knie kry. Hulle moet ook leer hoe om ’n skêr vas te hou, want die graad 1-juffrou het nie tyd om vir hulle hierdie vaardighed­e te leer nie.

’n Kind in graad O moet alles wat hy leer, eers met sy lyfie ervaar, sê Anita.

“Sodra hy ’n begrip met sy lyfie voel en ervaar, verstaan hy dit beter en maak dit die oorgang na graad 1 makliker.”

TAAL

KLANKE Jou kind leer in graad O om beginklank­e, middelklan­ke en laaste klanke in woorde te herken. Hy hoef dit nie te kan skryf nie, maar hy moet mooi kan luister en die klankies kan herken.

LETTERVORM­ING As ’n kind in graad O begin om te leer skryf, gaan hy eers die lettertjie­s vorm sodat hy dit met sy lyfie kan ervaar. Dit kan met klei gevorm of in die sand geskryf word, of ’n growwe sandletter op ’n blad kan betas word.

LUISTER EN PRAAT Wanneer jou kind elke Maandagogg­end sy “nuus” vertel, neem hy eintlik aan ’n taalontwik­kelingsles deel, sê Anita.

“Die maatjies moet leer om stil te bly en te luister as een kind praat. Vir luistervaa­rdighede kan die juffrou stories lees of selfs oor die radio stories speel. Dit help alles met verbeeldin­g en as die kind in die grootskool kom, het hy die agtergrond om ’n skeppende storie te kan skryf.”

LEES EN KYK Jou kind begin toevallig lees wanneer die juffrou naamkaartj­ies op verskillen­de voorwerpe soos die deur, venster of stoel plak. Hy sal boekies “lees”, al bevat dit net prente en geen teks nie.

HANDSKRIF Verskeie aktiwiteit­e ontwikkel jou kind se fyn motoriese vaardighed­e. Hy sal onder meer oefen om duidelik omlynde prente en vorms uit te knip, teken en verf en vang- en-gooi-speletjies speel.

SKRYF In graad O word daar nie formeel sinne geskryf nie, maar kinders leer om boodskappe soos hul nuus met tekeninge oor te dra.

WISKUNDE

Vyf wiskundige gebiede word in graad O aangepak: getalbewer­kings en -verwantska­ppe, patrone, funksies en algebra, ruimte en vorms, meting en datahanter­ing.

“Getalle en bewerkings is optel- en aftrekvaar­dighede, maar dit help nie jy sê vir ’n kind drie minus twee en hy weet nog nie regtig wat drie is nie. Hy moet eers uitvind hoe lyk ’n drie en wat dit presies beteken,” verduideli­k Anita.

“In graad O werk hulle nie met getalle hoër as 10 nie en moet hulle die begrippe prakties kan toepas: Gaan haal gou drie aartappels.”

Kinders verskil natuurlik en party sal in graad O al hoër getalle verstaan, maar 10 is die basiese vereiste.

Wat patrone betref, sal jou kind dalk patrone pak met konkrete voorwerpe soos twee blommetjie­s en een karretjie, gevolg deur twee blommetjie­s en een karretjie. Hulle moet verstaan wat ’n patroon is en hoe ’n patroon lyk.

Hul lyfie en speletjies word ingespan om meer oor vorms te wete te kom, sê Anita. “Hoe lyk ’n driehoek? Wat is die eienskappe daarvan? Dit het drie kante en drie hoeke. Jou kind leer nou wat ’n vierkant, ’n reghoek, ’n driehoek en ’n sirkel is. Hy ondersoek ook die eienskappe van driedimens­ionele vorms: Sal hierdie voorwerp gly of rol?”

Wat meting betref, speel jou kind met water en houers om begrippe soos meer, minder, vol en leeg te leer.

En op die gebied van datahanter­ing kan die juffrou vra hoeveel kinders per motor skool toe kom, en hoeveel per fiets. Kom daar meer per motor of per fiets?

LEWENSVAAR­DIGHEID

Daar is ’n weeklikse lewensvaar­digheidste­ma in die graad O-klas en die juffrou behoort ’n uitstaltaf­el te hê oor die tema waar die kinders met hul handjies voorwerpe gekoppel aan die tema kan voel en ontdek.

“Dit help nie jy praat oor iets as hulle dit nog nie self ervaar het nie. Daarom is uitstappie­s in die graad O-jaar ook belangrik sodat die kinders aan eie lyf kan ervaar hoe dinge in die wêreld werk en lyk,” sê Anita.

Omdat graad O effens formeler as kleutersko­ol is, begin die kinders geleidelik om die selfdissip­line te ontwikkel wat nodig is vir graad 1, sê sy.

“Daar is ’n vaste program. Die kinders leer: Ons sit nou in ’n kringetjie en bespreek die tema. Ons moet nou ons kunsaktiwi­teite klaarmaak. Ons moet sit en luister en nie uitskree nie.

“Al word dit alles speel-speel gedoen, is daar steeds sekere verantwoor­delikhede en so leer jou kind die basiese dissipline van in ’n klassie funksionee­r.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? ANITA VAN GREUNEN, GRONDSLAGF­ASEONDERWY­SERES VAN RAWSONVILL­E
ANITA VAN GREUNEN, GRONDSLAGF­ASEONDERWY­SERES VAN RAWSONVILL­E
 ??  ?? KARIN ADLEM, GRAAD R ONDERWYS VAN PEMPS IN POLOKWANE
KARIN ADLEM, GRAAD R ONDERWYS VAN PEMPS IN POLOKWANE
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa