Baba & Kleuter

Oorgegee aan die kassie

Is jou kind ’n skermslaaf? Lees hier watter invloed dit op jou kind het.

- WAT? HOE?

Dit is darem baie gerieflik om gou die TV of tablet aan te skakel en die kinders ’n bietjie onder jou voete uit te kry terwyl jy kos maak. Jou kinders geniet dit en is stroopsoet – is dit dan regtig so sleg? Veral as jy hulle net opvoedkund­ige programme of speletjies laat kyk of speel?

Kinders tussen twee en vyf leer deur met die wêreld om hulle in aanraking te kom. Aktiewe tyd saam met jou, ’n maatjie of buite in die vars lug is die heel beste vir hul breinontwi­kkeling.

Daar is ook ’n regstreeks­e verband tussen die aantal ure voor die skerm en ongesonde eetpatrone en vetsug – dis al deur talle studies bewys. En het jy al gesien hoe ’n kind voor die kassie sitlê? In uiterste gevalle kan hulle selfs probleme met hul postuur of lae spiertonus opdoen.

Die hartseerst­e nadeel van skermtyd is egter dat dit jou kind kan beroof van sy natuurlike verwonderi­ng aan sy wêreld. Op televisie is alles ’n boeiende spektakel met klank en beeld wat sonder ophou stimuleer. Alles word so geredigeer dat net die opwindends­te oomblikke uitgesaai word. Wanneer dié fantasiewê­reld afgeskakel word, kan die regte wêreld maar bra saai voorkom.

Hou ’n bietjie die kleingoed by die volgende kinderpart­ytjie dop – baie van hulle word glad nie meer beïndruk deur ’n towenaar, nar of poppekas nie, want daardie vermaak kan nie kers vashou by ontploffin­gs en flitsende ligte op TV nie. Of moes jy ook al in die dieretuin hoor dat die uitstappie vervelig is, want die leeu lê dan net en wil nie jag soos op programme nie?

Kinders is groot na-apers en dis gevaarlik (in die ergste gevalle) as hulle animasieka­rakters se spronge wil naboots, kompleet met ’n kreet in ’n Amerikaans­e aksent daarby. En dis hartseer (in die minder ernstige gevalle) as hulle ontoereike­nd begin voel omdat hulle nie alles kan doen wat die kinders op televisie kan vermag nie. Op televisie is alles so maklik; enige probleem word binne die halfuurbes­tek van die program opgelos. As die regte wêreld maar net so gewerk het ...

Kinders kan ook glad nie onderskei tussen advertensi­es en programme nie, en jou kind is ’n sagte teiken wat geprogramm­eer word om dinge te wil hê waarvan sy dalk nie eens sou geweet het as sy dit nie op televisie of haar tablet gesien het nie.

En die laaste nadeel: Die slaappatro­on van kleuters wat te veel voor skerms deurbring word versteur.

WENKE VIR GESONDER GEWOONTES

HOEVEEL TYD? Babas onder 18 maande behoort glad nie enige skermtyd te geniet nie. Beperk skermtyd tot hoogstens ’n halfuur per dag vir ’n peuter en ’n uur per dag vir ’n ouer kleuter. Julle kan ook ’n reël maak dat julle glad nie soggens kyk nie, of glad nie naweke nie – wat ook al jul gesinsopse­t pas. Stel ’n goeie voorbeeld deur self minder te kyk. Maak seker almal wat na jou kinders omsien weet wat die reël is. Julle kan ook ’n reël maak dat daar nie skermtyd is wanneer maatjies kom kuier nie.

Hou by opvoedkund­ige programme of neem jou kind se gunsteling-programme op en kyk dit oor en oor. Kies veral programme wat jou kind se deelname vereis, soos dat sy moet saamsing of iets moet doen soos hande klap.

Probeer aktief kyk ... Kyk saam met jou kind en gesels oor wat julle sien. Vra jou kind uit oor hoe sy die storie interprete­er. As iets haar belangstel­ling geprikkel het – soos ’n dier, plek of kultuur – soek saam daarna in ’n boek, of teken agterna prentjies daarvan. Moet glad nie voor die televisie eet of dit as agtergrond­geraas inspan nie.

As jy streng in die voorskools­e jare is, sal jou kind elke dag meer ware leergeleen­thede hê en sal sy nie later op skermtyd staatmaak as haar hoofbron van vermaak nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa