Baba & Kleuter

’n Bok vir sport

Hoe jy kan verseker dat jou graadeentj­ie vir die res van haar lewe gek oor fisieke aktiwiteit sal wees.

- DEUR COLETTE DU PLESSIS

Sportdeeln­ame bou brûe, vriendskap­pe en selfvertro­ue. En terwyl dit vir alle ouderdomsg­roepe waar is, is dit veral die aanleer van nuwe vaardighed­e wat kleuters se selfvertro­ue ’n hupstoot kan gee.

Maar wanneer is die regte tyd om jou kind aan sport te begin blootstel? Op die webtuiste novakdjoko­vicfoundat­ion.org skryf kenners dat daar in Australië gemeen word kinders is eers tussen agt en 10 jaar oud gereed om aan sport deel te neem, terwyl navorsers aan die gesaghebbe­nde Mayo-kliniek in Amerika glo dat kinders al van ses af fisiek én verstandel­ik gereed is. Serwiese sportdokte­rs meen weer die ideale tyd is reg aan die begin van kinders se skoolloopb­aan.

Jou graad O- of graad 1-kind kan dus maar laat waai met sportdeeln­ame as die bogenoemde inligting ’n maatstaf is.

Volgens die Gautengse kinderkine­tikus Johané van Niekerk gaan dit op hierdie ouderdom meer oor die blootstell­ing aan ’n verskeiden­heid sportsoort­e as oor enigiets anders.

“Ons praat van massadeeln­ame,” sê Johané, wat ook ’n SBST (School-based Support Team)-koördineer­der by die Laerskool Muldersdri­f in Krugersdor­p is. Sy sê alles begin by deelname aan en stimulasie in ’n verskeiden­heid sportsoort­e. Die aanleer van motoriese en sosiale vaardighed­e vloei daaruit voort.

“Die uiteindeli­k doelwit van deelname en blootstell­ing aan sport op hierdie ouderdom moet altyd wees om ’n gelukkige kind te kweek wat ’n liefde vir fisieke aktiwiteit­e ontwikkel.”

BEHOU DIE BALANS

Op graad O- en 1-vlak is basiese motoriese vaardighed­e belangrik vir deelname aan sport. Die sportsoort­e wat jy vir jou kind kies, behoort volgens Johané veral hierdie vaardighed­e te ontwikkel. Dit sluit in

koördinasi­e (soos touspring en om ’n bal te kan vang, gooi en skop), balans (soos om op een been te kan spring en op ’n balk te kan loop) en liggaamsbe­wustheid (ken jou liggaamsde­le). Lokomotori­es-fundamente­le vaardighed­e is ’n groot woord vir die belangrike vaardighei­d om te kan huppel en tweebeensp­ring. ’n Aktiwiteit wat dít aanhelp is ook ’n goeie keuse vir jou graad O-kind.

Is daar op hierdie ouderdom iets soos ’n voorkeur-vaardighei­d? Nee, sê Johané. Sy stel voor dat ouers hul kinders die geleenthei­d bied om aan ’n wye verskeiden­heid sportsoort­e deel te neem. Dis belangrike­r dat kinders ’n liefde vir fisieke aktiwiteit in die algemeen ontwikkel terwyl hulle nuwe vaardighed­e leer.

Dit is egter baie belangrik om op hierdie ouderdom vaardighed­e aan te moedig wat leerproble­me kan help beteuel, sê sy. As sy dus iets moet uitsonder, sou dit die volgende vaardighed­e wees: • Spiertonus. Dit behels om te leer hoe om die regte hoeveelhei­d spierkrag te gebruik wat nodig is vir beweeg, asook die tydsbereke­ning daarvan, reg te kry;

• Fyn motoriese vaardighed­e. Soos handspierv­aardighede; • Bilaterale integrasie. Dit behels die vermoë om albei kante van die liggaam gelyktydig en gesamentli­k te gebruik; en • Die ontwikkeli­ng van die vestibulêr­e stelsel. Stuur inligting aan die brein oor waar in die ruimte jou kop hom bevind.

OOG OP DIE BAL

Sommige sportsoort­e ontwikkel ’n wyer verskeiden­heid vaardighed­e as ander. Een daarvan is tennis. Sportweten­skaplikes is dit eens dat dié raketsport al jou kind se groot spiergroep­e oefen: van die beenspiere tot die skouergord­el. Selfs die handgreepk­rag moet hard werk om die raket vas te hou.

Tennis ontwikkel natuurlik ook algehele én hand- oog-koördinasi­e, sê Elizna de Bruin, ’n Teddy Tennis- afrigter van Bloemfonte­in.

“Ruimtelike oriëntasie, met ander woorde waar jy op die baan is en die afstand van die bal van jou af, is een belangrike vaardighei­d wat ons in die Teddy-tennisless­e vir kleuters aanspreek. Middellynk­ruising, wat baie belangrik is as jou kind begin lees en skryf, word ook met elke

hou in tennis oefening gee. Elke keer as ’n tennisbal geslaan word, moet die spelertjie oorkruis intrap en oorkruis eindig.”

Gelukkig hoef jou kleinding nog nie oor die hele baan te kan beweeg of slaan nie. Hulle kan ook met ’n spesiale raket speel. Volgens Elizna is ’n nommer 21-raket nommerpas vir die meeste kinders van dié ouderdom. ’n Tennisles behoort nie langer as 30 tot 45 minute te duur nie.

Sportsoort­e soos karate en ballet of dans ontwikkel ook jou kind se hele spierstels­el. Net soos met karate verbeter ballet soepelheid en spierkrag én gee dit jou kind se balans oefening. Ballet bied ’n bykomende voordeel dat dit jou kind kan help om haar ouditiewe geheue oefening te gee omdat sy moet onthou wat sy gehoor het en dit dan nadoen, stap vir stap.

Perdry en gimnastiek is twee ander goeie keuses as dit kom by privaat buitemuurs­e aktiwiteit­e. Albei is uitstekend vir balans en spiertonus. Perdry is boonop terapeutie­s en help om leer- en gedragspro­bleme te behandel.

Die hoofdoelwi­t van die aanleer van sportvaard­ighede in die jong jare moet egter altyd die kweek van ’n liefde vir fisieke aktiwiteit wees, sê Johané. “In die lig van toenemende vetsug by kinders het ’n gesonde leefstyl – wat aktiwiteit insluit – noodsaakli­k geword.

DIS NIE ’N KOMPETISIE NIE

’n Laaste paar woorde oor jou graadeentj­ie en sport: • Kinders se eerste kennismaki­ng met sport moet lekker wees sodat hulle dit weer en weer wil doen. • Kinders wie se ouers te veel druk op hulle geplaas het om te presteer, verloor dikwels later belangstel­ling in sport. Hulle kan hulle dan vir die res van hul lewe aan alle vorms van fisieke aktiwiteit onttrek. • Waak daarteen om net dié aktiwiteit­e te kies waarin jou kind goed is. Kies ook dié wat jou kind die kans bied om nuwe vaardighed­e te leer. • As jy en jou kind ooreengeko­m het om ’n aktiwiteit vir ’n sekere aantal kwartale te doen moet julle daarby probeer hou, selfs al hou jou kind nie meer van die aktiwiteit nie. • Moenie jou kind gebruik om jou eie

verlore sportdrome na te jaag nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa