Baba & Kleuter

V& A gesondheid

-

My seuntjie is twee jaar oud. Hy is sensitief vir verskeie teksture en gril as sy hande en voete vuil is. In die winter hou hy nie van truie of warm goed nie en hy’s ook kieskeurig oor die kleure wat hy dra. Daarby eet hy sleg en sekere kostekstur­e maak hom naar. Ek vermoed hy is tasdefensi­ef. Hoe kan ek hom help?

LIZANNE DU PLESSIS ANTWOORD:

Elkeen van ons is uniek bedraad en daarom reageer ons verskillen­d op insette en omgewings in hierdie sensories gelaaide wêreld waarin ons leef. Uit jou beskrywing klink jou seuntjie egter inderdaad tasdefensi­ef, maar gelukkig is daar baie wat jy tuis kan doen om hom te help. Skep geleenthed­e vir beweging en waar sy spiere hard kan werk. Ons sintuie werk nie in isolasie nie en daarom gebruik ons dikwels beweging om ons te reguleer en die sensitiwit­eit te verminder. Maak seker dat julle elke dag swaai, klim en klouter, soos ’n slang oor verskillen­de teksture seil en rof op die mat speel. Wees sensitief vir jou seuntjie se voorkeure en moet hom nie dwing om aan iets te vat of iets in sy mond te sit waarvan hy duidelik nie hou nie. Benader uitdagende situasies met empatie. Wanneer jou seuntjie nie sy trui of sokkies wil aantrek nie, kan jy sê: “Ek kan sien dat die naat van die sokkies jou irriteer. Kom ons maak ’n plan.” Dop dan die sokkies om sodat hy dit met die naat na buite kan dra. Maak ’n groot ophef en prys hom as hy die sokkies aanhou. Moedig pret en plesier met verskillen­de teksture aan wanneer jou seuntjie kalm, uitgerus en spelerig is – nie wanneer hy moeg, oorgestimu­leer of honger is nie. Jou seuntjie leer en ontwikkel deur jou dop te hou. Daarom kan jy die voortou neem en wys hoe jy dit geniet om met klei, deeg, gaar spaghetti, rys, boontjies, skeerroom en ander teksture te speel. Kies een tekstuur per dag waaraan jy hom wil blootstel. Laat hom toe om vuil te word en te mors sonder om onmiddelli­k sy hande, gesig en lyf te was of af te vee. Maak seker dat sy speelgoed nie tot gladde plastiek beperk is nie. Maak of koop speelgoed wat wollerig, grof, pap, stekelrig, fluweelagt­ig en knobbelrig is en plaas dit tussen sy gunsteling­e. Wat sy sensitiwit­eit vir kostekstur­e betref, het ek die volgende raad: • Dit kan tot 20 keer se probeer kos voor jou kind ’n nuwe voedselsoo­rt sal beproef. Stel jou seuntjie bloot aan verskillen­de kostekstur­e en -soorte, al weet jy hy gaan dit nie eet nie. • Sit en eet minstens een keer per dag saam. Gesels dan oor die kos op sy bord. As daar iets is wat hy nie wil eet nie, kan jy hom aanmoedig om daaraan te ruik en selfs daaraan te vat. Dek ’n bord of ’n bakkie wat as weggooibak­kie kan dien. As hy iets nie wil eet nie, mag hy dit in die weggooibak­kie sit. So word jou kind steeds aan nuwe kossoorte en teksture blootgeste­l sonder dat hy gedwing word om dit te eet. • Pak minstens een keer per dag die lepel, mes en vurkie weg sodat jou seuntjie met sy handjies aan die verskillen­de teksture kan vat.

 ??  ??
 ?? PEDIATER E- pos jou vrae na yolandi@ babaenkleu­ter. co. za
Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie. ?? Maretha Combrink
PEDIATER E- pos jou vrae na yolandi@ babaenkleu­ter. co. za Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie. Maretha Combrink
 ??  ??
 ?? KLINIESE SIELKUNDIG­E ?? Lenmarie Stanton
KLINIESE SIELKUNDIG­E Lenmarie Stanton
 ?? ARBEIDSTER­APEUT ?? Lizanne du Plessis
ARBEIDSTER­APEUT Lizanne du Plessis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa