Baba & Kleuter

DIS HOE ONS VOORBEREI HET

-

As dokter het Chantelle ervaring van keisersneë. Sy het egter gehou van die idee van ’n sensitiewe keisersnee.

Daar is ’n praktyk in Bloemfonte­in wat dié diens bied. Dit behels dat ’n opgeleide suster jou in die hospitaal van jou keuse bystaan met die geboorte van jou baba.

“Ek het geweet dat dié opsie in die teater baie vir my man sou beteken. Die opgeleide vrou sorg ook dat jy ná die geboorte soveel moontlik velteen-vel-aanraking met jou baba het en dat baba se naelstring nie onmiddelli­k geknip word nie. “Die privaat hospitaal was heeltemal tevrede met my plan.” Magdalene hou ook van die idee dat jy met die geboorte ondersteun­ing kry.

“Elke liewe vroedvrou by die praktyk wat ek met my tweede swangerska­p gekies het, was ondersteun­end en kundig. Hulle het na my geluister en ’n pad saam met my gestap.

“Ek is vir die duur van my swangerska­p deur ’n vroedvrou ondersoek en gemonitor. Die plan was egter om in ’n hospitaal te kraam, aangesien ek die rugsteun van ’n ginekoloog met die kraamprose­s nodig gehad het.”

Vir Lindi en haar man, Gawie (33), het die voorgeboor­teklasse, wat deur ’n vroedvrou aangebied is, baie beteken.

“Ons het baie daar geleer; veral Gawie het baie daarby baat gevind. Ons het video’s van verskeie geboortes gekyk wat ons goed op die normale geboorte voorberei het.”

Lindi vertel hoe sy ter voorbereid­ing van die normale geboorte YouTube-video’s gekyk het en ook dit waarvan sy onseker was of wat haar gepla het, met haar ginekoloog bespreek het.

“My ginekoloog het al my vrae eerlik beantwoord, veral die ongemaklik­e vrae waaroor vroue nie graag praat nie.

“Dit het my gerusgeste­l en my gehelp om heeltemal voorbereid te wees,” vertel Lindi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa