Baba & Kleuter

OVULASIE 101

Dink jy en jou maat daaraan om met ’n gesin te begin? Dís hoe dit werk.

- DEUR YOLANDI JORDAAN

As julle beplan om een van die dae met ’n nuwe pienkvoet te spog, is dit ’n goeie idee om te weet presies wanneer jy elke maand ovuleer en hoe dit werk. Jy weet seker reeds dat ovulasie die tydperk is wanneer ’n volwasse eiersel uit die eierstok – waar dit saam met duisende ander eiersellet­jies woon – vrygestel word. Op omtrent dag 14 van jou menstruasi­esiklus beweeg die eiersel na die fallopiusb­uis. Die eiersel woon hier vir 12 tot 24 uur terwyl dit wag om deur ’n spermsel bevrug te word voor dit na die baarmoeder beweeg.

Intussen vervaardig jou liggaam ook ekstra estrogeen, wat veroorsaak dat die voering van die baarmoeder verdik om solank gereed te maak vir die bevrugte eiersellet­jie wat daar gaan vasheg. As bevrugting nie plaasgevin­d het nie, word die baarmoeder­voering en eiersel afgeskei wat jy as jou maandstond­e ken.

HOE WERK DIT?

• Jou menstruasi­esiklus begin teen die eerste dag van jou maandstond­e en eindig op die eerste dag van jou volgende maandstond­e. • ’n Menstruasi­esiklus kan tussen 28 en 32 dae duur en verskil van vrou tot vrou. Ovulasie vind gewoonlik 12 tot 16 dae voor jou volgende maandstond­e plaas. • Die gemiddelde vrou het ’n 28-dagmenstru­asiesiklus waarin ovulasie op dag 14 voor die volgende maandstond­e plaasvind. Volgens mayoclinic.org vind ovulasie in die vier dae voor of ná die middelpunt van jou menstruasi­esiklus plaas. Hou dus ’n maand of twee lank ’n menstruasi­ekalender om vas te stel wanneer presies jóú middelpunt of ovulasieda­g is. • Jy is op jou vrugbaarst­e op die dag van ovulasie, asook die dag daarvoor. Jou vrugbaarhe­id is egter ’n paar dae voor dié twee dae ook hoog. As jy en jou maat probeer swanger raak, moet julle dus in hierdie vrugbare tyd seks hê.

SO WEET JY JY OVULEER

• Net voor ovulasie behoort jy ’n nat, dik en glibberige afskeiding te sien. Dit duur voort tot jy klaar geovuleer het. • Jy kan ook jou liggaamste­mperatuur dophou. Neem jou temperatuu­r met ’n termometer terwyl jy rus of onaktief is, soos net voor jy in die oggend uit die bed klim. ’n Verhoging in liggaamste­mperatuur beteken jy ovuleer. • Jou libido kan ook klim terwyl jy ovu-leer, maar dis nie vir alle vroue waar nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa