Baba & Kleuter

Wees VEILIG swanger

Volg ons gids oor wat veilig is tydens jou swangerska­p en wat nie.

- ANEL KIRSTEN DIEETKUNDI­GE, PAARL

ALKOHOL

Alkohol hou niks goeds vir jou ongebore baba in nie. Die gevolge van alkoholmis­bruik sluit in ’n moontlike miskraam, fetale alkohol-sindroom, fisieke afwykings, lae geboortege­wig, hiperaktiw­iteit en latere aandaggebr­ek. Die tydperk met die hoogste risiko is die vroegste stadium van die swangerska­p wanneer jou baba se organe gevorm word.

Party vroue is meer kwesbaar vir die skade van alkohol as ander en daarom is daar nie iets soos ’n veilige perk nie, sê Anel Kirsten, ’n dieetkundi­ge van die Paarl in die Wes-Kaap.

“Vermy alkohol dus heeltemal terwyl jy swanger is. Die vorige riglyn, dat swanger vroue hulle tot een of twee eenhede alkohol een of twee keer per week mag beperk, geld nie meer nie.”

AROMATERAP­IE

Sommige olies is nie veilig nie; sorg dus altyd dat jy van ’n gekwalifis­eerde aromaterap­eut gebruik maak. Veilige olies sluit in laventel-, kamille-, gemmer-, rooshout-, sandelhout- en Australies­e teeboomoli­e. Gebruik die volgende met omsigtighe­id: bergamot-, lemoenblom-, sitrus- (hulle maak jou vel baie sonsensiti­ef) en malvaolie. Essensiële olies is gekonsentr­eerd en moet voor gebruik met ’n draerolie verdun word.

ASPIRIEN

Aspirien moet vermy word tensy anders deur jou verloskund­ige voorgeskry­f.

KAFEÏEN

Kundiges se mening hieroor verskil. Dis omdat daar nog nie baie navorsing oor die saak gedoen is nie, sê Anel.

“Hou in gedagte dat kafeïen ’n stimulant met ’n ontwateren­de uitwerking is. Dit verhoog die hoeveelhei­d urien wat geprodusee­r word. Dit kan weer jou bloeddruk laat styg en jou harttempo laat versnel, wat nie gesond is nie.”

Anel waarsku ook dat kafeïen deur die plasenta dring en dat die uitwerking daarvan op jou ongebore baba tot dusver onduidelik is.

“Daar is sprake dat kafeïen jou ongebore baba se slaappatro­on kan ondermyn.”

Tydens swangerska­p is baie vroue meer sensitief as gewoonlik vir kafeïen omdat dit die liggaam langer kos om daarvan ontslae te raak, sê Anel. Ons reageer ook almal verskillen­d op kafeïen en party mense se lyf verwerk dit stadiger as ander.

“Jou baba se metabolism­e is nog onvolwasse en kan kafeïen nie noodwendig volledig metabolise­er nie.”

Die algemene gevoel is dus dat hoe minder kafeïen jy inneem terwyl jy swanger is, hoe beter.

“Die mees algemene aanbevelin­g is dat jy minder as 200 mg kafeïen per dag inkry. Dis sowat 360 ml koffie. Party mense meen 150 mg is te veel en stel die perk op 300 mg. Dis egter veiliger om kafeïen te vermy tot daar meer navorsing beskikbaar is.”

Onthou kafeïen kom ook in koeldrank, tee, sjokolade en sommige medisynes voor.

“Die gevaar is dus dat jy onbewustel­ik sommer gou jou daaglikse toegelate hoeveelhei­d oorskry,” waarsku Anel.

AKNEEBEHAN­DELING

Hormoonver­anderings kan jou vel van pure gesondheid laat gloei, maar ongelukkig kan die teenoorges­telde ook waar wees. Baie swanger vroue voel soos tieners met ’n gesig vol puisies en knoppies.

Baie mondelikse akneebehan­delings bevat retinoësuu­r, wat geboorteaf­wykings en ’n verhoogde risiko vir miskraam as newe- effekte het. Aansmeerbe­handelings wat die middel tretinoïen bevat, is ook nie veilig tydens swangerska­p nie.

STAMP EN STRUIKEL

Voor 12 of 14 weke beskerm die bekken die swangerska­p. As jy dan val of teen iets stamp, behoort dit geen probleme te veroorsaak nie, tensy jy in ’n ernstige ongeluk betrokke is. Daarna word die baba goed beskerm deur die vrugsak vol vloeistof, maar as jy ’n direkte slag teen die baarmoeder opdoen, moet jy maar jou dokter raadpleeg.

TANDARTSBE­SOEKE

Tandheelku­ndige prosedures is geen probleem nie mits ’n loodvoorsk­oot gebruik word wanneer x-straalfoto’s geneem word. Narkose moet waar moontlik vermy word.

VIS

Vis is ’n uitstekend­e bron van proteïen en bevat vitamiene, noodsaakli­ke omegas en minerale. Sommige soorte vis soos salm en

diepseetun­a bevat wel kwik, wat die fetus se ontwikkele­nde senustelse­l kan beïnvloed. Moenie meer as een tuna-steak of twee blikkies tuna per week eet nie. Rou of halfgaar seekos en skulpvis kan skadelike virusse en bakterieë bevat waarvoor swanger vroue en hul ongebore baba besonder sensitief is. Vermy dit eerder. ANTIBIOTIK­A

Penisillie­n en sefalospor­ien is veilig vir gebruik indien absoluut noodsaakli­k. Dikwels is ’n ernstige infeksie gevaarlike­r as die antibiotik­um self. Die meeste medikasies moet in die eerste trimester vermy word. Tetrasikli­en en kinoloon moet vermy word. SUIWELPROD­UKTE

Bokmelk en bokmelkkaa­s is ongepasteu­riseerde melkproduk­te en daar is dus ’n verhoogde risiko van blootstell­ing aan die bakterieë Salmonella en Listeria, wat tot voedselver­giftiging kan lei. Die kase (gepasteuri­seer of nie) wat die grootste gevaar van Listeria inhou, is sagte kase soos brie, camembert en bloukaas.

“Hou liewer by die harde kase soos cheddar en gouda,” is Anel se raad. WASBEHANDE­LINGS

’n Haarverwyd­erende wasbehande­ling is nie gevaarlik nie, maar omdat jou bloedvloei verhoog wanneer jy swanger is en jou vel meer sensitief is, kan jy dalk effense bloeding en meer pyn ervaar as waaraan jy gewoond is. VITAMIENE

In ’n ideale wêreld sou ’n gebalansee­rde dieet al jou én baba se voedingsbe­hoeftes bevredig het. Maar ’n vitamien- enmineraal-aanvulling sorg dat jy al die regte voedingsto­wwe inkry.

Drink ’n spesiale multivitam­ien vir swangerska­p wat verkieslik deur jou dokter voorgeskry­f moet word.

“Ek beveel dikwels aan dat swanger vroue hul aanvulling saans net voor slaaptyd drink om die gevaar van naarheid te vermy,” sê Anel.

Sy sê jy het genoeg foliensuur tydens jou swangerska­p nodig, veral in die eerste 12 weke, omdat dit help om neuraalbui­s-afwykings te voorkom.

“’n Omega 3-vetsuuraan­vulling is noodsaakli­k vir brein- en oogontwikk­eling. Selfs al eet jy ’n goed gebalansee­rde dieet, kan jy nie waarborg dat jy genoeg daarvan inkry vir jou én jou ontwikkele­nde baba nie.”

’n Vitamien D-aanvulling speel ook ’n belangrike rol in die skeletontw­ikkeling, algemene groei en ontwikkeli­ng van die fetus. Dit kan jou baba help beskerm teen siektes soos diabetes, hartsiekte­s, immuunsiek­tes en seker soorte kanker.

“Vermy enige aanvulling­s wat retinol, die dierlike vorm van vitamien A, bevat. Dit kan in groot hoeveelhed­e giftig vir ongebore babas wees. Die plantgebas­eerde karoteenti­pe vitamien A is egter veilig in swangerska­p,” sê Anel.

DIEETKOELD­RANKE EN VERSOETERS

Matige gebruik is normaalweg in orde. Die uitwerking van kunsmatige versoeters en dieetkoeld­rank op swanger vroue en die ontwikkele­nde fetus is egter nog nie finaal uitgeklaar nie; vermy dit liefs dus terwyl jy swanger is.

SONSKERMS EN SONBRUINSP­ROEI

Dis alles veilig en word bo blootstell­ing aan die son aanbeveel.

GRIEPINSPU­ITING

Die griepinspu­iting word van ’n onaktiewe virus berei en daar is geen bewys dat dit skadelik vir ongebore babas is nie. Dit word vir swanger vroue aanbeveel om hulle te beskerm. As jy egter in een van die risikogroe­pe val – as jy asma of nierproble­me het – moet jy eers jou dokter raadpleeg.

Varkgriep kan egter gevaarlik wees vir swanger vroue en as jy begin siek voel, moet jy dadelik dokter toe gaan sodat jy so gou as moontlik die teenvirusm­iddel Tamiflu kan begin drink. Tamiflu word meestal slegs gebruik wanneer jy simptome het en behandelin­g moet verkieslik binne twee dae van die aanvang van jou simptome af begin.

MALARIAGEB­IEDE

Besoeke aan plekke waar malaria voorkom, word glad nie aanbeveel nie. Weens jou hoër liggaamste­mperatuur sal jy heel waarskynli­k gebyt word. Die malariapar­asiet tas die lewer aan en veroorsaak groot probleme. As jy noodgedwon­ge in ’n malariageb­ied is moet jy onder ’n muskietnet slaap, muskietwee­rders gebruik en ná donker binnenshui­s bly.

HOËHAKSKOE­NE

Hoewel hoëhakskoe­ne self geen enorme risiko inhou nie, moet jy in gedagte hou dat jou swaartekra­gpunt skuif wanneer jy swanger is. Die ekstra gewig kan jou ook van balans bring en meer druk op jou onderrug en hakke plaas. Verruil dus maar die hakke vir plat skoene.

OPTEL VAN SWAAR GOED

Dit is nog in die eerste trimester aanvaarbaa­r, maar daarna is enige vooroorbuk­kery en die optel van swaar goed taboe. Dit plaas ekstra druk op die lumbale werwels in die onderrug, wat jou meer kwesbaar vir laerugpyn sal maak. As jy iets swaars móét optel, hou jou rug reguit, buig jou knieë en hou die voorwerp so na as moontlik aan jou om ekstra druk op die onderrug te verminder.

MASSERING

Volgens die Suid-Afrikaanse Masseerter­apievereni­ging kan jy in die eerste trimester op jou rug lê tensy dit ongemaklik is. Of jy nou regop sit of lê, jou buik moet altyd goed ondersteun word. Die terapeut moenie hard druk, diep masseer of perkussie-bewegings uitvoer nie. Net ligte streelbewe­gings moet ingespan word. Raadpleeg altyd eers jou dokter of ginekoloog.

Vermy die binnekant van die enkel want daar is ’n reflekspun­t wat kontraksie­s van die baarmoeder aanmoedig. Maak seker jou terapeut weet watter essensiële olies veilig vir swanger vroue is. Party olies kan skadelik vir die fetus wees of die geboorte vervroeg.

HAARKLEURS­EL EN -KARTELINGS

Daar is min haarkleurs­els en behandelin­gs vir permanente golwe wat skadelike stowwe bevat wat deur die vel geabsorbee­r word en in die bloedstroo­m beland. Soms sal haargolwin­g nie werk as jy swanger is nie.

TWEEDEHAND­SE SIGARETROO­K

Sowat 75 persent van die nikotien van sigarette beland in die lug, waarsku die geboorte-opvoeder Tina Otte.

“Die deeltjies in sekondêre rook is kleiner as die rook wat rokers inasem, dring daarom dieper in die longe in en bly ook langer daar. Minstens 30 van die sowat 4 000 verbinding­s in tabakrook is berug daarvoor dat hulle genetiese skade aanrig. Nikotien verhinder die opname van kalsium, vitamien C en ander vitamiene en minerale wat noodsaakli­k is vir die ontwikkeli­ng van die fetus.

“Koolsuurga­s ontneem die plasenta van suurstof en nikotien dring deur die plasenta, beland in die baba se bloedstroo­m en laat sy bloeddruk styg en hart vinniger klop. Vermy dus rokerige plekke en sekondêre sigaretroo­k.”

MAAGKRULLE

Van die vierde maand af begin die twee helftes van jou buikspier skei namate jou buik in omvang toeneem. Wanneer dit gebeur, is dit glad nie wys om maagkrulle of soortgelyk­e oefeninge aan te pak nie.

Doen eerder bekkenkant­elings of strek soos ’n kat. Dit is net so doeltreffe­nd en goed vir jou as jy dit reg uitvoer, sê Tina.

SITPLEKGOR­DEL

Jy behoort altyd ter wille van jou eie veiligheid ’n sitplekgor­del te dra, maar namate jou swangerska­p vorder sal dit ál moeiliker word om vas te gespe. Maak die gordel oor jou heupe en onder jou boep vas eerder as oor die middel.

VASTEFIETS- OEFENING

As jy voor jou swangerska­p vastefiets­oefening ( spinning) gedoen het, sal dit gedurende jou swangerska­p geen skade aanrig nie. In navorsing is trouens gewys dat vroue wat daarmee volhou, makliker kraam. Die gewone veiligheid­smaatreëls vir oefening tydens swangerska­p is egter steeds van toepassing. Drink baie water voor die klas en elke vier of vyf minute terwyl jy oefen. Hou jou hartklop binne die veiligheid­sgrens. Moet dus nie naelloopri­tte doen of op die fiets staan of spring sodat jou hartklop te vinnig styg nie.

STRES

Stres veroorsaak ’n veg-of-vlug-reaksie in jou liggaam en jy skei baie van die streshormo­on kortisol af. Chroniese stres beteken dat jou kortisolvl­ak hoog bly, sê Anel. Dit kan oor die plasenta beweeg en is nie goed vir jou baba nie.

Navorsing op hierdie gebied is nog baie nuut en daar moet nog meer studies gedoen word oor die invloed van stres op die fetus.

TENNIS EN MUURBAL

In die meeste gevalle kan jy tot in die derde trimester tennis speel. Hou op as jy gewrigspyn kry of vreemd of van balans

af voel. Dieselfde geld muurbal. Omdat jy gedurig beweeg, is die eintlike risiko dat jy jou bekken en kniegewrig­te kan beseer omdat dit slapper is. Tina Otte beveel nietemin aan dat jy nie aan muurbalwed­stryde deelneem nie.

SONARS

Navorsing toon dat sonars geen gevaar vir ma of fetus inhou nie.

PETROLDAMP­E, INSEKDODER­S EN HAARSPROEI

Petroldamp­e is nie so skadelik nie want jy word in oop gebiede daaraan blootgeste­l. Insekdoder­s kan deur die vel geabsorbee­r word en moet daarom met groot sorg hanteer of vermy word. Haarsproei is veilig.

MEDIKASIE

As jy voor jou swangerska­p middels vir asma, depressie, epilepsie of ander toestande gebruik het, sal jy waarskynli­k daarmee moet aanhou. Praat met jou arts daaroor omdat dosisse dalk aangepas moet word.

WARM BAD

Hou die temperatuu­r by 37 grade C. Dokters waarsku teen oorverhitt­ing, ontwaterin­g en die feit dat jou vinniger hartklop bloedvloei na die fetus kan strem. Saunas en stoombadde­ns is beslis taboe.

VLIEG

Die eerste en tweede trimester is die veiligste vliegtyd. Raadpleeg jou dokter as jy ’n hoërisiko-swangerska­p het en hoor by die lugdiens wat hul beleid oor swanger passasiers is.

KRUIE

Kruie vir kook wat spaarsamig geëet word, hou geen gevaar in nie. Jy moet egter ’n geregistre­erde kruiedokte­r raadpleeg as dit kom by medisinale kruie. Baie swanger vroue verkies dit om chroniese probleme met kruiemedis­yne te behandel en dis belangrik om van ’n profession­ele persoon die groen lig te kry. Maak seker dat die persoon by die Gesondheid s beroep s raad van Suid-Afrika (HPCSA) geregistre­er is.

WERK

Volgens die Amerikaans­e kollege van verloskund­iges en ginekoloë kan party vroue tot met die geboorte werk, mits hulle nie komplikasi­es het nie. Verminder jou werktyd of hou heeltemal op as jou werk fisiek veeleisend is of vereis dat jy swaar goed optel en lank staan of stap. Hou ook vroeër op as jy ’n diabeet is of ’n niersiekte, rugproblem­e of hoë bloeddruk het. As jy aan gifstowwe, x- strale of masjinerie blootgeste­l word, praat met jou werkgewer oor alternatie­we take wat veilig vir swanger vroue is. Gesondheid­sorg werkers, radioloë en navorsers in ’n laboratori­um wat moontlik aan ioniserend­e bestraling blootgeste­l kan word, val in hierdie kategorie.

TEENSUURMI­DDELS

Hoewel die meeste teensuurmi­ddels veilig is, moet jy hoë dosisse vermy, sê die Johannesbu­rgse vroedvrou suster Burgie Ireland. Maak seker die middel wat jy neem, is veilig in die eerste trimester. Vermy medisyne wat die krampmidde­l disiklomie­n hidrochlor­ied bevat.

AËROBIESE OEFENINGE

As jy nie daaraan gewoond is nie, moet jy met lae-intensitei­t oefeninge onder die toesig van’ n gekwalifis­eerde swangerska­p s afrigter begin. Kry altyd toestemmin­g van jou dokter, veral as jy swangerska­p s probleme het. Jou hartklop verhoog tydens swangerska­p met sowat 10 slae per minuut. Werk dus teen ’n matige pas – 140 slae per minuut word as veilig beskou. As jy ná 32 weke jou arms bo jou kop lig, kan jy meer uitasem raak. Strek liefs jou arms skouerhoog­te na die kante toe om beter te kan asemhaal. Drink genoeg water.

GEWIGTE

Jy kan met gewigte oefen as jy dit reeds voor jou swangerska­p gedoen het. Moenie eers daarmee begin wanneer jy swanger is nie. Vermy dit in die tweede trimester om gewigte met jou bene te lig omdat dit druk op die bekken kan verhoog. Gebruik net ligte gewigte en oefen altyd onder toesig.

LANK STAAN

Dit is glad nie ’n goeie plan nie omdat dit bloed in die verste punte van die ledemate laat opdam, wat die gevaar van swelling en spatare verhoog.

INSEKWEERD­ERS

Lees altyd die etikette en vermy produkte wat DEET of M-DET bevat aangesien sommige mense sensitief daarvoor is en sleg daarop kan reageer. ●

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa