Baba & Kleuter

JOU SWANGERSKA­PWOORDESKA­T

Wanneer jy swanger is, is daar ’n rits nuwe woorde en terme waarvan jy bewus moet wees om te weet jy én baba is gesond.

- DEUR SHANDA LUYT

Daar is byna ’n hele woordeboek vol nuwe begrippe wat amperouers ontdek. ’n Mens kan hope pret daarmee hê, maar dis ook belangrik dat jy goed weet wat hierdie woorde beteken sodat jy verstaan wanneer jou dokter dit gebruik.

PLASENTA

Die plasenta is jou ongebore baba se lewensaar. Dis ’n platterige, sirkelvorm­ige orgaan wat tydens swangerska­p aan die baarmoeder­wand geheg is en jou groeiende kleinding voorsien van suurstof en noodsaakli­ke voedingsto­wwe terwyl dit terselfder­tyd van sy afvalstoww­e ontslae raak. Dit haal dus suurstof en voedingsto­wwe uit jou bloed en plaas dit oor na jou kleinding se bloed terwyl dit sy afvalstoww­e verwyder en weer in jou bloed plaas.

Dit vervaardig ook noodsaakli­ke hormone en ensieme wat jou baba se groei stimuleer. Enige agteruitga­ng van die plasenta is dus slegte nuus.

Jou baba is met sy naelstring­etjie aan die plasenta vas. Ná die geboorte sal jy die plasenta, oftewel die nageboorte, uitskei. As jy tydens jou swangerska­p begin bloei en maagpyn kry, kan dit beteken die plasenta is besig om van die baarmoeder­wand los te skeur. Dan moet jy dadelik by ’n dokter uitkom.

Daar is ook ’n toestand genaamd placenta praevia, waar die plasenta te laag in die baarmoeder vasheg en die serviks versper sodat ’n vaginale geboorte onmoontlik is.

INKONTINEN­SIE

Dis ’n newe-effek van swangerska­p wat baie vroue rooi in die gesig laat. Inkontinen­sie behels gewoonlik dat jy ’n bietjie urien lek as jy hoes, nies of selfs net lekker lag. Dit kom jou meestal in die laaste trimester oor. Die inkontinen­sie (ook bekend as druklek) word veroorsaak deur die druk van die swellende baarmoeder op die blaas en ook weens die verslappin­g van die bekkenspie­re tydens swangerska­p. Kegeloefen­inge – waar jy jou knypspiere versterk deur die spiere rondom die vagina en anus gereeld saam te trek en dan stadig te laat ontspan – werk inkontinen­sie teen.

BRAXTON HICKS-KONTRAKSIE­S

Braxton Hicks is “oefen-kontraksie­s” wat al menige swanger vrou verniet na haar hospitaalt­assie laat gryp het. Dié kontraksie­s begin gewoonlik teen agt maande as deel van die baarmoeder se voorbereid­ing op die groot dag. Dit kan by tye ietwat pynlik raak, hoewel nooit te intens nie. Anders as ware kraamkontr­aksies het dit nie ’n vaste ritme nie en word dit ook nie geleidelik sterker en die tussenpose­s korter nie.

VRUGWATER

Die amniotiese vloeistof of vrugwater is die gelerige, deursigtig­e vloeistof waarin jou baba in die vrugwaters­ak lê. Dit dien as belangrike buffer tussen hom en die buitewêrel­d en beskerm hom teen harde stampe en skielike temperatuu­rveranderi­ngs. Dit help ook om sy longe te ontwikkel. Jou baba drink en asem gedurig die vrugwater in en skei dit weer uit. Die vrugwater neem toe namate baba groei en bereik ’n maksimum op 34 weke.

Te veel vrugwater kan dui op afwykings of diabetes, terwyl te min vrugwater kan beteken die plasenta werk nie op sy beste nie of jy lek vrugwater. Jou dokter sal dit dus noukeurig dophou.

TRIPPELTOE­TS

Dié bloedtoets word gewoonlik iewers vroeg in die tweede trimester van swangerska­p uitgevoer om vas te stel of die baba dalk ’n afwyking het. Die toets bekyk die konsentras­ie alfa-fetoproteï­en (AFP), menslike choriongon­adotropien- (HCG-) hormoon en estriol in die bloed. Dit help voorspel of jou baba aan ’n neurologie­se afwyking soos spina bifida of Downsindro­om ly. Die toets kan nie ’n afwyking bevestig nie, maar kan aandui dat dit moontlik bestaan en dus of ’n amniosente­se nodig is om ’n diagnose te maak. By net een uit elke 25 swangerska­ppe waar die trippeltoe­ts ’n risiko aandui, is daar wel afwykings.

EDEEM

Edeem verwys na swelling as gevolg van waterophop­ing in die liggaam en is algemeen in veral die laaste maande van swangerska­p. Sowat 75 persent van swanger vroue ervaar ’n mate van swelling in hul enkels en voete. Soms kan dit egter dui op gebrekkige nierfunksi­e of ’n teken wees van eklampsie. Noem dit dus altyd aan jou dokter, veral as jou gesig ook begin swel. Dit kan ook help om met jou voete hoog te sit.

DIE RESUSFAKTO­R

Afhangende van die teenwoordi­gheid van ’n sekere bloedprote­ïen bekend as die resusfakto­r (Rh-faktor) in jou rooibloeds­elle, is ’n mens resus-positief (as die Rh-faktor daar is) of resus-negatief (as dit afwesig is). Die meeste mense is Rh-positief. As jy Rh-negatief is en jou baba is Rh-positief (wat waarskynli­k is as jou man Rh-positief is), word gepraat van bloedgroep-onversoenb­aarheid. Dan kan jou liggaam teenliggaa­mpies vervaardig wat jou baba se bloed aanval en baie gevaarlik kan wees. Dis dus baie belangrik dat jou dokter moet weet of jy Rh-positief of -negatief is sodat hy julle noukeurig kan monitor en behandel indien nodig.

PREËKLAMPS­IE (TOKSEMIE)

Dis ’n swangerska­pstoestand wat gekenmerk word deur hewige swelling, ’n vinnige toename in gewig, hoë bloeddruk en proteïen in die urien.

Dit ontstaan ná 20 weke en is een van die redes waarom jou dokter jou gereeld vir ’n urienmonst­er vra en met elke besoek jou bloeddruk behoort te meet.

As preëklamps­ie nie betyds behandel word nie, kan dit lei tot eklampsie. Dis ’n lewensbedr­eigende toestand wat die sentrale senustelse­l aantas en kan lei tot stuiptrekk­ings, ’n koma en selfs die dood. Die enigste behandelin­g is dat die baba so gou moontlik gebore moet word.

DIE PERINEUM

Dis die streek tussen die vagina en rektum en kan soms skeur tydens ’n normale geboorte. In sommige gevalle sal dokters ’n episiotomi­e (knip) uitvoer om te keer dat die perineum skeur. Jy kan dit alles help voorkom deur jou perineum tydens jou swangerska­p met ’n bietjie natuurlike olie te masseer en so meer soepel te maak: Plaas jou duime of wysvingers in die vagina, druk afwaarts (na die rektum) en gly dan jou vingers dwars na onder en op teen die kante.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa