Baba & Kleuter

PLASENTA VERKALK

Wat beteken dit as jou plasenta verkalk en wat hou dit vir jou en baba in?

- DEUR DR. DOUW HOLDER, GINEKOLOOG EN VERLOSKUND­IGE

Die plasenta is ’n orgaan wat aan die binnekant van die baarmoeder vasgeheg is en is met die naelstring aan jou baba verbind is. Dis verantwoor­delik vir die uitruil van suurstof, voedingsto­wwe, teenliggam­e, hormone en afvalprodu­kte tussen jou en baba. Die optimale werking van die plasenta is dus noodsaakli­k vir die normale groei en ontwikkeli­ng van jou ongebore baba. Maar hoe gemaak as jou dokter sê jou plasenta verkalk?

WAT BETEKEN DIT?

Wanneer jou plasenta verkalk, beteken dit kalsiumfos­faatminera­le word in die plasentawe­efsel gedeponeer. Ná 37 weke swangerska­p is dit ’n normale verskynsel wat daarop dui dat die plasenta volwasse is.

In sowat 3,8 tot 23,7 persent van swangerska­ppe ontstaan dit egter voor 36 weke en is dit ’n aanduiding van vroeë verouderin­g en dat die plasenta siek is. Dit word meer algemeen by rokers as nie-rokers gesien, en kan ook by passiewe rokers voorkom.

’n Ander maar seldsame soort verkalking wat selde gesien word, word villeu se verkalking genoem. Verkalking in die weefsel van die plasenta (villi) onstaan gewoonlik weens probleme soos trombose, infeksie deur die sitomegalo­virus, infarksie of doodgeboor­te.

TE VEEL KALSIUM?

Omdat verkalking ’n kalsiumnee­rslag in die plasenta behels, wonder baie mense of die toestand kan ontstaan as jy te veel kalsium inkry. Dis egter nie die geval nie.

Kalsium is ’n belangrike bestanddee­l van jou dieet en die meeste swangerska­paanvullin­gs bevat ekstra kalsium.

Jou liggaam het kalsium nodig vir beenen tandonderh­oud, senu- en spierwerki­ng en ’n normale hartklop.

Jou ongebore baba het ook kalsium nodig (sowat 30 g per dag), hoofsaakli­k vir beenontwik­keling in die laaste trimester.

Die daaglikse aanbevole hoeveelhei­d kalsium vir swanger of borsvoeden­de ma’s is 1 000 mg per dag vir vroue tussen 19 en 50 jaar oud. In ’n studie in Amerika is bevind dat tot amper 25 persent van vroue minder as 800 mg kalsium per dag inneem, wat te min is.

Te veel kalsium het aan die ander kant gewoonlik nie ’n invloed op jou ongebore baba nie, maar kan jou hardlywig maak of soms nierstene gee.

Die meeste koubare teensuurmi­ddels bevat baie kalsium en bied vinnige verligting vir sooibrand, maar oorgebruik daarvan kan veroorsaak dat jy te veel kalsium inkry. Vra jou dokter of apteker oor veilige alternatie­we as jy met sooibrand sukkel.

HOE WORD DIT GEDIAGNOSE­ER?

’n Transabdom­inale sonar van die plasenta is die enigste manier waarop verkalking voor die geboorte van jou baba gediagnose­er kan word. Dit word meestal tydens ’n roetine-skandering raakgesien.

Plasenta-verkalking word van lig tot erg geklassifi­seer en gediagnose­er. Hewige verkalking beteken gewoonlik dat die baba vroeër verlos moet word.

WATTER UITWERKING HET DIT OP MY BABA?

Verkalking ná 37 weke word as normaal beskou en is nie gewoonlik ’n rede om geboorte te induseer of ’n keisersnee te doen nie. Dit beteken meestal bloot dat die swangerska­p volwasse of postmatuur is.

Plasentave­rkalking voor 37 weke kan moontlik ’n risiko vir jou baba inhou. Dit kan dui op ’n komplikasi­e soos preëklamps­ie, swak groei en dat die plasenta nie na wense werk nie.

HOE WORD DIT BEHANDEL?

As jou plasenta voor 37 weke begin verkalk, behoort jou dokter jou gereeld te ondersoek. Jou ginekoloog sal let op jou bloeddruk, proteïen in die urien, groei van jou baba, naelstring-bloedvloei­patroon en jou vrugwater.

Abnormale bloedvloei­patrone in die naelstring kan betyds geïdentifi­seer word en lei gewoonlik daartoe dat baba vroeg verlos word ten einde komplikasi­es soos preëklamps­ie en selfs ’n doodgeboor­te te voorkom.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa