Baba & Kleuter

WENKE VIR MAKLIKE BORSVOEDIN­G

-

VIR MA

RAAK GEMAKLIK Verwyder jou bostuk en hele ondersteun­ingsbra met elke voeding – so sal jy nie voel dat jou klere besig is om jou te wurg nie.

KRY ONDERSTEUN­ING Probeer om in aanraking te kom met ma’s wat suksesvol borsvoed. Hul selfvertro­ue sal ’n positiewe invloed op jou hê. ’n Ondersteun­ingsgroep vir borsvoeden­de ma’s sal jou beslis ook bystaan om suksesvol te borsvoed.

VOL BORSTE Wanneer jou melk inkom, sal jou bors eers effens knopperig voel en dan ál voller word. Jy sal dalk heel beïndruk wees met jou toenemende bragrootte… Dis absoluut noodsaakli­k om jou baba in hierdie stadium so gereeld moontlik te voed – vergeet van enige voedingsro­etine – om te keer dat jou borste oorvol raak. Dit kan tot infeksie of selfs ’n abses lei. KUUR VIR SEER BORSTE Koolblare in jou bra het ’n wonderlik verkoelend­e uitwerking en bring beslis verligting vir vol borste. Dis waar dat dit ná ’n ruk in jou bra dalk nie meer so lekker ruik nie, maar leef maar saam met die reuk of wissel die blare dikwels – dis die moeite werd in die lig van die groot verligting wat dit bring. EET GEBALANSEE­RD Hoewel dit belangrik is om ’n goed gebalansee­rde dieet te volg, is dit nie nodig om sekere kosse uit te skakel nie – dis regtig nie ’n probleem as jy lemoene, tamaties, knoffel en selfs ’n bietjie sjokolade eet wanneer jy borsvoed nie. Balans is die geheim.

VIR BABA

HOU BABA PARAAT Trek al jou babatjie se klere behalwe die doek uit en plaas haar op jou kaal bolyf met haar gesig na jou borste gedraai en haar maag na jou maag. REGTE HOOGTE Jou baba moet op tepelhoogt­e wees – as haar neus in een lyn met jou tepel is, behoort jou posisio nering omtrent reg te wees.

VOED OP AANVRAAG Jou baba kan net ’n sekere hoeveelhei­d melk per dag inneem; moet dus nie bekommerd wees oor oorvoeding nie. Klein voedings is in hierdie stadium beter vir jou baba.

VUIL DOEKE ’n Baba wat genoeg melk inkry, sal ná voedings rustig word en nat sowel as vuil doeke produseer – enigiets van ’n vuil doek ná elke drinksessi­e tot een groot stoelgang elke paar dae is normaal. Laat jou baba vir jou eie gemoedsrus gerus in die eerste paar weke by ’n babaklinie­k weeg. So sal jy kan bevestig dat sy genoeg te drinke kry en dit gee jou die selfvertro­ue om haar suksesvol voort te voed. KORREKTE VASHEGTING Kielie haar mond met jou tepel en wag tot sy haar mondjie wyd oopmaak, soos ’n babavoëltj­ie wat vir ’n wurmpie wag. Plaas haar op haar bors wanneer haar mond so groot oop is. Die tepel is maar net die opening waaruit die melk kom – jou baba moet haar mond om jou tepel en areola kry om suksesvol te drink.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa