Baba & Kleuter

VOORBEHOED­ING EN MELKPRODUK­SIE

-

Ek borsvoed my baba van sewe maande en is van plan om so lank moontlik aan te hou. Ek wil egter nie nou weer swanger raak nie en het gehoor dat voorbehoed­ingpille melkproduk­sie kan onderdruk. Hoekom onderdruk dit melkproduk­sie? Wat kan ek gebruik?

LISANNE DU PLESSIS ANTWOORD: Verskeie gesinsbepl­anningsmet­odes is vir borsvoeden­de vroue beskikbaar. Party is natuurlik, party bevat geen hormone nie en ander bevat wel hormone. Dis ’n goeie plan om ’n profession­ele gesondheid­swerker se mening oor al die beskikbare metodes in te win. Jou spesifieke gesondheid­stoestand, omstandigh­ede en behoeftes moet dan in ag geneem word sodat sy ’n ingeligte besluit kan neem.

Eksklusiew­e borsvoedin­g vir die eerste ses maande van jou baba se lewe beskerm jou meestal teen ’n volgende swangerska­p. Dit word die laktasie-amenoree-metode (LAM) genoem. Dit is 98 persent veilig indien die baba slegs borsmelk en geen ander vloeistof of vaste kos ontvang nie, as jou menstruasi­e nog nie teruggekee­r het nie, as die baba jonger as ses maande is en as sy bedags minstens vieruurlik­s en snags minstens sesuurliks voed.

Volgehoue borsvoedin­g ná ses maande, wanneer baba vaste kos begin eet, kan ovulasie en menstruasi­e steeds onderdruk, maar is nie meer so doeltreffe­nd soos met eksklusiew­e borsvoedin­g in die eerste ses maande nie.

Volgehoue borsvoedin­g kan egter in kombinasie met van die ander gesinsbepl­anningsmet­odes gebruik word om ’n volgende swangerska­p te voorkom.

Kondome, diafragmas en ander toestelle kan gebruik word as jy ’n metode verkies wat nie hormone insluit nie. Dit bied beskerming van sowat 90 persent teen swangerska­p.

As jy hormoon-bevattende middels gebruik, beland daar klein hoeveelhed­e hormone in die borsmelk. Kundiges is dit egter eens dat progestien-bevattende pille versoenbaa­r is met borsvoedin­g. Studies het gevind dat die pil wat slegs progestien bevat, min of geen uitwerking op borsvoedin­g het nie. Daar word tans aanbeveel dat mense van ses tot agt weke ná geboorte met die progestien-bevattende pil kan wegspring. Mense wat nie tot dan wil wag nie, moet tot minstens drie dae ná die geboorte wag sodat die natuurlike verlaging van progestero­on kan plaasvind voor volwasse melk geprodusee­r word.

Langtermyn­studies het gewys kinders van vroue wat progestien-bevattende pille tydens borsvoedin­g gedrink het, geen skade van die pil oorgehou het nie en hul groei en seksuele ontwikkeli­ng tydens puberteit is nie beïnvloed nie.

Die pil wat estrogeen bevat word egter nie as die beste keuse vir borsvoeden­de vroue beskou nie omdat estrogeen melkproduk­sie en duurte van borsvoedin­g kan verlaag. Hoë estrogeenv­lakke tydens swangerska­p onderdruk borsmelkpr­oduksie. Net ná geboorte daal die estrogeenv­lak vinnig en word borsvoedin­g onderhou deur hormone wat prolaktien en oksitosien insluit. Dit word dus aanbeveel dat vroue wat die estrogeenb­evattende pil wil gebruik, wag totdat die baba minstens ses maande oud is en vaste kos begin eet voor hulle daarmee begin. Die nuwer soorte kombinasie­middels wat progestero­on en estrogeen bevat, bevat egter deesdae minder estrogeen as in die verlede en kan met veiligheid gebruik word vanaf ses tot agt weke ná geboorte.

Die metodes hierbo genoem kan gekombinee­r word met die LAM-metode vir beter beskerming teen ’n volgende swangerska­p.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa