Baba & Kleuter

HOE WORD KNOPE BEHANDEL?

-

Daar is baie menings oor die behandelin­g van frenums, sê die Pretoriase tandarts dr. Zana de Wet.

As die vergroeise­l so hewig is dat dit jou baba keer om normaal te funksionee­r, moet dit so vroeg moontlik behandel word.

As dit net ’n tande- of tandvleisp­robleem veroorsaak (lees onder meer hieroor), kan die behandelin­g wag tot al jou kind se permanente tande teen omtrent 12 jaar oud uitgekom het.

Een van die volgende behandelin­gstegnieke word gewoonlik ingespan, sê Zana: 1. ’N FRENOTOMIE ’n Snit word in die frenum gemaak sodat die tong of lip losser kan kom. Dis ’n blitsvinni­ge prosedure en help veral om borsvoedin­g makliker te maak. 2. ’N FRENEKTOMI­E Die frenum word in sy geheel verwyder. Bogenoemde prosedures kan op verskillen­de maniere plaasvind: 1. KONVENSION­ELE CHIRURGIES­E METODE Die frenektomi­e geskied onder narkose en die wond word met steke geheg. 2. LASERTEGNO­LOGIE Dis ’n vinnige en doeltreffe­nde metode wat nie steke nodig het nie omdat daar nie bloeding is nie.

3. ELEKTRO-KOUTERISAS­IE ’n Metaalstaf­ie wat met elektrisit­eit verhit word, word ingespan om deur die frenum te sny. Bloeding is ook min maar daar is ander moontlike komplikasi­es wat dit minder geskik as laser maak. Pasgebore babas ondergaan gewoonlik ’n laser-frenotomie, sê Zana.

’n Spesifieke sagteweefs­el-laser word gebruik om die frenum los te laat sodat die onmiddelli­ke borsvoedin­gsprobleem behandel kan word. Dit kan sommer in die eerste paar dae ná geboorte plaasvind. Slegs oppervlakv­erdowing is nodig en dit kan in die dokter se spreekkame­r gedoen word. Die baba kan onmiddelli­k ná die prosedure op die bors geplaas word om te voed.

Hierdie behandelin­g word deur opgeleide tandartse behartig of deur mond-en-kaak-chirurge.

“Frenums wat later gediagnose­er word, kan ook met laser behandel word. In sulke gevalle is ’n frenektomi­e gewoonlik aangewese,” sê Zana.

Vroeë behandelin­g vind net plaas as die frenum keer dat ’n baba normaal voed of as dit hom keer om normaal te praat. ●

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa