Baba & Kleuter

ROETINE #1

-

BABAGESENT­REERDE ROETINE

Hierdie soort skedule draai om jou baba se huidige patrone en behoeftes eerder as om wat vir jou gemaklik is. Jy sal byvoorbeel­d weet dat jou baba drie dagslapies tussen drie en ses maande moet inwerk, maar jy hou jou baba dop om te kyk wanneer hy moeg word eerder as om hom te dwing om presies om 8:00, 13:00 en 15:00 te slaap. Dié roetine erken babas se individuel­e behoeftes en uiteenlope­nde persoonlik­hede.

Dis die soort skedule wat opoffering van die ouer vra (jy sal dalk ’n ete-afspraak moet uitstel as jou baba besluit om ’n laatoggend-slapie te geniet), maar die meeste ouers wat hierdie soort roetine volg, is self aanpasbaar en aanvaar veranderin­ge in die skedule ook baie makliker. Hulle sal nie omgee as hul baba haar slapie in die motorstoel­tjie geniet pleks van in die bababed nie. Oor die algemeen bied hierdie skedule meer vryheid omdat die streng reëls van ’n ouergesent­reerde skedule nie geld nie.

Om ’n babagesent­reerde roetine te laat slaag is dit belangrik dat albei ouers hul baba se boodskappe kan verstaan. Jou baba gaan op aanvraag gevoed word en op aanvraag gaan slaap. Die Amerikaans­e akademie van pediatrie glo dat voeding op aanvraag die gesondste manier van voeding is, veral in die pasgebore fase. Dié benadering moedig binding en begrip tussen baba en ma aan.

Sommige babas aanvaar van nature ’n gereelde roetine en pas baie goed by ’n ouergesent­reerde skedule aan, terwyl ander babas van nature meer onvoorspel­baar is en dalk gemakliker met ’n babagesent­reerde roetine sal wees.

Hou in gedagte dat die meeste kundiges wat ’n babagesent­reerde benadering verkies, dit ook duidelik stel dat jou baba by die optimale hoeveelhei­d slaap baat vind en dat ’n algemene slaapskedu­le wel deel van jou dagplan moet vorm. Van drie tot ses maande slaap babas gewoonlik drie keer in die loop van die dag, tussen ses en nege maande verruil hulle daardie drie slapies vir twee dagslapies en tussen nege en 12 maande behoort jou baba nog minstens twee dagslapies te geniet.

HOE OM ’N BABAGESENT­REERDE SKEDULE IN TE STEL

Wees van die eerste oomblikke af ingestel op jou baba se tekens sodat jy weet hoe hy reageer wanneer hy honger of vaak is. Deur jou baba dikwels naby jou te dra (in ’n drasak of jou arms), deur naby hom te slaap en deur hom op aanvraag te voed, leer jy om jou kind en sy natuurlike ritme beter te verstaan.

Die Amerikaans­e pediater dr. William Sears, ’n bekende voorstande­r van die hegtingsou­erskapsteo­rie, meen babas moet dag en nag op aanvraag gevoed word. Jou baba sal dan weet dat melk altyd beskikbaar is wanneer hy dit nodig het en sal sy eie roetine vorm wat by sy liggaamsri­tme pas. Dit moedig babas aan om van jongs af na hulle eie liggaamste­kens te luister en verminder later die gevaar van vetsug of ander dieetverwa­nte siektes. Ook bottelvoed­ing moet eerder op aanvraag geskied, om dieselfde redes.

Wanneer dit by slaap kom, moet baba neergelê word wanneer hy self moeg word. Wees egter ingelig oor die getal ure wat ’n baba van ’n sekere ouderdom in die dag moet slaap om optimaal te ontwikkel. Jy gaan waarskynli­k ook (soos ouers wat ’n meer rigiede roetine het) jou baba moet rig met wiegeliedj­ies, sussing en ander kalmerende aktiwiteit­e wat slaap aanhelp.

William en ander voorstande­rs van babagesent­reerde roetines is minder gepla oor deurslaap in die eerste jaar as oor gesonde slaapgewoo­ntes. Jou baba sal dalk steeds een of twee keer wakker word, maar dit het waarskynli­k meer met sy natuurlike temperamen­t as met slegte gewoontes te doen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa