Baba & Kleuter

ROETINE #2

-

OUERGESENT­REERDE ROETINES

Hierdie soort roetine is meer rigied en konsekwent en help om jou baba se interne horlosie te reguleer. Jy bied die struktuur en jou baba val daarby in. Aanhangers sê babas weet wat om te verwag en dit help hulle om veilig te voel. Hulle slaap ook gewoonlik vinniger deur.

Ouergesent­reerde kundiges meen ook voeding op aanvraag veroorsaak dat onervare ouers heeltyd kos as troos aanbied eerder as om ander redes vir hul baba se gehuil te ondersoek.

Dié soort skedule help ouers om te weet presies wat hul baba nodig het deur net na die horlosie te kyk. Dit verseker ook dat jou baba genoeg slaap en genoeg te ete kry. Dit kan egter moeilik wees om by die streng roetine te hou wanneer jy reeds ouer kinders het en ouers bly soms liewer tuis om hul kinders in die bed te laat slaap as dat hulle iets bywoon wat vir slaaptyd geskedulee­r is.

Nog ’n probleem is dat babas wie se roetine skielik versteur word (deur iets soos ’n familievak­ansie of swaar verkeer) baie moeiliker daarby aanpas. Wees ook versigtig dat jou rigiede roetine nie jou instink vir jou baba se behoeftes oorheers nie. Hy is dalk siek of beleef ’n groeiversn­elling en dan moet jy die roetine verslap of verander om by jou baba se nuwe behoeftes te pas.

HOE OM ’N OUERGESENT­REERDE ROETINE TE SKEP

Ouers word aangemoedi­g om hul roetine so gou moontlik in te stel, selfs kort ná die eerste paar weke tuis. Gina Ford se Contented Little Baby Book en Koester jou baba deur Megan Faure en Ann Richardson verskaf goeie stap-vir-stap-wenke. Gina gee voorbeelde van ouderdomsg­epaste skedules met ’n maksimum afwyking van 30 minute, omdat enige inkonsekwe­ntheid en onsekerhed­e jou baba se leerproses kan strem. Die belangriks­te is om nie van jou skedule af te wyk nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa