Baba & Kleuter

WENKE wat werk

Daar’s niks soos praktiese raad van ma’s wat al daar was én die T-hemp het nie!

- DEUR LIBBIE JOUBERT

“As jy onseker is of jou baba warm kry, voel aan die agterkant van haar nek en nie aan haar handjies of voetjies nie. ’n Goeie riglyn is om vir haar een lagie ekstra klere aan te trek as wat jy dra.” NEELTJIE GOUWS ( 29), KAAPSTAD “Sorg dat jou seuntjie se penis afwaarts wys wanneer jy ’n skoon doek aansit. Maak ook seker dat jy met elke doekruilin­g die penis oplig en onder die skrotum ook skoonmaak.” IRMA COETZER ( 31), BLOEMFONTE­IN “Sorg dat jou pasgeboren­e se voetjies byna aan die voetenent van sy wiegie raak sodat hy nie onder die komberse ingly nie.” TERTIA VAN DER MERWE ( 28), POLOKWANE “Kry alles voor badtyd gereed – skroef doppies af van badprodukt­e wat jy gaan gebruik, sit die handdoek reg en maak jou baba se klere oop sodat jy haar maklik kan aantrek.” GEMINA LOURENS ( 30), KAAPSTAD “Probeer jou bes om binne die eerste uur ná geboorte te borsvoed. Dit is wanneer jou baba se suigreflek­s die sterkste is.” INGE BOTHA ( 36), JOHANNESBU­RG “Maak jou baba van geboorte af daaraan gewoond om in geraas te slaap. Laat sy in haar drawiegie slaap waar jy saam met jou vriendin kuier of sit musiek op – veral in die dag. So nie gaan sy later vir elke geluidjie wakker skrik.” WILLEMIEN VENTER ( 30), BELLVILLE “Maak seker jou baba ken die verskil tussen dag en nag. Hou die kamer bedags ligter en nie doodstil nie. Verdof die ligte saans en praat met ’n kalm, sagte stemtoon as jou baba wakker word.” CHANTELLE LOUW ( 29), KLERKSDORP “Sorg dat jy weet hoe om jou nuwe baba se motorstoel­tjie korrek vas te maak. Jy wil nie op die hospitaal se parkeerter­rein daarmee sukkel wanneer julle met jul pasgeboren­e huis toe gaan nie.” NICOLE MULLER ( 27), DURBAN “Sit jou baba gereeld vir klein rukkies op sy magie neer. Jou baba se bewegings sal mettertyd meer georganise­erd en minder rukkerig word en sy nekkie sterker.” BRENDA PIETERSE ( 32), JOHANNESBU­RG “Dit is nie nodig om ’n pasgeboren­e te bad nie. Jy kan jou nuwe baba gerus vir die eerste paar weke net ’n bo- en- onder- bad gee. Gebruik net afsonderli­ke waslappe vir die gesiggie en die res van die liggaam.” ADÉLE DU TOIT ( 35), KRUGERSDOR­P “Reinig pie en naeltjie jou nuwe met baba elke se doekruilin­g naelstring­stom- met ontsmettin­gsalkohol. Die stompie moet nooit vrylik bloei nie en laat jou dokter weet as jy etter opmerk.” RENÉ COMBRINK ( 28), PORT ELIZABETH “Hou met borsvoedin­g liewer jou baba as die horlosie dop. Voed jou baba op aanvraag, dus wanneer hy daarom vra.” CHANÉ DU PLESSIS ( 31), CENTURION “Melk laataand uit nadat jou pasgeboren­e gaan slaap het. Jou maat kan jou dan bystaan deur snags daardie borsmelk vir baba te gee. Dis goed vir binding tussen pa en kleinding.” CHRISTELLE VAN NIEKERK ( 26), BOKSBURG “Laat jou baba elke dag vir ’n kort rukkie sonder haar doek lê sodat haar boudjies ’n bietjie lug kry. Sit ’n handdoek onder haar boudjies ingeval sy ’n glipsie het. Vars lug maak dit vir bakterieë en swamme moeiliker om te groei.” THERÉSE MYBURG ( 33), EMALAHLENI “My pasgebore baba was nie baie gelukkig om ná geboorte in haar nuwe omgewing te wees nie. Dit het ons albei goed gedoen om vel-teen-vel saam in die bed te lê sonder enige versteurin­gs. Sy én ek was daarna rustig.” LEANNE VAN DEN BERG ( 31), PRETORIA ●

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa