Baba & Kleuter

EK’S RAADOP!

-

SY BLY UIT DIE KOT KLIM

Bly ferm en neem haar keer op keer terug kot toe – geen uitsonderi­ngs nie. Jy kan by haar in die kamer sit en wasgoed opvou of vir haar ’n storie lees tot sy aan die slaap raak. Hou dadelik op met lees as sy uitklim en sit haar ferm terug. En skuif die stoel waarop jy sit geleidelik verder van die kot af tot jy later buite in die gang is. So leer sy om sonder jou aan die slaap te raak.

SY’S MOEG, MAAR SKOP VAS

Onthou dat jou kind se slaapbehoe­ftes kan wissel na gelang van groeiversn­ellings of haar daaglikse aktiwiteit­e. Probeer dus haar gedrag lees sodat jy haar in die bed sit voor sy oormoeg is. Tekens dat jou peutertjie moeg is, sluit in dat sy lomper as gewoonlik voorkom, meer tyd nodig het om take te voltooi, of huilerig en prikkelbaa­r raak.

As sy vroeër in die oggend geslaap het maar die middag vasskop teen haar slapie, kan jy haar aanmoedig om liewer ’n rustige tyd te geniet. Sy hoef nie te slaap nie, maar moet net rustig boekies lees of na musiek luister. As sy dan aan die slaap raak, sal jy slaaptyd die aand ’n bietjie later moet maak, maar as sy nie weer slaap nie, kan jy slaaptyd tot so sesuur vervroeg sodat sy nie so lank aanmekaar hoef wakker te wees nie.

SY WIL NIE ALLEEN WEES NIE

Soms is dit bloot manipulasi­e, maar dit kan ook wees dat jou peutertjie skeidingsa­ngs het, veral as julle onlangs groot veranderin­ge as gesin beleef het wat haar onseker laat voel. Skeidingsa­ngs is iets wat jy in jou peuter se wakker tye moet hanteer sodat sy in haar daaglikse roetine veilig voel en gemaklik daarmee raak as jy soms van haar af weg is. Voldoende een-tot-een-aandag en baie fisieke aanraking kan hier baie help, asook ’n troosvoorw­erp: “Mamma is net hier langsaan, maar Teddie gaan so ’n bietjie by jou lê en dan kan julle lekker slaap tot ek jou nou-nou kom uithaal. As jy nou soet slaap, kan ek en jy ’n entjie gaan stap.”

SY BLY TE LAAT WAKKER

Soms sukkel ’n mens lank om jou kleinding se oë te laat toeval en as sy uiteindeli­k aan die slaap raak, slaap sy ure aaneen – en dan is sy natuurlik ’n wakker akker as dit tyd vir aandslaapt­yd is! Die meeste peuters is ietwat knorrig as jy hulle wakker maak tydens ’n slapie, maar jy moet dit doen as jou kind later as vieruur nog slaap.

’n Goeie idee is om haar subtiel te laat wakker word. Stel byvoorbeel­d die musiek harder of gaan haar kamer binne en laat die kasdeur ’n bietjie raas. Wees dan baie bly om haar te sien as sy haar ogies oopmaak!

SY SLAAP NET BY DIE OPPASSER

Ferm grense is nodig, en ongelukkig is oppassers dikwels meer doeltreffe­nd as ma en pa – peuters werk gou uit met wie hulle kanse kan waag!

Moenie ontsteld of angstig raak omdat jou kind nie wil slaap nie – sy voel dit aan en dit keer dat sy rustig raak. Bly rustig en kalm, maar ferm. Vra jou oppasser hoe sy dit hanteer en doen dieselfde.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa