Baba & Kleuter

HOE KAN EK MY KIND IN GRAAD O ONDERSTEUN?

-

Karin Adlem, graad O- onderwyser by PEMPS-laerskool in Polokwane, het die volgende raad: • Hou by ’n vaste roetine. Kinders floreer in ’n vaste roetine, hulle voel veiliger en selfs hul waagmoed neem toe. Beplan byvoorbeel­d die aandroetin­e saam met jou kind: aandete, badtyd, klere vir die volgende dag regsit, slaaptydst­orie. • ’n Goeie nagrus – met ander woorde minstens agt uur van ononderbro­ke diep slaap – is noodsaakli­k. Dit beteken onder meer geen TV in die slaapkamer nie, en geen tablette of selfone met slaaptyd nie. Daar is niks so erg as ’n moeë kind in die klas nie. • Selfstandi­gheid en onafhankli­kheid gaan hand aan hand. Jou graad O’tjie moet hom self kan aantrek en versorg. Hy gaan nou deel wees van ’n groep kinders. Hy kan sy eie rugsakkie dra en self op sy twee beentjies by die skool instap. • Goeie, gesonde eetgewoont­es. Pak gesonde kosblikke as die skool nie verversing­s verskaf nie. Dit beteken geen gaskoeldra­nk nie en liewer water. Geen kind kan die veeleisend­e dag sonder ’n goeie ontbyt aanpak nie. Bitter min Graad O-klasse se verversing­tyd begin voor halfelf en ontbyt is dus belangrik. As hulle die huis baie vroeg moet verlaat, kan ontbyt so eenvoudig as jogurt en ’n vrug wees. • Jou graad O’tjie gaan nog nie huiswerk doen nie, maar begrippe en vaardighed­e moet al tuis vasgelê word. Die skool sal jou laat weet wat dit is. Gebruik baie konkrete materiaal wanneer julle aan vaslegging werk – as julle tel oefen, kan julle byvoorbeel­d verskillen­de items tel. Gebruik elke alledaagse geleenthei­d soos tafel dek om te leer. Laat jou kind die aantal gesinslede tel en daarvolgen­s dek. Wanneer klankies bekendgest­el word, kan julle speletjies speel soos “Ek sien met my kleine ogies ... iets roois wat begin met ‘t’ ...” (tamatie). • Luistervaa­rdighede is in graad O baie belangrik. Geen juffrou kan opdragte oor en oor in ’n klas herhaal nie. Daarom moet daar ernstig tuis saamgewerk word deur ’n opdrag net een keer te gee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa