Baba & Kleuter

BESORG OOR KIND WAT DUIMSUIG

-

My driejarige kind suig haar duim saans en ook as sy senuagtig is. Hoe kan ek haar help om daarsonder reg te kom?

LIZANNE DU PLESSIS ANTWOORD:

Babas het ’n natuurlike suigreflek­s wat belangrik vir voeding en selfregule­ring is. Dis waarom babas en kleuters iets wil suig wanneer hulle gaan slaap of rustig wil word. Sowat 80 persent van babas en kleuters suig ’n fopspeen of vinger om hulle te reguleer. Een uit drie voorskools­e kinders suig duim, asook een uit vyf skoolgaand­e kinders.

Die meeste kleuters hou self tussen twee en vier jaar op om hul duim te suig behoort teen hul vyfde verjaardag genoeg ander selfregule­ringsvaard­ighede te hê om hulle op ander maniere te kan vertroos. (Dit geld nie vir kinders wat angs, stres of trauma deurmaak of met sensoriese verwerking sukkel nie.)

Duimsuig is net in dié gevalle ’n probleem: • As jou kind se permanente tande uitkom, sal dit veroorsaak dat die gebit vorentoe skuif. Dit sal ortodontie­se ingryping nodig maak; • As jou kind nie op enige ander manier selfregule­ring kan toepas en ’n drukkie van jou, kalmerende woorde of ’n rustige omgewing haar nie rustig help word nie; of • As dit bloot ’n gewoonte is en sy dit uit pure verveeldhe­id doen. Hou die volgende in gedagte wanneer dit tyd is dat jou kind die gewoonte begin afleer: • Gesels met haar daaroor en verduideli­k waarom dit beter is om op te hou duimsuig, soos dat sy by die skool gespot kan word of dat haar tande kan skuif; • Sorg dat jou kind ’n spesiale kombers of sagte speelding byderhand het met slaaptyd of wanneer sy oorgestimu­leer is. Dit word ’n verplasing­svoorwerp genoem omdat dit die duimsuiery vervang met ’n troosvoorw­erp wat sy by haar kan hou. • Prys haar wanneer sy nie haar duim suig nie. Moet haar nooit straf wanneer sy wel haar duim suig nie. • Help haar om ander maniere te vind waarop sy senuagtigh­eid kan beheer. Berei haar goed voor op veranderin­ge, volg ’n konsekwent­e oggend- en aandroetin­e en maak tyd vir ongestrukt­ureerde speeltyd saam sodat julle ’n sterk band bou waarbinne sy veilig sal voel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa