Baba & Kleuter

HANDVOET- ENMONDSIEK­TE

-

My seuntjie van twee jaar het rooi kolletjies op sy hande. Hoe weet ek of dit hand-voet- en-mondsiekte is? Vir watter simptome moet ek op die uitkyk wees, hoe aansteekli­k is dit en is dit gevaarlik?

DR. MARETHA COMBRINK ANTWOORD:

Hand-voet- enmondsiek­te is ’n algemene virusinfek­sie by kinders onder vyf jaar. Die algemeenst­e oorsake is die Coxsackiee­n enteroviru­s.

Simptome begin drie tot ses dae ná blootstell­ing en sluit in koors, naarheid en braking, asook moegheid of prikkelbaa­rheid. Dit word gevolg deur ’n veluitslag om die mond, op die handpalms en voetsole en soms ook in die luierarea en op die geslagsdel­e.

Die uitslag begin gewoonlik as plat, rooi kolletjies of knoppies wat toeneem en blasies word. Dis meestal selfbeperk­end en verdwyn binne sewe tot 10 dae. Die diagnose word gemaak op grond van die uitslag en simptome en bykomende toetse is selde nodig.

Die siekte word oorgedra wanneer kinders in regstreeks­e aanraking kom met uitgeskeid­e stowwe soos speeksel of slym, met stoelgang, of met besmette oppervlakt­es soos doekruilop­pervlaktes. Dis meer algemeen by kleuters wat dagsorg of kleutersko­le bywoon. Voorkomend­e maatreëls sluit in goeie handhigiën­e en die ontsmettin­g van hoërisiko- oppervlakt­es.

Komplikasi­es van hand-voet- en-mond siekte is seldsaam, maar kan die volgende insluit: • DEHIDRASIE – want pynlike mondletsel­s kan voeding moeilik maak

• ENKEFALITI­S – ontsteking van die brein – of MENINGO- ENKEFALITI­S – ontsteking van die brein en breinvlies­e • MIOKARDITI­S – ontsteking van die hartspier • TYDELIKE VERLIES VAN VINGERNAEL­S of toonnaels Behandelin­g is hoofsaakli­k op die verligting van simptome gemik en sluit pynverligt­ing en genoeg vloeistof in. Raadpleeg die dokter as jou baba buitengewo­on prikkelbaa­r is of sukkel om te drink.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa