Baba & Kleuter

MA WIL HÊ PA MOET MEER DOEN

-

Ek het twee kinders van drie en vyf jaar oud. Ek is ’n werkende ma wat my bes by die werk en by die huis probeer doen. Ek voel dat my man te min in die huis doen, wat my dan bitter maak. Ek wil hom ook nie die heeltyd vra om te help nie; ek wil hê dat hy uit sy eie deelneem aan take wat die kinders insluit. Hoe kan ek dit hanteer en aanmoedig?

LENMARIE STANTON ANTWOORD:

Ek glo die onus is op jou man om te verander – maar as die huidige stelsel hom bevoordeel, gaan hy beslis nie haastig wees om te verander nie! Dit sal hom én jou kinders egter help as hy ’n poging aanwend. In navorsing is bevind dat kinders wat huishoudel­ike take saam met hul pa verrig, minder tot depressie geneig is, meer gedissipli­neerd by die skool is, meer taakgeorië­nteerd is en meer maatjies het. Hier is ’n paar wenke om jou man meer betrokke te kry: 1Verduidel­ik op ’n liefdevoll­e manier aan hom dat al die verantwoor­delikhede jou nie goed doen nie. 2Moenie ’n lysie aan hom oorhandig nie. Die meeste mans verwerp lysies wat hulle nie self opgestel het nie. 3Moenie speletjies speel nie. Sommige kundiges stel voor dat jy die huishoudel­ike verantwoor­delikhede afskeep. Die idee is dat hy besef hoe waardevol jy is, maar dit kan die teenoorges­telde uitwerking hê. 4Moenie neul nie. Hoe meer jy neul, hoe minder kan dalk verander. ’n Magstryd kan dalk net meer konflik en frustrasie veroorsaak. 5Moet hom nie dwing om sekere take te verrig nie. Dit sal hom meer in beheer laat voel as jy hom ruimte gun. Die meeste mans verkies dit om self besluite te neem.

6Konsentre­er

op wat hy wel doen en nie op wat hy nie doen nie. Verbeel jou hoe jy sal voel as jou man heeltyd jou foute uitwys en nooit jou goeie eienskappe raaksien nie. 7Maak

seker dat jou verwagting­e nie te hoog is nie en vermy dit om hom te kritiseer as hy dinge anders doen as wat jy dit sou gedoen het. Hy kan dalk net sê: “As ek dit nie so goed soos jy kan doen nie, doen dit eerder self”. 8Leer

hom. Jy kan ontdek dat jou man nooit geleer is om ’n mop te gebruik of ’n wasmasjien aan te skakel nie. En as hy weet hoe, kan hy dit steeds anders doen as jy. 9Vertel

hom hoe jy hom waardeer. Positiewe versterkin­g help om herhaling van gewoontes te vestig. 10Oorweeg

huweliksbe­rading. Terapie kan dikwels die oorsaak van die probleem behandel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa