Baba & Kleuter

TOETS JOU YSTER

-

Het jy geweet nuwe syfers wys dat die helfte van Suid-Afrikaanse vroue tussen 16 en 35 jaar oud ’n ystertekor­t het?

Dit is ook die algemeenst­e gesondheid­sprobleem by swanger vroue, sê professor Vernon Louw, hoof van die afdeling kliniese hematologi­e aan die Universite­it van Kaapstad.

As jy moeg, geïrriteer­d, vergeetagt­ig of bleek is, seksueel sukkel of ’n seer tong, haarverlie­s en ’n onweerstaa­nbare drang na veral ys, grond en klei het (maar ook na kossoorte), het jy rede tot kommer.

Nog simptome sluit in dat jy sensitief is vir koue en dat jou naels maklik versplinte­r of breek.

Die meeste mense met ’n ystertekor­t sal minstens een van bogenoemde simptome ervaar, maar kan ook meer hê.

As jy swanger is, aan ’n ystertekor­t ly en ook bloedarmoe­dig is, kan dit die volgende vir jou baba beteken: • ’n Lae geboortege­wig; • Vroeë geboorte; • ’n Lae Apgar-telling; • ’n Groter risiko om in die neonatale intensiewe­sorg-eenheid opgeneem te word; • Teleurstel­lende binding met jou; • Kognitiewe en gedragspro­bleme wat tot

’n dekade ná die geboorte kan duur; en • Vertraagde groei en ontwikkeli­ng.

Onthou dat ’n hemoglobie­n-toets nie genoeg is nie – jy kan wel ’n FerriCHECK-toets tuis doen om jou ferritienv­lak te toets. (Ferritien is ’n proteïen wat yster berg en vrystel.) As jy te min ferritien het, moet jy jou dokter of ginekoloog daarvan vertel sodat ’n volledige bloedtoets uitgevoer kan word. Die FerriCHECK-toets kos sowat R140 en is by apteke te koop.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa