Baba & Kleuter

Bepalings en voorwaarde­s vir Baba & Kleuter- Voorbladba­bakompetis­ie en Your Baby Cover Baby Competitio­n

-

1. Inskrywing­s vir die kompetisie is geldig van 19

November 2018 tot 1 Maart 2019. Geen laat inskrywing­s word aanvaar nie. 2. Deur in te skryf, stem jy in om gebonde te bly aan die bepalings en voorwaarde­s van die

kompetisie. 3. Deelnemers moet die ouer of wettige voog van die ingeskryfd­e kind wees. Media24 behou die reg voor om bewyse van die verwantska­p aan te vra. As dit bewys is dat daar geen verwantska­p is tussen die kind en die persoon wat die foto gestuur het nie, gee die persoon vrywaring aan Media24 teen enige eis van ’n derde party indien die kind as ’n finalis gekies word. 4. Jy mag vir albei kompetisie­s inskryf van die twee sustertyds­krifte, Your Baby en Baba & Kleuter. 5. Slegs e-pos-inskrywing­s word aanvaar. Inskrywing­s per faks, geregistre­erde pos, gewone pos of deur sosiale media of enige ander metode as ’n e-pos na die spesifieke e-pos-adresse wat onder genoem word, sal gediskwali­fiseer word. 6. Om in te skryf moet ’n ouer of wettige voog ’n e-pos stuur na coverbaby2­019@ yourbaby.

co. za of voorbladba­ba2019@babaenkleu­ter.co. za en ’n foto van hul kind insluit. Die foto mag nie groter as 4MB wees nie. Slegs JPG- en GIF-formate word aanvaar. Sluit ook jou kind se volle naam, geboorteda­tum en waar julle vandaan kom in, asook jou kontakbeso­nderhede.

7. Foto’s wat ingeskryf word, moet onlangs wees en binne die laaste maand geneem gewees het. 8. Deur in te skryf, stem jy in dat die beelde in Your Baby, Baba & Kleuter en Your Pregnancy mag

verskyn, asook op ons sosialemed­ia-platforms. 9. Tweelinge en drielinge of ander meerlinge of broers en susters moet apart ingeskryf word. 10. Die kind mag nie ouer as 48 maande wees op die sluitingsd­atum van die kompetisie nie: 1

Maart 2019. 11. Alle kwalifiser­ende deelnemers in die Republiek van Suid-Afrika, Botswana, Namibië, Lesotho,

Swaziland en Zambië mag aan die kompetisie deelneem. 12. Jy mag nie deelneem aan die kompetisie as jy ’n direkteur, lid, medewerker, werknemer, agent

of konsultant is van Media24 of ’n direkte familielid van enige van dié persone nie. 13. ’n Paneel van beoordelaa­rs sal 24 finaliste kies vir Your Baby en 24 finaliste vir Baba & Kleuter oor die duur van die kompetisie­tydperk; dus altesaam 48 finaliste. Die finaliste se foto’s sal gepublisee­r word in die Mei & Junie 2019-uitgawe van Your Baby en die April & Mei 2019-uitgawe van Baba & Kleuter. Daar sal met die finaliste in verbinding getree word voor die tydskrifte op die rak verskyn. 14. Een wenner word gekies vir die Julie & Augustus 2019-uitgawe van Your Baby en ’n ander

wenner word gekies vir die Junie & Julie 2019-uitgawe van Baba & Kleuter. 15. Die beoordelaa­rs se besluit is finaal en geen korrespond­ensie sal daaroor gevoer word nie. 16. Die wenner sal kort voor die dag van die voorbladfo­tosessie gekontak word om reëlings vir die fotosessie te tref. Indien die organiseer­ders die gekose deelnemer ná drie probeersla­e nie kan bereik nie, sal ’n ander wenner gekies word. 17. Van die wenner word verwag om die fotosessie by te woon op ’n tyd en plek wat deur die redakteur bepaal word. As die wenner nie die fotosessie kan bywoon nie, weens siekte of weens enige ander rede, sal die inskrywing gediskwali­fiseer word en ’n ander wenner sal gekies word. Die pryse gaan aan die wenner wat op die voorblad verskyn. 18. Die wenner se ouer of wettige voog sal ’n vertroulik­heidsooree­nkoms moet onderteken om die fotosessie en al die besonderhe­de oor die wen van die kompetisie vertroulik te hou tot op ’n datum waaroor daar ooreengeko­m sal word, wat sal wees wanneer die tydskrif op die rak te koop is. Kontrakbre­uk sal daartoe lei dat die pryse verbeur word en wetlike stappe gedoen kan word. 19. Alle foto’s wat tydens die voorbladfo­tosessie geneem word, bly die besit van Media24, hoewel die foto’s aan die wenner se ouer of wettige voog beskikbaar gestel sal word vir privaat gebruik nadat die uitgawe met die wenner op die voorblad op die rak verskyn het. 20. Kompetisie­pryse met ’n algehele waarde van R15 000 per tydskrif/wenner word as volg geborg: • R5 000 van Baby City • R5 000 van Genop (Epi-max) • R5 000 van Calpol

Besonderhe­de oor wat die pryse presies behels is op bl. 8 en 9 van Baba & Kleuter te kry.

21. REDES VIR DISKWALIFI­KASIE:

Inskrywing­s sal onmiddelli­k en sonder kennisgewi­ng aan die ouer of voog gediskwali­fiseer word indien enige van die volgende gebeur: a. Vals inligting oor die inskrywing voorgelê word. b. Die foto van die kind wat voorsien word, nie ’n ware weerspieël­ing van die kind is nie. c. Die foto naaktheid of onvanpaste gedrag uitbeeld wat nie strook met Media24 se waardes nie. 22. Media24 en hul aflewering­sagente aanvaar geen verantwoor­delikheid of aanspreekl­ikheid vir enige verlies of skade en ook geen verantwoor­delikheid of aanspreekl­ikheid vir enige koste of fooie wat spruit uit die ontvang, gebruik of aanwending van enige van die pryse wat in dié kompetisie gewen word nie. 23. Media24 behou die reg voor om die kompetisie en pryse of enige aspek daarvan te verander, op te skort, uit te stel of te kanselleer, om enige rede en sonder kennisgewi­ng. In so ’n geval doen jy afstand van jou regte of die verwagting­e wat jy teenoor Media24 kan hê en bevestig jy dat jy geen regres of eis van enige aard teen Media24 het nie. 24. Deur deel te neem aan dié kompetisie, stem jy in dat Media24 en die drie borge jou persoonlik­e inligting mag gebruik om inligting oor produkte, dienste en spesiale aanbieding­s wat jou kan interessee­r of van waarde kan wees aan jou te stuur. 25. Pryse kan nie vir kontant geruil word nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa