Baba & Kleuter

’n Glimlag vir almal

- Olivia Haslam (regs) begelei Operasie Glimlag se pasiënte en hul ouers van begin tot einde deur die mediese proses.

Olivia Haslam reis die wêreld plat om kinders (en soms oumas en oupas) vir die eerste keer in hul lewe breed te laat glimlag danksy ’n operasie wat gesigafwyk­ings herstel.

Die eerste keer toe Olivia Haslam ’n seuntjie sien glimlag het ná ’n suksesvoll­e operasie aan sy gesplete verhemelte, het dié teaterverp­leegster geweet dis wat sy vir die res van haar lewe wil doen.

Olivia, wat deesdae aan ’n Kaapstadse hospitaal verbonde is, het in Londen gewoon toe sy 14 jaar gelede betrokke geraak het by Operasie Glimlag, ’n wêreldwye nie-regeringso­rganisasie wat gratis rekonstruk­tiewe operasies uitvoer op kinders

(en volwassene­s) met ’n gesplete lip of verhemelte.

Die Suid-Afrikaanse tak van Operasie Glimlag het sedert 2006 al meer as

6 000 operasies op kinders in suidelike en sentraal-Afrika uitgevoer. Olivia is een van

Dit duur sowat 45 minute om ’n gesplete lip te herstel en sowat twee uur om ’n gesplete verhemelte reg te stel, vertel Olivia. Haar eerste sending was Marokko toe.

Dit is daar dat sy vir die eerste keer besef het watter groot verskil die operasie aan mense se lewe maak.

“Dis nie net ’n gewone operasie nie; dis ’n operasie wat mense se lewe drasties verander,” sê sy.

Sy het ook al in Kenia, Madagaskar, Rwanda en Mosambiek gewerk. Sy onthou ’n gesin in Antsirabe in Madagaskar waarvan drie lede ’n gesplete lip gehad het. Sy het ’n foto van hulle geneem en toe sy ses maande later na Antsirabe terugkeer, het sy die geraamde foto vir die pa gegee. Hulle was heeltemal oorstelp van vreugde.

“Ek sal nooit die blydskap in hul oë vergeet nie,” sê sy. Die gesin moes ’n stuk

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa