Baba & Kleuter

EERSTE TANDPYN

- TREK BABA SE A ANDAG AF MASSERING TANDERINGE KOS VIR KOU ’ N ELEK TRIESE TANDEBORSE­L KOUE DINGE K AMILLE PL A ASLIKE MONDVERDOW­INGSMID - DEL S PYNSTROPE

Kenners verskil oor die simptome van tande kry, maar almal is dit eens dat dit ’n kind nooit ernstig siek maak nie. Jy kan verwag dat jou baba in hierdie tyd wel: • prikkelbaa­r kan voorkom;

• byterig kan wees;

• baie kan kwyl (wat tot ’n uitslag op die

kennetjie kan lei);

• onwillig kan wees om te eet omdat sy

tandvleis sensitief is; en

• slegter as gewoonlik kan slaap.

Sommige kenners reken ook dat tandekry gepaard kan gaan met doeke wat slegter as gewoonlik ruik, ’n baie effense koors en ligte diarree (nie erg nie). Moenie siektesimp­tome afskryf as tandekry nie – praat liewer met jou apteker, dokter of klinieksus­ter as jy twyfel.

Sommige babas se tande verskyn stil-stil, maar vir ander is dit glad nie ’n gemaklik ervaring nie. En ’n moeilike baba beteken ’n moeë ma. Hier is rate wat ons by ervare ma’s en mediese kenners gekry het.

Bedags is dit soms genoeg om baba se aandag van sy ongemak af te trek deur hom besig te hou met aktiwiteit­e soos stap, dans en ’n bietjie vertroetel­ing.

Vryf ferm met ’n skoon vinger oor sy tandvleisi­e. Jy kan die tandvleis ook met ’n rubbertand­eborseltji­e (soos Pigeon s’n) masseer.

’n Tandering is nie te hard nie en is lekker koumateria­al. Belê gerus in die soort wat jy in die yskas kan laat afkoel – die koue sal ekstra verligting bring. Moet dit nie vries nie!

Dr. Angela Gilhespie, die bekende Johannesbu­rgse tandarts wat

geskryf het en vroeër vanjaar oorlede is, het onder meer ’n hoenderbee­ntjie sonder vleis aanbeveel, asook wortelstok­kies, appelskyfi­es, selderysto­kkies en broodkorsi­es. Baie ma’s hou van tandebesku­itjies, maar Angela het teen die hoë suikerinho­ud daarvan gewaarsku. Wees bedag op die verstikkin­gsgevaar en moet jou baba dus nooit alleen laat wanneer sy aan iets kou of knaag nie.

– maak seker dis nie te sout nie en bly naby. Baie slagters maak babageskik­te biltong. Dis natuurlik net van toepassing op babas wat al vaste kos eet.

Jy kan dit gebruik om jou baba se tandvleis mee skoon te maak (en later sy tandjies). Babas is blykbaar dol oor die vibrasie in hul mondjie.

Koue bring verligting. Plaas die fopspeen in die yskas of gee hom koue jogurt, koue wortels of ’n piesang wat ’n rukkie in die yskas was.

Baie homeopate beveel kamille aan vir tandekry – jy kan kamilletee gee of Weleda se tandekrypo­eier, wat ook kamille bevat.

Kyk na opsies soos Teejel, wat kan help om verligting te bring.

Babaveilig­e pynstrope soos Panado en Calpol behoort met uitsonderi­ng gegee te word, maar kan veral in die nag help. Bly weg van aspirien; dit kan tragiese gevolge hê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa