Baba & Kleuter

BABA JOGA SAAM

-

Ons weet hoe moeilik dit is om by oefening uit te kom wanneer daar ’n nuwe baba in die huis is. Daar is so baie dinge wat in jou pad staan: gebrek aan tyd, ’n roetine wat nog nie wil vlot nie, klere wat nie lekker pas nie, ongemak in jou lyf en angs oor hoe veilig dit is om in die tyd van die pandemie onnodig met of sonder jou baba uit te gaan.

Jy’s waarskynli­k moeg ook en die kans is goed dat jy nie wonderlik slaap nie. Hopelik kan ons rustige jogalessie jou help om aan die beweeg te kom en ook sommer lekker met jou baba te speel. Die voordele vir jou van ’n gereelde sessie op die mat is dat dit jou help om jou lyf weer jou eie te maak en ook om emosioneel meer gebalansee­rd te voel. Vir jou baba help dit om groter liggaamsbe­wustheid te ontwikkel en die speeltyd is vir julle albei spesiale bindingsty­d.

Enige ma en baba kan joga van ses weke ná die geboorte af aanpak. As jy ’n keisersnee gehad het, moet jy egter eers seker maak jou ginekoloog stem saam dat jy weer kan begin oefen.

As jy gereed is om sterker en meer soepel te word, van spanning in jou rug en skouers ontslae wil raak, meer energie wil kry en ook van jou stres en angs wil laat gaan, is baba-joga vir jou!

Julle het baie min nodig: net ’n oefenmat of ’n sagte vloer in die huis en gemaklike klere. Sit sowat 20 minute tot ’n halfuur opsy, sit rustige musiek op en begin…

Plaas baba se lyfie teen jou voetsole. Hou haar hande vas en maak oogkontak. Begin dan jou bene reguit maak om jou baba op te lig.

Hierdie posisie maak jou kernspiere en bene sterk, bevorder limfdreine­ring en is goed vir jou bloedsomlo­op.

Gee met jou linkerbeen ’n tree vorentoe en draai jou regtervoet effens uitwaarts. Buig jou linkerknie, maar hou jou linker- en regterheup in ’n reguit lyn en probeer hulle so plaas dat albei heupe vorentoe wys. Maak seker die buitenste rand van jou regtervoet is ferm met die mat in aanraking en hou jou regterbeen lank en sterk. Trek jou maag in en asem in terwyl jy jou baba oplig. Probeer om jou skouers nie op te trek nie. Herhaal aan albei kante.

Die vegterposi­sie maak jou bene en heupe sterk, verbeter jou balans en maak jou arms sterk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa