EN OF NIE?
foppies suig voor hulle vier tot ses weke oud is. Aan die ander kant help fopspene vroeggebore babas wat buisvoeding kry deur solank hul suigvermoë te ontwikkel en sterker te maak.
Babas wat foppies suig kry meer oorinfeksie en as ’n kleuter tot drie jaar oud sy fopspeen suig, kan hy tandheelkundige probleme opdoen wat soms ortodontiese behandeling kan verg.
Babas wat heeldag aan ’n foppie loop en suig se spraakontwikkeling is soms stadiger.
In ’n neutedop: Die gebruik van ’n fopspeen is aanvaarbaar, mits die volgende in gedagte gehou word:
• Fopspene word in die eerste maand van lewe ontmoedig tot borsvoeding vasgelê is, behalwe in die geval van vroeggebore babas wat buisvoeding kry.
• Fopspene moet net met slaaptyd ge
bruik word.
• Van ses maande af kan die fopspeen
steselmatig onttrek word.
• Moet liefs glad nie ná een jaar oud meer
die foppie gebruik nie.
• Fopspene moet gereeld gewas en geste
riliseer word om infeksie te voorkom.