Baba & Kleuter

FOPSPEEN

-

Die gebruik van fopspene word al van so vroeg as 1473 in die mediese literatuur aangeteken. Hoewel die voorkoms en funksie van fopspene in 2020 heelwat moderner is, bly die gebruik daarvan omstrede. Hier is ’n klompie voor- en nadele wat jy in ag kan neem voor jy besluit of jy ’n fopspeen vir jou baba wil aanskaf.

Die suigaksie het ’n kalmerende uitwerking op babas. ’n Fopspeen kan dus gebruik word wanneer jou baba ’n bietjie vir ’n voeding moet wag. Die suigaksie help ook tydens pynlike prosedures soos immunisasi­e of bloedtoets­e, sowel as om die druk in die middeloor eweredig te hou wanneer baba hom op ’n vliegtuig bevind.

Dit wil ook lyk of dit babas met koliek en refluks help en rustig hou as hulle suig sonder om te voed.

Navorsing wys daarby dat wiegiedood 61 persent minder voorkom by babas wat met slaaptyd fopspene suig.

Fopspene dien ook as beskerming teen tandskade omdat dit keer dat babas op hul tande kners.

Daar is ook natuurlik nadele: Tepelverwa­rring kan ontstaan wanneer babas

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa