Baba & Kleuter

TOE KYK EK IN DIE SPIEËL ...

-

Ek het altyd gedroom dat ek eendag ’n groot gesin sou hê, soos in die program

7th Heaven. My idilliese droom het gou vervaag, want meer as een kind is deesdae ’n finansiële uitdaging. In die meeste huishoudin­gs moet albei ouers werk om die pot aan die kook te hou, en by ons is dit nie anders nie. Ek probeer om saans die klere reg te sit en kosblikke te pak, want dit help gewoonlik om die oggendchao­s te verlig, maar so af en toe val die wiele van die wa af.

Een Maandagogg­end was dit ’n ekstra groot fiasko. Eers is Kyle traag om op te staan. Uiteindeli­k sit hy aan tafel met ’n kombers om hom gedraai en eet tydsaam sy pap. Intussen probeer ek McKenzie vir skool regkry. Sy staan vroeg op, maar dis ’n gestoei om doeke te ruil en dan klere aan te trek en die bietjie babahare wat in alle rigtings staan, vas te maak.

Met haar op die heup maak ek ’n laaste keer seker dat alles vir die dag in haar babasak is. En daar vang haar oog die Weense worsies wat ek vir haar ingepak het. Ek gee haar toe maar een om ’n oggenduitb­arsting te vermy.

Kyle het intussen begin aantrek – nou nie in die rekordtyd wat ek graag sou wou hê nie, maar hy vorder. Ek sit solank sy waterskoen­e reg en begin om die skoolsakke in die motor se kattebak te laai.

Terug in die huis heers pandemoniu­m. Kyle huil troosteloo­s, want sy sussie het haar gekoude worsie in sy waterskoen gegooi. Vinnig kyk ek op die horlosie: 07:20. Ons gaan laat wees! Ek moet nog by die blommesmou­s ook stilhou. My vriendin kry vanjaar net blomme vir haar verjaardag. Met ’n sug dop ek die waterskoen oor die vullisdrom uit. Die gekoude worsies val nie dadelik in die drom nie en ek moet nog ’n keer kap. Toe skree albei kinders: Een huil omdat daar ’n gekoude worsie in sy skoen was, en die ander een omdat haar worsie in die drom gegooi is.

Die eerste stilhouple­k is by McKenzie se kleutersko­ol. Ek vee vinnig die trane af en dra haar in. Toe ek haar vir die onderwyser gee, sien ek een skoen is weg. Ek hardloop uit, kry dit gelukkig by die motor en draf daarmee terug. Fout. Sy het agtergekom

ek het net haar skoen gebring en is weer op pad. Terwyl ek by die skool uitstap, agtervolg haar gille my. Ek kyk op my horlosie. Die skoolklok gaan binne die volgende vyf minute lui. Gelukkig is Kyle nou nie meer gepla oor die wors in sy skoen nie. Hy help haastig om die tas uit die kattebak te kry en begin vinnig aanstap. Hy is net by die skoolhek in toe die klok lui.

Ek spring verlig terug in die motor.

Die blommeverk­oper pak haar blomme nog uit en beduie ek moet ’n rukkie wag. Uiteindeli­k kan ek groet en in die pad val. Nog net die blomme afgee voor ek by die werk uitkom.

Verlig stap ek vyf minute voor agt by die werk in. My oog vang my spieëlbeel­d in die voorportaa­l. Geskok gaan ek botstil staan. Ek het nooit my onderlaag ingevryf nie, oral op my gesig sit onderlaagk­olle.

Terwyl ek probeer om die onderlaag – wat teen dié tyd al droog is – in te skakeer, sien ek voor my geestesoog almal wat vanoggend my bekolde gesig aanskou het ... SONJA KRUGER, VREDENBURG, WES K A AP

 ??  ?? Sonja Kruger en die tweetjies wat haar oggende interessan­t hou: Kyle (6) en McKenzie (17 maande).
Sonja Kruger en die tweetjies wat haar oggende interessan­t hou: Kyle (6) en McKenzie (17 maande).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa