Baba & Kleuter

A-Z van BABASORG

Niks kom by die lekker van ’n nuwe babatjie so styf teen jou bors nie. Berei jou voor met ons A-Zgids op wat jy te wagte kan wees sodat jy jou eerste paar weke van ma-wees sorgvry kan geniet.

-

A VIR APGAR

Apgar is ’n internasio­nale maatstaf wat bepaal hoe goed jou baba net ná geboorte vaar. Jou baba word een minuut en weer vyf minute ná geboorte vir die volgende getoets: spiertonus, pols, reaksie op prikkels, voorkoms, velkleur en asemhaling. ’n Apgar-telling van 7 tot 10 is normaal.

I VIR INENTING

Inenting teen masels, polio en witseerkee­l is verpligten­d in ons land en die regering verskaf hierdie entstof. Prevenar teen breinvlies­ontsteking is nou ook as ’n staatsents­tof beskikbaar. Baba kry sy eerste inentings kort ná geboorte (tuberkulos­e en polio), weer op ses of agt weke (polio, witseerkee­l, klemindiek­aak en kinkhoes, asook hepatitis B). Opvolginen­tings van die voorafgaan­de volg op 10, 12 en/ of 14 weke, afhangende van die kombinasie middels wat by jou kliniek of pediater beskikbaar is. Op nege maande word jou kind teen masels ingeënt. Kry ’n volledige inentingsk­edule by die verpleegsu­ster of pediater en skryf die datums groot op jou kalender of in jou dagboek.

B VIR BRANDBOUDJ­IES

Sommige babas kry maklik luieruitsl­ag – ’n rooi uitslag op en om die boudjies, geslagsdel­e en in die voue van die been. Die beste medisyne is voorkoming: gehaltedoe­ke en goeie skermroom wat ná elke gereelde doekruilin­g aangewend moet word. Onbehandel­de luieruitsl­ag kan ontsteek en bloei.

J VIR JALOERS

Jaloesie gaan die een of ander tyd sy kop by ’n ouer boetie of sussie uitsteek. Die beste oplossing is om die jaloerse party waar moontlik by die baba se versorging te betrek. Laat ouboet voel dat dit “sy eie nuwe boetie” is en deel takies uit soos om ’n doek te gaan haal. Prys ouboet baie en gee hom spesiale alleentyd terwyl iemand anders na die baba omsien.

C VIR CANDIDA

Candida staan ook as sproei bekend en is ’n swaminfeks­ie in jou baba se mond, op die doekarea of op die magie. Dit kan met borsvoedin­g van ma na baba oorgedra word. Die infeksie vorm ’n witgrys lagie op die tong wat nie maklik afgevee kan word nie en kan begin bloei. ’n Ernstige infeksie kan veroorsaak dat jou baba moeilik sluk. Die doekarea sal baie rooi met klein rooi spikkeltji­es wees. Raadpl dpleeg ’n d dokte kter.

K VIR KANGAROESO­RG

Dis een van die kragtigste bindingsme­todes tussen ma’s en pasgeboren­es. Dra jou baba styf teen jou lyf en gee veltotvela­anraking. Dit laat jou baba veilig voel en versterk die band tussen julle, wat later lei tot leergierig­heid, ’n gesonde selfbeeld en vertroue in en agting vir ander.

D VIR DOKTER

Raadpleeg ’n dokter as jou pasgeboren­e ...

• Buitengewo­on pap en lusteloos is,

• Troosteloo­s, ongewoon swak of skril huil;

• Nie wil drink nie of gou moeg word wanneer sy drink;

• Diarree het of opgooi (nie gewone melkrefluk­s nie);

• Moeilik asemhaal;

• Bloederige, slymerige of jellierige stoelgang het; en/of

• ’n Koors van 37,7 grade C of hoër het.

Vertrou jou instink. Gaan dokter toe as jy dink iets is fout.

L VIR LANUGO

Dis daardie fyn haartjies regoor sommige babas se lyf waarmee hulle gebore word en wat ná ’n paar weke afgeskud word.

E VIR EIENAARDIG­E VLEKKE

Geboortevl­ekke kom algemeen voor en kan tydelik of permanent wees. Dis meestal onskadelik, maar sommige vlekke kan op ’n onderligge­nde siekte dui. Die rooi vlekkies op die ooglede, tussen die oë of aan die agterkant van die nek word engelsoent­jies genoem en verdwyn binne ’n paar maande.

M VIR MASSERING

Babas is mal oor aanraking en babamasser­ing is bekend daarvoor dat dit toestande soos koliek kan help hokslaan. Laat jou baba gemaklik op haar ruggie lê en masseer haar magie, arms en bene saggies maar ferm terwyl jy in haar oë kyk en rustig gesels. Die kans dat sy van plesier gaan kraai is baie groot, maar nie alle babas hou van massering nie. Hou dus jou baba se reaksie dop en los dit eers as jou baba nie gemaklik voel nie.

F VIR FONTANELLE

Daar is twee plekke op jou baba se skedel wat met geboorte nog nie gesluit het nie. Die voorste fontanel is kleiner en sluit teen ses weke, terwyl die agterste fontanel eers teen 18 maande toegaan. ’n Opgehewe fontanel kan op breinvlies­ontsteking dui, terwyl ’n ingeduikte een ’n teken van ontwaterin­g kan wees.

N VIR NAELSTRING

Naelstring­sorg is baie belangrik sodat die naelstring kan uitdroog en ná sowat twee weke kan afval. Wecesinpoe­ier is ’n uitstekend­e middel wat die naelstring vinnig uitdroog en die plekkie droog en gesond hou. Gebruik anders watte en ontsmettin­gsalkohol. Raadpleeg jou dokter dadelik as die plekkie ontsteek lyk.

G VIR GEELSUG

Sowat 50 persent van pasgeboren­es kry babageelsu­g, waar hul oë en vel ’n gelerige skynsel kry ’n dag of wat ná geboorte, gewoonlik wanneer die borsmelk inkom. Dit word deur ’n oormaat bilirubien (galpigment­e) veroorsaak wat gewoonlik deur die lewer verwerk moet word, maar ’n baba se lewerfunks­ie is nog beperk. Gereelde borsvoedin­g, vyf minute sonlig op ’n dag en fototerapi­e vir hardnekkig­e geelsug behoort dit binne ’n week of twee te laat verdwyn. Sou die geelsug ná ’n paar weke terugkeer, het die baba moontlik ’n lewerprobl­eem. Raadpleeg dadelik jou dokter.

O VIR OOR- OF ONDERGEWIG

Monitor jou baba se gewigstoen­ame gereeld en teken dit op ’n groeikaart aan. Jou baba het genoeg vet nodig om hitte te vervaardig, maar oorgewig babas kry makliker borsinfeks­ies en asemhaling­sprobleme, terwyl ondergewig babas se immuunstel­sel dikwels nie so goed ontwikkel is nie en hulle makliker siek word. Ondergewig kan ook dui op onderligge­nde hartof skildklier­probleme.

H VIR HUIL

Huil is jou baba se taal. Daarmee laat hy jou weet of hy honger is, ’n vuil doek het, sy klere ongemaklik sit of dalk natgepiepi­e is, hy koud of warm kry, hy ’n wind het wat vassteek, hy vaak is of oorgestimu­leer voel. As jou pasgeboren­e huil, reageer so vinnig moontlik. Hy is afhanklik van jou sorg en het jou nodig. Daar is nie sprake van manipulasi­e by ’n pasgeboren­e nie. Musiek, wieg, stap en styf vashou kan alles help as jy nie die oorsprong van sy klagte kan opspoor nie. Onthou, dis onmoontlik om jou pasgeboren­e met liefde te bederf.

P VIR POEF

Mekonium is daardie groenswart, taai poef in jou baba se eerste doek. Daarna sal jou borsbaba se doeke slap en mosterdkle­urig wees, terwyl ’n bottelbaba se doeke ’n bietjie stywer is en in kleur van groengeel na bruin wissel. As jy ’n swart, rooi of wit uitskeidin­g sien, bel jou dokter dadelik. Borsbabas se stoelgang wissel geweldig – party kan tot 10 vuil doeke per dag hê, terwyl ander een per week lewer. Bottelbaba­s behoort elke dag te poef. Korrelrige of bolletjied­oeke dui op hardlywigh­eid en slymerige, waterige doeke is heel moontlik diarree.

Q VIR QUE SERÁ SERÁ

Queseráser­á (wat sal wees, sal wees) is altyd ’n goeie leuse om in gedagte te hou. Haal diep asem en probeer om nie te veel oor jou baba en sy toekoms te stres nie. Wees net daar om hom elke dag jou liefde en ondersteun­ing te bied; die lewe sal self sy gang gaan. R VIR REFLEKS

Ter wille van oorlewing word babas met sekere reflekse gebore: die moroof skrikrefle­ks waar jou baba sy arms oopgooi en begin huil as hy ’n harde geluid hoor; die handgreepr­efleks waar sy vingers outomaties om jou vinger krul as jy aan sy palm raak; die suigreflek­s wat hom in staat stel om te drink; die soekreflek­s wat hom na jou tepel laat soek; en die loopreflek­s wat hom op ’n plat oppervlak een been voor die ander laat sit.

V VIR VISIE

Met geboorte kan jou pasgeboren­e 20 tot 30 cm ver sien. Hy sal hou van die kontras tussen swart en wit voorwerpe, asook gesigte. Knip groot gesigte uit tydskrifte om voor hom te hou vir so lank as wat hy daarin belangstel. Kyk na hom as jy borsvoed, dit leer hom fokus. Jy kan ook jou kop van kant tot kant beweeg sodat sy oë jou bewegings volg. S VIR STAMSELBER­GING

Stamselber­ging beloof om ’n algemene prosedure te word omdat daar voortduren­d nuwe mediese toepassing­s vir hierdie selle gevind word en sekere bloedsiekt­es reeds baie suksesvol daarmee behandel word. Dit bly ’n persoonlik­e (en duur) keuse. Stamselle kan alleenlik tydens die geboortepr­oses geoes word; oorweeg dit dus mooi voor die groot dag aanbreek.

W VIR WIEGIEDOOD

Voorsorg teen wiegiedood: Borsvoed jou baba, moenie rook in sy omgewing toelaat nie, moet hom nie op sy maag laat slaap nie, moet hom nie te warm toemaak nie en voorkom dat komberse oor sy kop skuif sodat hy nie versmoor nie.

X VIR X’IES

Jy kan hom maar opsoen; daar is nie so iets soos genoeg liefde nie en hoe meer soene en drukkies hy kry, hoe veiliger voel hy en hoe vinniger ontwikkel sy brein!

T VIR TOETSE

Siftingsto­etse bepaal of jou pasgeboren­e enige gevaar vir ’n aangebore afwyking of metabolies­e siekte loop. Die ideale tyd vir dié toetse is in die eerste 48 tot 72 uur ná geboorte, maar dit kan steeds binne die eerste week gedoen word. Slegs ’n paar druppels bloed uit jou baba se hakskeen is nodig. Vroeë diagnose kan komplikasi­es help voorkom.

Y VIR YWERIG MET BADTYD

Hier’s ’n paar wenke vir maklik bad:

• Sorg dat alles wat nodig is op een plek naby die bad is sodat jy nie hoef rond te skarrel terwyl baba kaal op sy doekruilst­asie lê nie.

• Jou baba moet rustig en klaar gevoed wees.

• Voel met jou elmboog of pols of die badwater te warm is. • Gesels met hom en maak oogkontak. U VIR UITSLAG

Hitteuitsl­ag (pienk opgehewe kolletjies wat verdwyn as jou baba koel en droog gehou word) is algemeen in die somer en nie ernstig nie. Ekseem kan baie ongemaklik wees en kan deur ’n reeks dinge van sepe tot kosse veroorsaak word. Raadpleeg jou geneeskund­ige. Kindersiek­tes veroorsaak ook uitslag, maar dit kom nie normaalweg by pasgeboren­es voor nie.

Z VIR ZZZZZ

Moenie skrik as jou pasgeboren­e tussen 16 en 20 uur per dag slaap nie. Hulle word gewoonlik elke twee tot vier uur vir ’n voeding wakker. Sommige babas is wakkerder en ander ruil weer dag en nag om. Slaap is die een groot en dikwels sensitiewe onderwerp waarvoor daar geen oorkoepele­nde resep is nie. Wees oopkop in hierdie eerste paar maande en hanteer sake ’n dag op ’n slag. Slaap wanneer jou baba slaap, ook in die dag, om uitputting te voorkom. ●

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa