Baba & Kleuter

VINGERKOSP­LANNE

-

My 14 maande oue baba hou daarvan om met haar handjies te eet. Kan jy asseblief gesonde en maklike vingerkosi­dees voorstel wat ek vir middagete kan aanbied?

Teen 14 maande oud wil ’n mens grootmens- of gesinskos aanmoedig om latere fiemies te bekamp en ook om jou kleintjie bloot te stel aan ’n wye verskeiden­heid geure, teksture en smake. So verseker jy ook dat jou kind genoeg vitamiene en minerale inkry.

Die ideale middagete sluit in ’n kombinasie van koolhidrat­e, proteïen, gesonde vet en vrugte of groente. Probeer dus om met middagete vingerkos uit elke voedselgro­ep te gee.

Proteïen- opsies sluit in snytjies kouevleis, frikkadell­e, saggekookt­e hoender, stukkies salm of ander vis (grate verwyder), roereier of gekookte eier. Saggekookt­e bees-, vark- of lamsvleis ( byvoorbeel­d flentervle­is) werk ook goed.

Vir jong kinders is jogurt en kaas

’n goeie bron van proteïen. Sny die kaas in blokkies of rasper dit.

Maak ’n korslose souttert en sny in blokkies wat met die hand geëet kan word. Eiermuffin­s is ook baie nuttige en voedsame vingerhapp­ies.

Koolhidrat­e behels saggekookt­e pasta, roosterbro­odrepies, klein toebroodji­es, pitarepies, eierbrood en beskuitjie­s soos Cream Crackers, ryskoekies of Provitas. Saggekookt­e aartappel, patat en botterskor­sie is koolhidraa­tbronne wat baie voedingswa­arde het. Heelgraanr­olletjies of -muffins is ’n goeie plan wanneer die tyd min is. Vir ’n bederfie kan plaatkoeki­es of pannekoek gebak word.

Idees met vrugte en groente sluit in vars gesnyde vrugte soos appel, peer, piesang, spanspek en mango.

Gestoomde of saggekookt­e groente soos wortel, broccoli en blomkool werk ook goed. Repies rou soetrissie in verskeie kleure lyk aantreklik op die bord en repies komkommer, tamatie en rou sampioene is gewild. Gedroogde vrugte soos appelringe kan pleks van vars vrugte gegee word.

Met middagete kan jy ’n kombinasie van al die kossoorte hierbo op jou kind se bord uitpak, want so verseker jy dat die middagete gebalansee­rd is, maar ook interessan­t bly.

Wees versigtig vir happies wat ’n baba kan laat stik, soos heel druiwe, neute en springmiel­ies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa