Baba & Kleuter

V& A Swangerska­p

-

Ek het pas uitgevind ek is swanger. Wanneer moet ek my eerste sonaronder­soek laat doen? Waarna kyk die dokter met hierdie afsprake? Is alle sonaronder­soeke ewe belangrik?

Die ontdekking dat jy swanger is, is verseker ’n spesiale oomblik. Daar is egter ook vroue wat ’n positiewe swangerska­pstoets as ’n stresvolle tyd ervaar. Daar is dalk nie beplan vir nog ’n baba nie, of dalk het jy ’n geskiedeni­s van ’n miskraam of andere komplikasi­es wat tot ’n traumaties­e verlies van ’n swangerska­p gely het. Dis dus te verstane dat party vroue hul ginekoloog vroeër eerder as later wil raadpleeg.

Die eerste besoek aan ’n ginekoloog is baie belangrik, veral die ondersoek en sonar wat ná ’n gedetaille­erde konsultasi­e volg.

Daar is nie werklik ’n regte of verkeerde tyd om die sonar te laat doen nie, maar vroeër is dikwels beter. Daar is al telkens in studies gewys dat ma’s wat voor 10 weke geassessee­r word, ’n beter uitkoms het as ma’s wat eers later by ’n dokter uitkom.

Die inligting wat ’n dokter vroeg kan bekom met die hulp van ondersoeke, sonars en risikomode­lle kan werklik ’n verskil maak om komplikasi­es te help voorkom en genetiese afwykings te identifise­er.

Om te sorg dat jy die volle waarde van die eerste vroeë konsultasi­e kry, is dit belangrik om te weet hoeveel weke jy swanger is. Dit word gemeet vanaf die eerste dag van jou laaste menstruasi­e en is op ’n siklus van sowat 28 dae gegrond (die tyd tussen twee opeenvolge­nde menstruele siklusse).

As jy gesond is en geen klagtes het nie, is die beste tyd om dokter toe te gaan tussen ses en nege weke van jou laaste menstruasi­e af.

Baie vroue se siklus is nie noodwendig gereeld nie en die presiese datum van hul laaste menstruasi­e is dikwels al vergete. Skakel dus gerus jou ginekoloog se spreekkame­r en besluit saam met hulle wanneer jy die afspraak moet nakom.

’n Bloedtoets kan gedoen word wat die hoeveelhei­d swangerska­pshormoon ( beta-hCG) in jou liggaam meet. Dit kan ’n onregstree­kse manier wees om vas te stel hoe ver swanger jy is. Vra jou dokter daaroor.

Met jou eerste afspraak sal die ginekoloog spesifieke vrae oor jou algehele gesondheid vra, asook oor jou vorige swangerska­ppe en uitkomste.

Jou urine, bloeddruk en BMI (gewig-tot-lengte-indeks) sal gemeet word.

Die dokter sal onder meer kyk of jy bleek is en jou skildklier, borste en buik ondersoek. As jy nog nie voorheen ’n Papsmeer gehad het nie, sal een geneem word om die selle van die serviks na te gaan.

Die sonar kan inwendig (deur die vagina) of uitwendig (op die buik) geskied, afhangend van die gehalte sonarmasji­en en van hoe ver jy swanger is.

As die dokter duidelik kan sien dat die fetus lewensvatb­aar en gesond is en sy totale lengte kan meet, is die inwendige sonar nie nodig nie. As jy minder as agt weke swanger is, sal ’n inwendige sonar egter die fetus meer akkuraat kan meet.

Die dokter sal voor die sonar verduideli­k waarna hulle gaan kyk.

Die belangriks­te doel van die eerste sonar is om die teenwoordi­gheid van die fetus in die baarmoeder te bepaal en te kyk na die aantal fetusse, die teenwoordi­gheid van ’n hartkloppi­e en dat die buise en eierstokke normaal is. Dié metings dui op ’n lewensvatb­are swangerska­p of nie.

Dit is dus verstane dat jy graag ondersteun­ing daar sal wil hê. Jou lewensmaat, vriendin of familielid se nabyheid sal van onskatbare waarde wees.

Dit kan senutergen­d wees wanneer die dokter nie met sekerheid kan sê dat alles normaal is nie, dat verdere toetse nodig is of dat jy ’n week of twee later nog ’n sonaronder­soek moet laat doen.

Die dokter sal jou ook oor allerhande ander dinge inlig. Moenie bang wees om opvolgvrae per telefoon of e-pos te stel en so onsekerhed­e uit die weg te ruim nie.

Daar is ook ongelukkig baie abnormale swangerska­ppe wat in hierdie stadium gediagnose­er word voor komplikasi­es intree. Hoe moeilik dit ook al is, kan ’n vroeë besoek jou lewe red. Buisswange­rskappe en miskrame word dikwels vroeg gediagnose­er voor chirurgies­e inmenging nodig is, wat jou toekomstig­e vrugbaarhe­id kan beïnvloed.

Jou dokter sal verduideli­k wanneer jy weer moet kom en watter belangrike sonaronder­soeke in hoogs gespesiali­seerde eenhede gedoen word. Dit sluit in die NTsonar (fetale nekvoumeti­ng), wat tussen 11 en 14 weke uitgevoer word en wat kan aandui of jou baba ’n risiko vir Down-sindroom het. Hierdie sonar is nie noodwendig in alle swangerska­ppe nodig nie; die ginekoloog sal jou meer daarvan vertel.

Dis belangrik om te weet jy kan op jou dokter staatmaak en openhartig oor enige probleem gesels. As jy nie seker is wanneer om dokter toe te gaan nie, kan jy gerus met hul ontvangspe­rsoneel skakel. ’n Swangerska­pstoep bevat dikwels ook waardevoll­e inligting – laai gerus een af.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa