Baba & Kleuter

DIE GROOT VERANTWOOR­DELIKHEID – TOE EN NOU

-

My eerste onthou is van my vierde jaar. My herinnerin­ge aan daardie tyd sluit in verskeie emosies soos liefde, opgewonden­heid, teleurstel­ling, hartseer, geheimhoud­ing, vergelykin­g, afkeur, bangheid en afwagting, net om ’n paar te noem. Ek het reeds ’n goeie begrip gehad van wat reg en verkeerd is en geweet watter gedrag sosiaal aanvaarbaa­r is en nie. Ek het geweet dat kwaad doen verkeerd is en in die geheim gedoen moet word, en dan gehoop dat daar nie daarvan uitgevind sou word nie.

Ek het ook besef dat my gedrag gevolge het en dat sekere optredes ’n teregwysin­g sou beteken en ander dadelik ’n pak slae.

Dit was baie lekker as jy geprys is of jou ouers met jou spog as jy iets spesiaals kon doen, veral as dit voor jou ouderdom was. Jy is geroep om te tel of ’n rympie op te sê as daar kuiermense is. Jy het dan geweet dat jou ouers trots en tevrede met jou is en dit het jou aangespoor om nog beter te vaar.

Daar was die wete dat ek van my sussies verskil en ons verskillen­de vooren afkeure en smake het. Ek het dit verkies om buite te speel en my susters was binne besig om ma in die kombuis te help of Siembamba oor die radio te luister.

Wat my vandag verstom, is dat ons nog glad nie kon lees of skryf nie, daar nie televisie was nie en ons ook nie in kleutersko­le was nie. Jou gene het jou gehelp om ’n unieke persoonlik­heid te ontwikkel, en by jou ouers en grootouers het jy geleer.

Dis so ’n groot verantwoor­delikheid wat op die skouers van ouers rus om die regte grondslag vas te lê. EMIL VAN EEDEN, SANDBA AI, WES - K A AP

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa