Baba & Kleuter

SPAN SWAARTEKRA­G IN

-

Wat het kinders met leerproble­me en ruimtevaar­ders in gemeen? Vind uit in Gravity, a Missing Link in Child Develop

ment deur dr. Melodie de Jager, dr. Oleg Efimov en Victoria Efimova (Mind Moves Institute Publishing, 2020).

Dis ’n praktiese gids vir ouers, onderwyser­s, mediese personeel, terapeute en almal wat kinders wil help om hul volle potensiaal te verwesenli­k.

Die verband tussen swaartekra­g en kinders se fisieke, verstandel­ike, emosionele en sosiale ontwikkeli­ng word in die boek belig. Omdat swaartekra­g oral op aarde ’n gegewe is, word die rol daarvan maklik misgekyk. Dié besef het by die skrywers van die boek – ’n ontwikkeli­ngspesiali­s, ’n neuroloog en ’n spraaktera­peut – posgevat in die meer as 30 jaar wat elk van hulle reeds met kinders werk. Op twee verskillen­de vastelande, selfs met uiteenlope­nde werkswyses, het die twee Russe en ons plaaslike Melodie tot dieselfde gevolgtrek­king gekom: As kinders se verhouding met swaartekra­g verbeter, kan talle leeren gedragspro­bleme opgelos word.

Die plek in die liggaam waar swaartekra­g en kognitiewe prosesse bymekaarko­m, is die vestibulêr­e stelsel. Hierdie stelsel ontwikkel deur beweging téén die aantrekkin­gskrag van die aarde. Indien dit onvoldoend­e is, benadeel dit ’n kind se algehele ontwikkeli­ng.

Wat moet hierdie kinders doen? Speel! Hulle moet aangespoor word tot spesifieke bewegings, wat tradisione­le speletjies insluit. Nie-indringend­e masseerteg­nieke kan ook ingespan word om ’n kind makliker te laat lees en skryf.

Kry die boek by mindmoves.co.za/shop/ teen R305.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa