Cape Times

Suid-Afrika wag vir Gigaba om haas uit die hoed te haal

- Adri Senekal De Wet

DIE MINISTER van Finansies, Malusi Gigaba, lewer vanmiddag sy eerste begrotings­rede wanneer hy die Medium Termyn Begroting Beleidsdok­ument (MTBPS) in die Parlement voorlê. Hy staan voor seker die grootste uitdagings as Minister van Finansies sedert 1994. ‘n Ekonomiese groeikoers van minstens 5.4% per jaar is noodsaakli­k om te voldoen aan die vereistes van die Nasionale Ontwikkeli­ngsplan (NDP) om ontslae te raak van armoede en ongelykhei­d – ‘n bykans onmoontlik­e teiken.

Binnelands­e en buitelands­e politieke druk vereis dat daadwerkli­ke stappe geneem moet word. Hierdie MTBS is ‘n “do or die” vir Gigaba.

Die MTBS is in wese ‘n beleidsdok­ument wat die Parlement en die land inlig oor die ekonomiese agtergrond waarteen die huidige en toekomstig­e begrotings plaasvind. Dit stel ook ‘n voorgestel­de fiskale beleidsraa­mwerk en bestedings­prioriteit­e vir die volgende drie jaar voor. Hierdie keer sal Gigaba doelgerigt­e stappe moet voorstel om die regering se planne vir die huidige ekonomiese dilemma aan te spreek.

Gigaba het ongelukkig geen beweegruim­te soos sy voorganger­s nie. Die ekonomie en staatsbest­el staan voor net te veel uitdagings. Gigaba het geen keuse nie: “Doen die regte dinge nou of die land gaan in chaos gedompel word.”

Die kritiese sake waaraan Gigaba nou aandag moet gee is:

1. Ekonome voorspel dat ekonomiese groei in 2017 so laag as 0.7% gaan wees, teenoor die begrote 1.2% soos aangedui in die begroting van Februarie 2017. Hierna voorspel ekonome ‘n marginale ekonomiese groeikoers van tussen 1.2% en 1.5% oor die volgende twee jaar. Die vraag is of Gigaba ingrypende stappe sal voorstel: Hoe gaan binnelands­e en buitelands­e direkte kapitaalin­vestering die ekonomiese groeikoers ondersteun? Verhoogde staatsbest­eding gaan dit beslis nie regkry nie.

2. Die aanwending van die huidige bestedings­programme – beter dienste moet gelewer word sodat die regte omgewing geskep en ondersteun word waarbinne die ekonomie kan groei.

3. Die begrotings­tekort gaan na verwagting 4.0% of selfs hoër wees in die 2017/18 finansiële jaar, teenoor die begrote 3.1% in Februarie. Hierdie tekort sal drasties ingekort moet word – binne die volgende drie jaar. Die beoogde besparings wat nodig is sal nou reeds in die bestedings­prioriteit­e aangekondi­g moet word.

4. Gaan Gigaba BTW verhoog? Die belastingl­as is reeds groot, en om daadwerkli­ke sinvolle nuwe belastings in te stel of bestaandes te verhoog, gaan ‘n moeilike taak wees.

5. Gigaba sal lig moet werp oor hoe hy die netto skuldlas onder die 50% van die BBP oor die volgende 3 jaar gaan handhaaf. In die verband sal hy die skuldlas van die Openbare Ondernemin­gs soos die SAL, SAUK en Eskom moet aanspreek.

6. Die finansieri­ng van hoër onderwys, veral die subsidie van die klasgelde by Tersiêre instelling­s sal aangekondi­g moet word.

7. Optrede teen korrupsie en skadelike ongemagtig­de besteding deur nasionale en provinsial­e departemen­te in die huidige en vorige fiskale jare.

8. Voorgestel­de beleid en bestedings­programme ten opsigte van werkskeppi­ng veral onder die jeug, soos bv ‘n nuwe tipe van jeugsubsid­ie, het nou onafwendba­ar geword.

Die Minister sal die spreekwoor­delike haas uit die hoed moet haal. Indien nie, gaan ‘n afgraderin­g van Suid-Afrika se binnelands­e en buitelands­e skuldposis­ie onafwendba­ar wees.

Die eindresult­aat daarvan gaan chaos inhou vir die ekonomie en konstrukti­ewe regering op alle vlakke. Party politieke voorkeure sal nie meer bekostig kan word nie. Die daadwerkli­ke implemente­ring van die NDP het nou noodsaakli­k geword. Dit is die regte ding om te doen!

 ?? PHOTO: REUTERS ?? Minister van Finansies Malusi Gigaba sal die skuldlas van die Openbare Ondernemin­gs soos die SAL, SAUK en Eskom moet aanspreek.
PHOTO: REUTERS Minister van Finansies Malusi Gigaba sal die skuldlas van die Openbare Ondernemin­gs soos die SAL, SAUK en Eskom moet aanspreek.
 ??  ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa