Diamond Fields Advertiser

VRYDAG 2 SEPTEMBER NEWTON TEATER

-

Jak de Priester se produksie vir 2016 heet “Ek sny dit af”.

Sewe splinternu­we komposisie­s, twee treffers, twee liedjies wat mense laat skater, maar wat nooit op radio of televisie gespeel mag word nie, ‘n TVtemalied en ‘n alternatie­we sportslied­jie.

Die liedjie wat egter die grootste impak maak onder gehore die laaste paar maande, is die liedjie BOERVROU. Splinternu­ut.

Geskryf vir elke Afrikanerv­rou op hierdie aarde. Om dankie te sê. “...ek is dankbaar dat ‘n Boervrou my grootgemaa­k het...”

Daar is baie humor in hierdie konsert met liedjies soos ‘Ek sny dit af’, ‘Bo blink, onder tink’ en ‘Troudatum’.

Daar is hope nostalgie met nuwe liedjies soos ‘Drakensber­ge Liefde’.

Daar is baie energie en patriotism­e in ‘Die alternatie­we sportliedj­ie’ en daar is saamsingoo­mblikke met twee bekende treffers in ‘n totaal nuwe baadjie.

Jak de Priester bring ‘n splinternu­we vertoning op die planke wat sy aanhangers sal laat les opsê van lekkerte en nostalgie, trane en trots en saam met hom hulself afsny van die wêreld, sal lag oor situasies in ons land en sal laat nostalgies raak oor wat belangrik is.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa