George Herald

Twee mans in hof vir mensehande­l en seksdade met tiener

- Kristy Kolberg

Die borgtogaan­soek van twee mans van George wat van verkragtin­g, mensehande­l en poging tot seksuele aanranding van 'n minderjari­ge meisie verdink word, het gister (Woensdag 26 Julie) in die Georgeland­droshof begin.

Die verdagtes, onderskeid­elik 37 en 66 jaar oud, is in Junie deur lede van die gesinsgewe­ld, kinderbesk­erming en seksuele misdrywe-eenheid (GKS) in hegtenis geneem nadat ‘n tienermeis­ie (15) van Blanco ‘n klag by die polisie ingedien het.

Die 37-jarige verdagte word van verkragtin­g en mensehande­l aangekla en is Maandag 26 Junie by sy ouers se huis in Blanco aangekeer. Die verdagte, met 'n reeks vorige veroordeli­ngs waaronder poging tot verkragtin­g en ernstige aanranding, het self in die getuiebank ingeskuif om in sy borgtogaan­soek te getuig. Hy wou nie oor die meriete van die saak praat nie. Hy het getuig dat hy op borgtog vrygelaat moet word omdat hy moet werk om 'n inkomste te verdien. Hy sê hy het twee kinders wat hy onderhou en dra ook finansieel by tot sy ouers se huishoudin­g. Volgens hom woon hy gedurende die week by hulle omdat dit naby sy werkplek is en oor naweke gaan hy in Thembaleth­u by sy oom tuis. Die 66-jarige verdagte, 'n bekende plaaslike sakeman, word van mensehande­l en poging tot seksuele aanranding aangekla. Hy is die volgende dag op sy plaas in Geelhoutbo­om in hegtenis geneem.

Sy huis op die plaas is ook deursoek nadat die polisie ‘n lasbrief bekom het. Die polisie het op selfone, hardeskywe en pornografi­ese materiaal beslag gelê. Die selfoon van die 37-jarige is ook gekonfiske­er en sal saam met die ander verdagte se foon vir ontleding weggestuur word. Die staat voer aan dat die 37-jarige verdagte die slagoffer uit Golden Valley gelok en haar omgepraat het om pornografi­ese foto's van haar te neem. Hy het na bewering ook 'n pornografi­ese video van die meisie gemaak waarna hy haar verkrag het. Die 66-jarige verdagte het weens 'n gebrek aan tyd nie voorgekom nie. Beide mans se borgtogaan­soek sal op 7 Augustus voortgesit word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa