George Herald

Niks nuut oor spoed in Knysnaweg

- Kristy Kolberg

Na 'n brief van 'n bekommerde leser aan die George Herald, is daar weer navraag gedoen oor die vordering in gesprekke tussen die George-munisipali­teit en provinsial­e verkeer rakende die spoedgrens in Knysnaweg en of daar 'n spoedkamer­a op dié stuk pad tussen die dorp en die Garden Route Mall oorweeg word. Dit volg ná die gru-ongeluk in Junie hierdie jaar waarin Caroline van der Merwe (21) op die betrokke pad gesterf het. Twee bestuurder­s het na bewering in haar motor vasgejaag terwyl hulle glo resies gejaag het. Caroline se ma, Susan, voel steeds dat die renjaers verantwoor­delik gehou moet word vir haar dood.

In 'n gesamentli­ke poging deur Mujo's Restaurant en die Van der Merwe-gesin is 'n petisie begin waar hulle die munisipali­teit en die Wes-Kaapse departemen­t van vervoer vra om permanente spoedkamer­as in Knysnaweg aan te bring en dat 'n oplossing vir die onwettige laatnagres­ies op dié stuk pad gevind word. "Ons het intussen die petisie gesluit, want daar was reeds meer as 18 500 handtekeni­nge. Dit is meer as genoeg vir hulle om op te tree," het sy vandeeswee­k aan die George Herald gesê. "Dit gaan maar op en af met ons. Soms is ek oukei, maar ander kere stap ek in die kombuis in, sien haar foto en besef dat ek haar nooit weer gaan sien nie. Ons kon nie eers groet nie."

Volgens Chantel EdwardsKlo­se, die munisipale woordvoerd­er, is gesprekke tussen George-munisipali­teit en provinsie rakende Knysnaweg aan die gang. "George-verkeersde­partement kan geen veranderin­gs op die betrokke pad aanbring sonder die goedkeurin­g van provinsie nie." Sy sê die plaaslike verkeersde­partement het intussen die sigbaarhei­d op die pad verhoog en die moontlikhe­id van 'n 24 uur skoftestel­sel word ondersoek.

Levin Muller, een van die passasiers in Caroline se motor tydens die ongeluk, het erge beserings aan sy linkerhand opgedoen en was onlangs vir 'n tweede operasie aan dié hand. Sy pa, Vincentius, het aan die George Herald genoem dat Levin geestelik baie positief is en hulle hoop vir volkome herstel van sy hand.

"Alhoewel die skade aan sy hand erger is as wat vroeër vermoed is, is daar is 'n definitiew­e kans dat sy hand 100% kan herstel. Dit is egter nog te vroeg vir die dokters om dit te waarborg. Hy kan sy pinkie, duim en wysvinger effens beweeg, maar nie die ander twee vingers nie. Hy sien tans 'n arbeids- en fisioterap­eut vir traumabeha­ndeling en rehabilita­sie." Levin het intussen teruggekee­r universite­it toe, maar daar word nog besluit of hy die tweede semester gaan bywoon of nie. "Die rehabilita­sie van sy hand kan nog 'n redelike tyd neem, en hy ervaar nog baie pyn," sê sy pa.

Ons het intussen die petisie gesluit, want daar was reeds meer as 18 500 handtekeni­nge.

 ??  ?? Susan van der Merwe van George op Sondag 4 Junie by die ongeluksto­neel in Knysnaweg waar haar dogter, Caroline (21) gesterf het.
Susan van der Merwe van George op Sondag 4 Junie by die ongeluksto­neel in Knysnaweg waar haar dogter, Caroline (21) gesterf het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa