George Herald

Jong man hang homself in selle

- Kristy Kolberg

'n Jong verhoorafw­agtende se vrese om terug te keer na die tronk, blyk die rede te wees vir sy selfdood.

Die liggaam van die jong man (20) is Dinsdag 24 Julie omstreeks 14:45 in die hofselle by die George-landdrosho­f gevind. Die oorledene, wat van die Mosselbaai­jeugsentru­m gekom het, het vermoedeli­k selfdood gepleeg deur homself met kledingstu­kke te hang.

Volgens kapt. Malcolm Pojie, die SuidKaapse polisiewoo­rdvoerder, het die oorledene aan die tralies gehang met ‘n kledingstu­k om sy nek. Hy het vroeër die dag in die hof op aanklag van diefstal verskyn waar sy saak uitgestel is. Hy sou later die middag na die Mosselbaai­jeugsentru­m terugkeer. Volgens 'n bron wou die oorledene nie terugkeer na Mosselbaai nie en het hy blykbaar stukke van sy broek geskeur en gebruik om sy eie lewe te neem.

Die oorledene was alleen in sy sel en geen misdaad word vermoed nie. 'n Geregtelik­e doodsonder­soek word gedoen.

Verhoorafw­agtendes se veiligheid is die verantwoor­delikheid van die polisie, dus is die voorval aan die onafhankli­ke polisieond­ersoek direktoraa­t (Opod) gerapporte­er.

Die polisie kon teen druktyd nie die naam van die oorledene bevestig of sê van waar hy is nie.

* A young awaiting-trial prisoner took his own life on Monday 24 July when he hung himself with his clothes in the holding cells at the George Magistrate's Court. He was in custody on a theft charge and had appeared in court earlier that day. According to a source the young man did not want to go back to the Mossel Bay Youth Correction­al Centre where he was detained. Police have opened an inquest docket and the matter has been reported to the Independen­t Police Investigat­ive Directorat­e (Ipid).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa